Welkom by Sakkie Parsons Eposbediening

Die Here het vir my laat verstaan, “die mense sal jou vrae vra en jy moet hulle antwoord”.

Soms stuur iemand vir my ‘n vraag en dan sê ek vir ons Here, want ek kan dit tog nie vir Hom wegsteek nie. “Here, U weet ek weet nie hoe om hier te antwoord nie maar U het my hierdie bediening gegee en U moet asseblief nou net help.” Dan gaan sit ek en ek neem my Bybel en die bronne wat ek as geloofwaardig beskou en ek skryf.  Dan, soms as ek klaar gelees het wat ek geskryf het, soos destyds met van my liedere, gaan ek heerlik aan die huil as ek sien wat ons Here in ‘n mens se lewe kan doen.

Ek stuur weekliks e-pos aan mense wat dit graag wil ontvang. Indien jy ook graag e-pos van my wil ontvang, sluit asseblief aan by my E-pos Bediening. Jy kan ook al die e-pos wat ek tot dusver aan lesers gestuur het op die E-pos Argief bladsy vind.

Let wel: My eposadres het verander na bediening@sakkieparsons.co.za. Vanaf 1 Maart 2015 gaan sparsons@absamail.co.za nie meer in werking wees nie. Die ou adres kom nog voor in sommige van die dagstukkies en ons sal dit met die tyd korrigeer. Baie dankie vir jou geduld met my in hierdie saak.

Nuus

Okt 8, 2026

Ek deel graag met jou wat ons Here my in hierdie 12 kilometer wedloop op 10 Augustus 2026 geleer het. Om mee te begin, was dit vir my ‘n baie moeilike wedloop.  Dit was vir my baie koud en dit het bykans deurgaans gereën waar ek in die wedloop met my gids gewees het.  Sonet was ‘n wonderlike geduldige en goeie gids gewees, waarvoor ek baie dankbaar is. My rug het van af ongeveer 6 kilometer begin pyn en op 9 kilometer kon ek plek-plek amper nie vanweë die pyn loop nie - maar net soos in my daaglikse lewe, het ons Here my gehelp en ek het die eindstreep gehaal en my medalje gekry. Dit in baie kort  was hoe ek die wedloop self beleef het. Nou deel ek graag met jou die wonderlike lewensles wat ons Here weer vir my uitgewys het en wat eintlik in ‘n mindere of meerdere wyse die pad is wat...

Nuutste Epos

LEWE NA DIE DOOD – DEEL 2 Sakkie Parsons Na aanleiding wat ek geskryf het oor ”Jou laaste tree op aarde en jou eerste tree daarna” en ‘n hele paar ander gedagtes oor dieselfde onderwerp, skryf iemand toe weer aan my - en ek plaas die vraag soos ek dit ontvang het: Pastoor, nou sê asb vir my, wat word dan van die oordeelsdag, as al God se kinders dan reeds nou al by Jesus is? Ek het gedink  dat almal wat sterf, gaan na n plek van rus? In Deel Een van hierdie kort reeks, het ek verduidelik waar almal van die skepping af tot nou hier waar jy lees, wat hierdie tydelike lewe met die ewige...

Getuigskrifte

Goeiedag Sakkie,

Weereens baie, baie, dankie vir jou skrywes en dat jy jou ‘Gedagtes uit die Woord’ met my deel.

Dit is vir my so mooi waar hierdie persoon dit so mooi uitdruk om vir jou te sê dat jy baseer alles op die Woord van God.

Dit is die reine waarheid.

Ek vertel my dogter eendag  –

Ek sê vir haar, ek waardeer jou skrywe so baie.  Alles wat jy met my deel, “print” ek en dit kom in ‘n lêer wat ek by die huis hou. Die kinders weet as hul nie iets verstaan nie moet hulle daar binne kyk en lees, dit is my persoonlike verklarende Bybel.

Die Liewe Vader het jou gestuur na my sodat ek alles beter kan verstaan.

Ek wil weereens vandag vir jou baie dankie sê vir jou werke en dit wat jy vir die Here doen asook vir die mense om jou.  Jy besef dit dalk nie elke dag nie, maar jy maak verskil in mens se lewe, jy bring weer krag en vertroue en moed deur God wat jou lei.

Geseënde dag, mag die Here jou seën.

Groete
Adri

Die gedagte uit die Woord waar na Adri aan my geskryf het was:

DIE SEWE GEESTE IN OPENBARING