Welkom by Sakkie Parsons Eposbediening

Die Here het vir my laat verstaan, “die mense sal jou vrae vra en jy moet hulle antwoord”.

Soms stuur iemand vir my ‘n vraag en dan sê ek vir ons Here, want ek kan dit tog nie vir Hom wegsteek nie. “Here, U weet ek weet nie hoe om hier te antwoord nie maar U het my hierdie bediening gegee en U moet asseblief nou net help.” Dan gaan sit ek en ek neem my Bybel en die bronne wat ek as geloofwaardig beskou en ek skryf.  Dan, soms as ek klaar gelees het wat ek geskryf het, soos destyds met van my liedere, gaan ek heerlik aan die huil as ek sien wat ons Here in ‘n mens se lewe kan doen.

Ek stuur weekliks e-pos aan mense wat dit graag wil ontvang. Indien jy ook graag e-pos van my wil ontvang, sluit asseblief aan by my E-pos Bediening. Jy kan ook al die e-pos wat ek tot dusver aan lesers gestuur het op die E-pos Argief bladsy vind.

Let wel: My eposadres het verander na bediening@sakkieparsons.co.za. Vanaf 1 Maart 2015 gaan sparsons@absamail.co.za nie meer in werking wees nie. Die ou adres kom nog voor in sommige van die dagstukkies en ons sal dit met die tyd korrigeer. Baie dankie vir jou geduld met my in hierdie saak.

Nuus

Trotse oupagrootjie

Ek deel sommer as ‘n baie trotse Oupagrootjie met jou twee foto’s, wat my skoonseun geneem het toe hy en sy vrou, my kleindogter 18 Februarie geneem het toe hulle vir my kom kuier het. Kyk net hoe wonderlik het ons Here my geseën. Groete met Jesus liefde. Sakkie.

Nuutste Epos

DIE KRAG VAN ONS HERE JESUS CHRISTUS Sakkie Parsons Iemand skryf aan my min of meer as volg: “Daar in Matteus 27:52 staan daar die grafte het oopgegaan en die gelowiges is opgewek en het aan baie verskyn. My vraag is: ... Was hierdie ‘n eenmalige gebeurtenis of hoe verklaar jy dit?” Hier is dan hoe ek na hierdie saak kyk: Lees net gou die gedeelte uit die Woord: MAT 27:50-53  50  Maar Jesus het weer baie hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas. 51  Op daardie oomblik het die swaar gordyn in die tempel in twee geskeur, van bo tot onder.  Die aarde het gebewe en die rotse...

Getuigskrifte

Hi Sakkie.

Dankie vir al jou boodskappies. Jy bly n inspirasie dat ten spyte van jou sig wat jy verloor het, jou vrou wat jou ontval het, jou geloof duidelik rotsvas is en jou diens is Sy naam bevestig dit.

Groete in Christus. 

Gys Potgieter