Beste Sakkie.
Ek dink met groot respek en deernis in my hart aan jou wat so dapper ‘n steil en moeilike pad stap Sakkie. Ons HERE het jou waarlik baie sterk gemaak met ‘n vaste gees in jou binneste.
Jy is fisies blind maar Hy laat jou sien wat baie baie mense nie sien nie. Ek het al soveel by jou geleer en leer nog steeds 🙂 Dankie dat jy hierdie nou pad so dapper stap en steeds jou glimlag en humor en mooi geaardheid behou – en duisende dankies vir wat jy vir ons HERE doen – dit verryk en bemoedig sovele mense en laat die helder lig van ons HERE in mense se lewens skyn om die verwarring op te klaar en almal aan te help na ons HERE toe – Hemel toe. Kan jy nou jou indink hoevele mense gaan jou in die Hemel bedank 🙂 Watter wonderlike gedagte. Jy is ‘n lewende getuie en ‘n sprankelende Ster vir JESUS oral waar jy beweeg.
Liefdegroete en Seën,
Elsabé