BIOGRAFIE

Sakkie Parsons
Goeiedag,

 

Ek deel graag ‘n verkorte biografie rakende myself:

My naam is Sakkie Parsons en ek is gebore in Port Elizabeth op die 30ste April 1947.

Ek is fisies blind en het ‘n uitsonderlike slim gidshond, genaamd Pedro.

Ek is ‘n belydende Christen.  My werk vir ons HERE bestaan uit ‘n Eposbediening waar ek vrae, van mense wat aan my skryf, antwoord uit die Woord onder leiding van die Heilige Gees en met die hulp van ‘n rekenaarprogram, genaamd Jaws. 

Indien u wil aansluit op die Eposbediening is u hartlik welkom om vir my ‘n epos te stuur waarop ek dan gereeld epos van vrae en antwoorde gratis aan u sal uitstuur.  Daar is reeds verskeie vrae en antwoorde wat ek “Gedagtes uit die Woord” noem, wat u kan lees onder die Eposbediening afdeling.

My stokperdjie is oefening en langafstand wedlope en indien u verder hieroor wil lees en na die foto’s kyk, is dit onder die ‘Nuus’ afdeling op my Webtuiste.

Ek groet u met Romeine 8:28 uit die Nuwe Lewende Vertaling:  “En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet..”

Sakkie Parsons

E-pos:  bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:  www.sakkieparsons.co.za

Sel:                         083 457 6669