Hello Sakkie,
Ek weet sommer dat jy saam met Jesus, met hierdie webtuiste, mense se voete letterlik en figuurlik onder hulle gaan uitslaan. Ek dink nie jy besef wat se groot werk jy doen nie en ook nie hoeveel mense jy regtig bereik nie, ek weet van so baie mense wat nie eens by jou geregistreer is nie, maar wat wel jou epos van ander kry!
Ons is so 11 hier in ons kantoor, en gereeld praat ons oor jou epos en die lekkerste is dat ons saam met jou antwoord ook die antwoord in die Woord van die Here, letterlik met ons oë kan sien en inneem, net omdat jy al die antwoorde in die Woord ook vir ons gee, swart op wit!
Wat ek veral van jou waardeer is dat jy nie sommer halsoorkop vir 'n mens 'n antwoord gee nie, en ook dat jy nie mens se gevoel spaar nie, jy bid, en praat en antwoord dan net soos ons Here wil hê jy moet, ons sê altyd; "Sakkie praat met ons uit die Groot Boek se Waarheid" (Jou ou groot maatjie (Kenneth) sê altyd met baie groot respek : Sakkie praat uit die perd se bek!)
Wat ook vir my wonderlik is en ook 'n bewys is dat die Here in en deur jou werk, is dat ons so baie keer epos van jou kry wanneer ons dit regtig nodig het en dan is dit sowaar op die regte tyd en plek en mens kan dan voel dat die Here spesifiek met ons praat. Vir my bly dit altyd die wonderlikste en kosbaarste ervaring as ek voel die stuk is spesiaal vir my geskryf en dan weet ek diep binne my Sakkie het geluister toe Jesus praat!
Die lekkerste lekker is natuurlik as iemand my bel en vra of ek Sakkie se mail gekry het, man dan klop my hartjie warm, want iewers binne-in my is jy en Nella mos my eie! Dis al meer as 8jaar dat ek epos van jou en haar kry en nog nooit was dit vervelig en nog altyd was daar vir my iets in om te leer!
Vir my persoonlik is dit om elke keer as ek van jou mail kry en dit klaar gelees het, treetjie vir treetjie nader aan ons Hemel Vader te kom en uit my hart wil ek vir jou dankie sê vir die ongelooflike baie wat ek uit die Here se Woord by jou kon leer!
Ek bid jou die keur van Jesus se liefde en genade toe, ook vir hierdie wonderlike werk wat jy vir ons Vader doen, daar is so baie van ons wat nie in die oggend kans kry om uit die Bybel te lees en tog deur die besige dag kan ons deur jou epos stil word!!
Mooi dag vir jou!
Sparkle