DIE TRAGEDIE WAT DIE 2010 SOKKER WÊRELDBEKER WEER VIR MY UITGELIG HET

DIE TRAGEDIE WAT DIE 2010 SOKKER WÊRELDBEKER WEER VIR MY UITGELIG HET

Sakkie Parsons

Destyds tydens die 2010 sokker Wêreldbeker kompetisie, wat in Suid-Afrika gehou was, stuur iemand vir my dit wat jy nou hier onder gaan lees.

Ek weet nie of dit werklik plaasgevind het nie maar ek kan baie goed glo, dat dit wel plaasgevind het.

Ek wil na aanleiding van hierdie skrywe wat vir my gestuur was aan die einde daarvan iets met jou deel,  Wat destyds by my opgekom het en my toe sommer hartseer laat voel het, so ek vra groot asseblief, dat jy dit tog sal lees.

Die persoon wat dit aan my gestuur het, het na aanleiding van my siening, van hoe ons na ons medemens moet kyk, dit vir die waarheid aan my gestuur en my aggressief aanvallend uitgedaag, om dit te lees.

Hier volg dit dan:

“Johannesburg – 25 May 2010 – An ox was slaughtered at the Soccer City stadium on Tuesday to bless the country’s stadiums for the FIFA World Cup.

Xhosa warrior, Zakhele Sigcawu, 70, of the Tshawe clan, speared the ox in the back of its neck between its horns.

“He is a specialist in doing this,” said Zolani Mkiva, president and director general of the Institute of African Royalty. “He came all the way from the rural Eastern Cape to do this.”

The ceremony, which started with the slaughter, was attended by about 2 000 people from most South African cultures, and most of them in traditional attire.

Mkhiva said the stadium was blessed by about 300 sangomas (diviners) – including a white sangoma – and inyanga (traditional healers).

They invoked “the spirits of our African ancestors to usher in their wisdom and energy in setting the scene of what was to follow in the day”, he said.

While the traditional herb, impepho, was burnt, traditional healers called on African ancestors and God to ensure a successful World Cup.

They all also communicated the “spirit” of the day’s proceedings to the other stadiums in the country “spiritually.

“We centralised it (the blessing) here as the tournament starts here and ends here,” he said, adding that the spiritual communication process was very “sacred”.

In African culture, the stadium was seen as a “house” and a place was created within the Soccer City precinct to act as a “kraal” where the ox was slaughtered.

“After that, the senior traditional healers walked into the stadium in song, drum-beating and dance, where they continued to bless the inside of the stadium with rituals,” said Mkhiva.

“Our stadiums are now officially blessed, according to our culture, for the tournament,” he said.

The ceremony included a blessing of everything related to the World Cup, including well wishes for Bafana Bafana, the organisers and the country as a whole.”

Soos ek gesê het, het die persoon wat dit aan my gestuur het, my uitgedaag om dit te lees.

Ek gee die persoon ‘n fiktiewe naam.

Hier volg dan my antwoord  destyds aan Francis:

Goeiedag Francis,

Ek het toe jou uitdaging aanvaar en dit wat jy vir my gestuur het gelees.  Toe ek dit wat jy vir my gestuur het klaar gelees het, het die volgende hartseer gedagte wat al baie vantevore ook in my hart opgekom het, as ek sekere dinge lees, hoor of ervaar  soos die hoë misdaad in my land – en ek gaan jou nie uitdaag om verder te lees nie maar ek hoop tog jy sal verder lees wat ek met jou wil deel.

Ek het gedink:

Sjoe –

Meer as 350 jaar gelede, kom die eerste van baie Christene van hulle skepe af oor die strand aan die suidpunt van Afrika gestap met die Bybel, om dit so te stel, oop in hulle hande.

Dit is nou meer as 350 jaar later en in hierdie verligte eeu lees ek van hierdie soort ding in hierdie sogenaamde Christen land.  Dan praat ek nie eens daarvan, dat hierdie, Christen land vir wie ek so lief is, een van die lande in die wêreld is met die hoogste misdaad syfer nie, en ek kom tot die ooglopende gevolgtrekking, dat die Christene tot op datum klaaglik misluk het in die verkondiging van die Evangelie van Jesus, as dit die resultaat is wat ons na meer as 350 jaar kan wys.

