Sakkie Parsons E-pos Bediening

Getuigskrifte

29 Sep 2014

Goeie dag

Ek wil net baie dankie se vir die twee mooi verduidelikings i.v.m die Sabbatdag

Nou het ek baie meer gemoedsrus en verstaan ek dit baie beter.

Baie baie dankie vir die goeie werk wat jy doen en vir al jou hulp.

Dit word opreg waardeer.

Dankie

Hannie Jansen

Watter dag is die Sabbat, Saterdag of Sondag

My antwoord op iemand se probleem met die Sabbat.

15 Sep 2014

Middag Sakkie,

Slaan ek hoendervleis op hoendervleis uit toe ek vandag se e-mail oor die doop kry. Ek worstel al 2 weke om te begin met 'n bybelstudie oor die doop. Ek wil graag groot gedoop word in ons kerk.

Dankie dat die Here jou so seën in dit wat jy doen.

Jesus Groete,

Cheryl

Ek is klein gedoop, moet ek weer gedoop word.

Oor die doop

05 Sep 2014

Ek  wil net my opregte dank uitspreek op al jou wonderlike voedingstukke uit God se Woord en waardeer elke email. Dit is ‘n voorreg om my lewensreis saam u en u gesin te deel . God gee jul as ‘n groot geskenk vir ons en ons dank jul daarvoor. Kan nie wag vir die Dagstukkie oor die Wegraping nie .

Nogmaals baie dankie.

Emmi

29 Jul 2014

Sakkie!

Bitterlik baie, baie dankie!

Dankie dat jy altyd help en dit met soveel moeite ook doen! Ek waardeer dit vreeslik!

Dankie dat ek jou as mentor het.

Dit is net so wonderlik om altyd die beste raad te kry by jou, jy is werklik ‘n seën vir ander mense!

Lekker daggie!

Miemie Immelman.

09 Jul 2014

Sakkie, so baie dankie vir die Epos bediening.  Jy sal nooit weet hoeveel dit vir my beteken nie.  Ons woon op Vancouver eiland in Kanada en om sulke wonderlike pos te ontvang is 'n seën.

Baie, baie dankie en seënwense vir jou bediening.

Andries en Marie Willer

08 Mei 2014

Sakkie,

Vir baie jare het ek  (in my onnoselheid) aan hierdie sterre se voorspel geglo....baie boeke gelees, totdat ek eendag in my Bybel lees wat ek myself aangedoen het.....en het dit dadelik bely voor die Here.

Ek glo Hy het my vrygemaak van daardie binding van voorspellings en waarsêers. Ek hoop almal wat dit gelees het wat jy hier so mooi uitgespel het oor die stere se voorspel, skrik wakker en verbrand daardie boeke, want mens se siel is meer werd as die leuens van die duiwel, wat hy so kleurvol aan ons opdis!

Ek wil ook sê dat ek uitsien daagliks na jou e-pos. Ek leer baie daaruit, en stuur dit weer na ander mense ook.

Groete,

Lettie Pretorius

Oor sterre se voorspel

03 Mei 2014

Goeiemôre,

Baie dankie vir die wonderlike boodskap uit die stukkie: " 'n Berig wat ek gelees het."

Dankie dat jy ons herinner het dat ons God 'n Wonderlike God is, wat mag het oor lewe en dood.  En dat deur te kla, ons bewys dat ons Sy krag nie vertrou nie.

Ek wil daarna strewe om dan van nou af elke dag net die goeie raak te sien, sodat ek Hom kan loof en prys.  Ek wil elke negatiewe gedagte omdraai in 'n positiewe gedagte, sodat dit wat uit my mond kom, net tot God se eer sal wees.

Ek vind werklik baie baat by jou bediening en ek glo so is daar talle ander wat met sal saamstem.  Mag ons God jou behoed en bewaar, sodat jou stem nie stil sal word nie.  Ek bid vir jou vir krag en kalmte, vir vrede en vreugde, elke dag.

Groete,
Amanda Badenhorst

'n Berig wat ek gelees het

14 Feb 2014

Hi Sakkie.

Ek wil net vir jou se dat ek so dankbaar is om jou deel van my lewe te kan he en glo God het jou op ons pad gestuur vir n doel. Ek is so inspirerende met alle e-posse wat ek van jou ontvang en is jou innig dankbaar daarvoor.

Baie, baie dankie.

Emmie.

09 Des 2013

Baie dankie vir elke e-mail wat ek al gekry het ,dit het my regtig nader aan MY HERE gebring.

Dit het my deur my probleem wat ek tans ondervind versterk in my geloof , vrede gegee en kalmte en is ek bereid om elke tree wat ek gee saam met Hom te gee want HY is nou in beheer van my lewe en weet ek dinge sal regkom .

Baie, baie dankie .

Hermein van Namibië

03 Des 2013

Halleluja!! God is so Amazing.

Baie dankie Sakkie, jou insetsels is waarlik baie inspirerend en laat my liefde vir God net meer en meer word.

Elsa Roodt

Bladsye

“Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig, aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen." Judas 1:24-25