Getuigskrifte
Liewe Sakkie,
Baie dankie vir al die pragtige boodskappe wat ek so gereeld van u kry. Dit beteken geweldig baie vir my.
Hierdie gedeelte..Here dit kan ek sien...is net so treffend...en die lied daarby ...so mooi en so opreg...baie dankie...waardeer dit dat ek dikwels jou boodskappe kry en oor en oor mag lees...
Mag Ons Vader u en u gesin werklik seën...
Groete,
Mari
Die gedagte uit die Woord waarvan Mari praat is:
Môre Sakkie
Sjoe dit is nou interessant, ek het altyd gewonder hoekom die Here die boom vervloek as dit nie vrugte tyd was nie, dit het half onregverdig geklink, maar nou verstaan ek wat jy bedoel. Jou lied is pragtig.
Groetnis vir jou
Annalise Botma
Die lied se getuienis waarvan Annalise praat se naam is, “Die vyeboom.”
Sakkie ek wil net dankie sê vir jou!!!
Die Here gebruik jou kragtig, hou aan so lank jy kan.
Ek vind regtig baie insig uit jou leringe.
Vrede in Jesus vir jou en jou gesin.
Michael Johannes Kennard
Dankie Sakkie, vir die antwoord op my vraag. Ek verstaan nou presies.
My vraag het gespruit uit 'n Jehova getuie wat so 'n rukkie terug aan my deur kom klop het. Ek wou hom nie inlaat nie en toe sê hy dat hy my net een vraag wil vra voor hy loop. Die vraag was toe wat van die mense voor Christus geword het. Ek weet nie wat hy daarmee wou bereik nie, maar ek wou paraat wees as ek weer so 'n vraag gestel word.
Baie dankie weereens dat ek jou altyd kan pla met my vragies en onsekerhede.
Jy het geen benul hoe ek dit waardeer nie. Jy is my hulp in die Bybel.
Groete,
Marina
Die gedagte uit die Woord waarvan Marina praat is:
Sakkie, van my kant af wil ek ook net sê baie dankie vir jou e-posse wat so gereeld op tyd kom en soms op ‘n wyse wat ons antwoorde ontvang op vrae, die passie wat daarmee saamkom en die wyse waarop jy dit hanteer. Dankie vir jou positiewe en inspirerende manier hoe jy soms die moeilike vrae van mense antwoord, ons kyk op na jou.
Hannes Bezuidenhout
Sakkie,
Ek het nou hierdie koordans inligting geniet wat 'n
Blessing so dankie!!!!!!!
en ek stem 200% saam met jou ALLES wat ons doen,
doen ons vir die Here NIE om deur mense gesien te word NIE,
NEE ons doen dit vir ons Meester en ons Skepper en om HOM
te verheerlik dit is waaroor ons lewens gaan is om God te Verheerlik!
Vader het ons geskape met 'n DOEL om vir Hom te getuig om ander van
HOM te vertel om Sy Naam GROOT te maak om vir MEKAAR te Bid.
Die BELANGRIKSTE is om te Praise en Worship en
Sy Naam op te lig.
Shalom
Sue
Die gedagte uit die Woord waaroor Sue geskryf het is:
Môre Sakkie,
Agge nee man, nou het jy my net uitgehonger om te hoor wat jy nog wil sê.
Baie groete vir jou hoor en dankie vir wat jy doen, ek glo ook nie jy besef altyd wat jou boodskappe beteken nie, elke saadjie word 'n boom in die tuin van die lewe.
Ek wag vir jou volgende een.
Annalise Botma.
Die gedagte uit die Woord wat Annalise gelees het was:
Goeiemore Liewe Sakkie,
Baie dankie vir jou skrywe oor die onderwerp waarsêery; jy het vir my ‘n groot lig oopgebreek omdat baie mense (ek ook), onkundig is/was hieroor. Ek het ‘n vriendin gehad wat my aan ‘n waarsêer voorgestel sodat sy my toekoms deur middel van ‘kaarte’ kon lees; ek het eers baie jare later besef dat dit ‘n groot sonde is. Ek onthou ek het nogal baie teensinnig gegaan en ek het ‘n baie ‘bang’ gevoel hieroor gehad. Ek het dit al bely maar wil dit graag weer doen en vir Vader vra om my te vergewe dat ek so-iets kon doen. Dankie sê dat Hy my genadig is. Dankie dat jy gehoorsaam is aan die stem van ons Vader en vir die waarskuwing. Ek hoop tog mense wat aangemoedig word om dit te doen sal besef wat jy hier sê. Ek vra weer vergifnis want ek glo nie ek het toe besef dat dit so gruwel in God se oë is en was nie. Ons hoef nie na waarsêers te gaan nie, want slegs God bepaal ons toekoms en by Hom… is ons veilig; verder hoef ons niks meer te weet nie, ons moet net rus in die wete dat God in beheer is van ons lewe.
Sakkie, ook glasie-glasie – ek het eenkeer aan dit ook deelgeneem – mag God my daarvoor ook vergewe.
Dankie Here, dat U in ons, om ons, agter, langs en voor ons is. Ons loof U dierbare naam Here Jesus. Ons kyk uit na U koms want dit is naby.
Dankie Sakkie
Jesus liefde
Bertie
Die gedagte uit die Woord waarna Bertie verwys is:
Goeiemôre Sakkie,
Gelukkig is ek 'n 'early bird', daarom kan ek sommer vroeg in die Here se Woord die dag begin.
Ek wil net vir jou sê dat jou dagstukkies so prakties is en soveel meer op elke dag se aanslae van die wêreld daar buite van toepassing het.
Ek is 72. Ek spandeer baie tyd in gebed met ons Vader, want as 'n ma en ouma is dit so sorgwekkend om te sien hoe jou familie 'wat lippe taal Christene is' se raamwerk vir hulle kinders so skeef en krom is. Dat hulle so blind is en nie kan sien wat dit aan hulle doen nie.
Deur my Bybelstudie is dit so duidelik dat die Skrif op die muur is wat die eindtye betref. Dit maak mens angstig as jy na jou eie familie kyk, en met al hulle grade en geld hulle totaal 'blaze' is.
Ek stuur maar gereeld van jou dagstukkies aan en hoop soos die engelsman sal sê "the penny might drop".
Baie seën aan jou en baie dankie vir jou praktiese stukkies.
Annamarie.
Die gedagtes uit die Woord wat Annamarie gelees het was:
Wil jy dat jou liefdesverhouding met ons Here nog meer verdiep – Deel 1
Wil jy dat jou liefdesverhouding met ons Here nog meer verdiep - Deel 2
My groot vriend in Jesus Christus. Baie dankie vir hierdie mooi verduideliking waarmee ek volkome saamstem. Jy stel dit so duidelik dat selfs ek wat 'n leek is -het maar net matriek op my sitvlak deurgekom- kan dit verstaan. Dankie Jesus dat u vir Sakkie die kennis gegee het sodat hy U woord vir mense kan uitlê. Mag God se liefde en vrede oor jou en jou familie wees en jy Sakkie, SY teenwoordigheid elke oomblik van jou sal ervaar.
Shalom
Lewies
Die ‘Gedagte uit die Woord’ waarna Lewies verwys, was gewees:
“Hoe antwoord jy God wat na jou roep.”