Romania 10km wedloop vir Outistiese kinders

Ek is ons HERE baie dankbaar vir die hierdie wonderlike geleentheid om die Romania 10km wedloop vir Outistiese kinders te kon doen op 25 April 2020 tydens die Covid 19 pandemie so kort voor my 73ste verjaarsdag.

Ek verduidelik net gou hoe dit werk. Al die atlete hardloop in hulle erwe in en of om hulle huise met die hedendaagse tegnologie tot hulle beskikking, soos slim fone en slim horlosies of, soos ek, op ons treadmills.
Ons stuur dan die bewyse van ons Hardloop, in my geval ‘n foto van die skerm van my treadmill na my 10 kilometer aan die organiseerders. Daarvolgens bepaal hulle hoeveelste jy in die wedloop geëindig het.

Met ons oë net op JESUS en Sy vrede in ons harte kan ons in hierdie tyd vir ons HERE dit doen waartoe Hy ons in staat stel in Sy Goedheid en troue Liefde. Ek het in hierdie tyd weer besef, Dat maak nie saak wat jou omstandighede is nie, as jy regtig iets vir jou medemens en deur hulle vir Jesus wil doen, sal ons Here jou help om iets te kry om vir Hom te doen:

MAT 25:33-40
33  en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.
34  Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.
35  Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
36  Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
37  Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
38  En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
39  En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?
40  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.

Groete met Seënwense,
Sakkie Parsons