Wally Hayward 2024

Ek deel graag met jou hierdie foto’s, medalje en sertifikaat, as ‘n getuienis van hoe wonderlik ons Here my seën.

Daar was oor verskeie redes ‘n kans dat ek nie hierdie wedloop sou kon doen nie – maar toe werk ons Here dit uit, dat ek die wedloop wel kon doen.

Ek sou nie die wedloop kon doen nie, omdat my gereelde gids, Marix,  nie beskikbaar gewees het nie maar sy het bly probeer om vir my ‘n gids te kry om saam met my die wedloop te doen.

Toe sluit die inskrywings en ek het nog nie ‘n gids nie.

Toe is die entoesiasme vir die wedloop so groot, dat die organiseerders die sluitingsdatum verleng en toe kry Marix wel vir my ‘n gids om saam met my die wedloop te doen en Dennis Frost was toe ‘n wonderlike gids wat my so mooi met so ‘n mooi gesindheid gelei het.

Terwyl ek hier skryf kom die volgende gedeelte uit ons Here se kosbare Woord in my hart op en ek deel dit graag met jou.

Laat ons Christene, wie werklik bely dat ons volgelinge van Jesus Christus Is, se strewe in die lewe altyd as volg wees:

1KOR 9:25  En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles – húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike.

Daarom onthou ons onsself na die beste van ons vermoëns van als wat vir ons Here onaanneemlik is en ons pak die lewe aan met die volgende ingesteldheid:

1KOR 9:26  Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.

1KOR 9:27  Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.

Groete met Jesus liefde,

Sakkie.

Romeine 8:28 “En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe.”