You are constantly on God’s mind

Getuienis

Eendag, dit was tydens ‘n algemene verkiesing, sit ek so na die TV. Nuus en luister. Daar was toe ‘n debat aan die plaasvind tussen ‘n paar partye en ek sit so en luister hoe die mens se selfsugtige ek weer in “spades” na vore kom. Die een baklei, want hy soek ‘n koninkryk vir sy volgelinge.  Die ander een glo in die demokrasie, want hy behoort tot die grootste bevolkings groep en hy weet op die oog af klink dit nie net baie mooi nie maar hy moet dan die wenner wees.  Nog een voel baie sterk oor ‘n republiek vir sy mense.

Ek sit so na die Here en luister en in my agterkop is daar ook nog die Mafikeng tragedie, waarin die Afrikaanse Weerstand Beweging hom destyds begewe het, wat eintlik ‘n debakel kon genoem gewees het, as dit nie was vir die tragedie wat vanweë ‘n paar mense se baie dom optrede midde in daardie gemors plaasgevind het nie. Toe begin God se Gees in my hart met my deel en die volgende skrif kom in my gedagte op.

Gen 6:5  Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, 
Gen 6:6  het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.

Kan jy jou dit indink?
Die mens, God se hoogste skepping, die kroon van Sy skepping, veroorsaak dat God Almagtig berou kry oor iets wat Hy gedoen het. Daar is ‘n ander woord in hierdie gedeelte wat my as ek dit lees aan die hart gryp en dit is die woord “smart.”

Gen 6:6 … en daar was smart in Sy hart.

Weet jy, die smart in God se hart oor die mens se reis hel toe was so groot, dat Hy op die ou end besluit het om Sy enig gebore geliefde Seun te laat vermoor omdat dit vir God te veel smart veroorsaak om te sien hoe mense as te ware op die hel afstorm.

JHN 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 
JHN 3:17  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. 
JHN 3:18  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

Weet jy wat is die ergste van alles?  Ek dink amper die woord “ergste is hier nie die regte woord nie maar ek sal maar by “ergste” bly.  God, van ‘n menslike kant af gesien, hoef dit nie te gedoen het nie. Daar het God in Sy Hemel gesit, dit is nou voordat Hy die mens geskep het en om Hom was Sy engele wat vir Hom baie lief was. Hy kon, toe die mens so ‘n gemors van homself en die skepping gemaak het, net ‘n woord gespreek het en dit kon weer soos voor die skepping gewees het maar God het aan jou en my gedink en hoe graag Hy ons by Hom in die Hemel wil hê en toe stuur Hy Sy enige gebore geliefde Seun. Sy Seun kom toe en stap Golgota toe en gaan bind Homself met liefde aan die kruis vas, want dit was nie die spykers wat Jesus aan die kruis vas gehou het nie, dit was Sy liefde vir jou en my. Toe hang Hy daar tot dat die volle prys betaal is en toe sê Hy.

JHN 19:30  En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.

Jy sien, van voor die skepping af tot hier vandag, was jy nog nooit uit God se gedagtes uit nie.

Rom 11:33  o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! 
Rom 11:34  Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? 
Rom 11:35  Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word? 
Rom 11:36  Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Die woorde wat om en om in my kop begin draai het, was die volgende:
“You are constantly on God’s mind.”
Toe gee ons Here vir my hierdie lied.

Verse 1
God sat in heaven up above.
with all His angels and their Love.
He could have looked and said “Oh well.
man want to let him go to hell.”

Chorus
For He has the power and all the wealth.
He could have thought just of Himself.
He could have looked at all mankind.
And just wiped us from His mind.
He could have looked at all mankind.
And just wiped us from His mind.

Verse 2
For all our works are mostly bad.
Some fight for this, some kill for that.
Some live their lives for fame and wealth.
You see it’s always just myself.

Chorus
But He has the power and all the wealth.
He could have thought just of Himself.
He could have looked at all mankind.
And just wiped us from His mind.
He could have looked at all mankind.
And just wiped us from His mind.

Verse 3
But God want to make you whole.
Jesus died to save your soul.
Just repent and then you say.
“I’ll follow Jesus as from today.”

Chorus
For He has the power and all the wealth.
But does not think just of Himself.
Although you are only of mankind.
You are constantly on God’s mind.
Although you are only of mankind.
You are constantly on God’s mind.

Yes He has the power and all the wealth.
But does not think just of Himself.
Although you are only of mankind.
You are constantly on God’s mind.
Although you are only of mankind.
You are constantly on God’s mind.

 

You are constantly on God’s mind