Sakkie baie dankie vir die insigte wat jy met ons deel. Weet jy, self vir 'n kind van die Here is dit soms so moeilik om te onderskei. Ons word so verwar en dan is dit so wonderlik om jou stukkies te kry waar jy uit die Woord met ons deel. Die gee van 'n tiende is vir my 'n baie seer saak, want ek het nie 'n tiende om te gee nie, en het daarom opgehou om kerk toe te gaan. Dit voel vir my as ek nie my tiende kan gee nie hoort ek nie in die kerk nie, en nou wil dit vir my klink of jy vir my uit die Woord die versekering gee dat ek met 'n ope gemoed minder as 'n tiende kan gee en nog steeds geestelike samesyn met die gemeente kan geniet.
Dit sal wonderlik wees. Ek kry vreeslik skaam omdat ek nie die middele het om te gee nie, maar is ook baie dankbaar vir wat ek wel het. Ek weet God voorsien in elke behoefte en ek lewe ook so. Dis net die tiende wat my, my kop in skaamte laat sak, want ek voel minderwaardig omdat ek nie ‘n tiende het om te gee nie.
Baie dankie vir jou wysheid.
Vriendelike groete
Leonie