Agapé maraton klub

Ek deel graag met jou hoe ek by Agapé klub betrokke geraak het.

Ek wou na my vrou se afsterwe in die nuwe seisoen in my lewe graag weer my lewe se drade optel en aangaan met my lewe.
Omdat ek jare gelede die langafstand wedloop sport beoefen het, wou ek weer daarmee begin.

Ek bel toe rond en kom by geleentheid by Hennie Venter van die Agapé klub uit en wat ‘n vriendelike en behulpsame man was hy nie.
Hy het my toe gehelp met alles om ‘n lid van die klub te word en van toe af, kom laai hy en sy vrou Marix my gereeld elke Donderdag op om saam met die Agapé groep te oefen – maar nie net dit nie – sy vrou Marix sien toe ook kans om te probeer om my gids te wees en wat ‘n ongelooflike gids is sy nie.

Hoe wonderlik is ons Here nie.

Hy help my om ‘n Christelike klub te kry.

Hy help my om twee ongelooflike mooi mense te in die klub te ontmoet wat so mooi Jesus se gesindheid het en Hy gee my ‘n ongelooflik wonderlike gids, wat van die eerste dag af my gelei het asof sy al ‘n ou hand is in om blindes op wedlope se gids te wees.

Hierdie foto’s, is juis van ons na die 9 kilometer merk, amper op die einde van ‘n 10 kilometer wedloop.
Ek wou sommer ook met jou hierdie getuienis en foto’s deel van hoe goed ons Here vir my is.

Groete,
Sakkie.