GEREGTIGHEID VIR ‘N KIND VAN GOD IS OM GOD EERSTE TE STEL IN MY LEWE – DEEL 1

GEREGTIGHEID VIR ‘N KIND VAN GOD IS OM GOD EERSTE TE STEL IN MY LEWE – Deel 1

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my en vra, of ek MAT 5:20 kan verduidelik.

Wat word byvoorbeeld bedoel met:

“as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, …”

Ek verduidelik hoe ek hierdie gedeelte verstaan uit ‘n ouer Vertaling, omdat die persoon wat aan my geskryf het, my laat verstaan het dat syself ‘n ouer Vertaling gebruik.

Lees net eers gou die hele vers:

MAT 5:20  Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.

Eers moet ons begryp wat Jesus hier bedoel het met :

“julle geregtigheid.”

Jesus begin al daar in MAT 5:6 by hierdie geleentheid oor geregtigheid te praat.

Ons lees:

MAT 5:6  Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.

 ‘n Bietjie verder lees ons dan:

MAT 5:10  Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Waarna ons nog ‘n bietjie verder by die vers kom waaroor dit in hierdie skrywe gaan naamlik:

MAT 5:20  Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.

Wat bedoel Jesus hier met:

“julle geregtigheid.”

Laat ek eers gou net weer noem hoe ek die Woord lees en so ook Sy Evangelie verstaan en verkondig –

Ek lees die Woord met die geloof en eenvoudige aanvaarding van ‘n kind:

MRK 10:15  Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.

MAT 11:25  In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.

MAT 11:26  Ja, Vader, want so was dit u welbehae.

So, wat bedoel Jesus hier met:

“julle geregtigheid.”

Vir my wat die Woord soos ‘n kind, Sy kind, lees, is dit heel eenvoudig –

Dit beteken om in my verhouding met ons Here, na die beste van my vermoë “reg” met Hom te leef.

Ek moet met ander woorde in ‘n liefdesverhouding met ons Here volgens Sy wil leef.

Die geregtigheid waaroor Jesus al in vers 6 begin praat waarna ek moet dors, is om “reg”  met ons Here te leef.

Ek moet met my hele wese daagliks daarna dors/hunker/strewe.

Natuurlik is daar baie prioriteite  in my lewe en verwag die samelewing baie van ons.

Ek moet byvoorbeeld:

Dink aan my vrou en my verhouding met haar.

Ek moet dink aan my kinders en hulle opvoeding.

Ek moet dink aan my loopbaan en dit bevorder ens, ens maar as ek reg begin, sal ek ook reg eindig.

Wat bedoel ek met “reg begin?”

Jesus sê:

MAT 6:33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

In my volgende skrywe in hierdie kort reeks van 2 deel ek dan verder met jou oor hierdie onderwerp.

Vir nou laat ek jou met hierdie gedagte:

As ek nie net vol godsdiens is nie, maar vol van God se Gees, sal dit duidelik in my lewe sigbaar wees en hoef ek geen vertoon van watter aard voor te hou nie:

JOH 7:38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.

JOH 7:39  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.

Groete

Sakkie

E-pos:            bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:     www.sakkieparsons.co.za

Sel:                 083 457 6669

Judas 1:24-25Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,

     aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereelde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.