Die rede waarom ons so klaaglik misluk het, is natuurlik myns insiens ook ooglopend.

Ons het ‘die Evangelie van Jesus verkondig en onder andere daarby gevoeg:

“Ons gaan saam in die Hemel wees maar jy mag  byvoorbeeld nie langs my in ‘n erediens sit nie en wat dit aanbetref, dit geld sommer ook vir alle ander plekke en sitplekke ook.

Met ander woorde –

Jy is goed genoeg vir die Hemel maar jy is nie goed genoeg vir die plek langs my nie, Nie letterlik nie en ook nie figuurlik nie.

Dit is verseker nie hoe Jesus Sy evangelie verkondig het nie en dit is verseker nie hoe Hy ons in Sy Woord leer, hoe Sy evangelie verkondig moet word nie.

Ons het in die verlede dit so gedoen en baie van ons doen dit nog vandag so.

Ons gee allerlei redes en mooi name waarom ons optree soos ons optree en die Evangelie verkondig soos ons dit verkondig maar as jy dit oopsny tot op die been, is dit omdat die meeste van ons dink dat ons net, om dit baie lig uit te druk, so ‘n trappie hoër is as hulle aan wie ons die Evangelie van Jesus moet verkondig.

Met ander woorde, ons het toe verkondig en baie verkondig nog vandag.

Mat 22:36-40 

36 “Leermeester,” vra hy, “wat is die belangrikste opdrag in die wet van Moses?”  

37  Jesus se antwoord was:  “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

38  Dit is die eerste en belangrikste opdrag.

39  Die tweede, ewe belangrike opdrag is:  Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

40  Al die ander vereistes van die wet en die profete berus op hierdie twee hoofgebooie.”

Dan voeg ons daarby:

1KOR 13:4-6 

4 Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie.

5  Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.

6Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier.

Dit Francis, is wat ons destyds gesê het dat ons verkondig en dit is wat ons sê, ons nog steeds vandag verkondig, maar as gevolg van ons eie belangrike ek, wat bo die ware Evangelie van Jesus gestel word, het die volgende tragedie toe gegeld en geld dit nog vandag.

Die meeste van ons verkondig die evangelie van Jesus Christus maar ons leef ons eie soort evangelie.

Tot sovêr my skrywe aan Francis.

In wat ek nou gaan skryf, wil ek net weer noem wat ek al in die verlede ook genoem het.

Ek sê nie, dat dit verkeerd is om dit wat vir jou belangrik is, om dit so te stel, jy nie mag vertroetel nie maar ek sê wel, dat niks, niks, heeltemal niks, mag vir ons belangriker word, as dit wat ons Here van ons verwag nie.

Verstaan dit wat nou volg en wat vooraf gegaan het teen hierdie agtergrond.

Hoe absoluut tragies is dit nie.

Ons lees in die Woord, dat die volgende geld vir almal wat Jesus Christus aangeneem het as Verlosser en Saligmaker:

1PET 2:9  Dit geld egter nie vir julle nie, want God het julle as Sy volk gekies.  Julle is ‘n koninkryk wat uit priesters bestaan, ‘n nasie wat heeltemal in God se diens staan, ‘n volk wat heeltemal God s’n is.  Dít het God bewerk sodat julle vir almal kan wys hoe goed Hy is.  Dit is immers Hý wat julle uit die duisternis in Sy wonderlike lig ingeroep het.

1PET 2:10  Vroeër was julle nie ‘n volk nie;  nou is julle egter die volk van God.  Vroeër het God geen onverdiende liefde aan julle bewys nie;  nou hét julle egter sy onverdiende liefde.”

Die Woord sê vir my, dat hierdie volk deur Jesus se bloed gekoop en uit die volgende saamgestel is:

OPG 5:9  Toe sing hulle ‘n nuwe lied met dié woorde:  “U is waardig genoeg om die boekrol te neem en sy seëls te breek omdat U geslag is en met U bloed mense vir God vrygekoop het, uit elke geslag en taalgroep, volk en nasie.

OPG 5:10  U het hulle laat deel in U koninklike regering en hulle priesters vir ons God gemaak en hulle sal as konings oor die aarde heers.”

Dit is maar net enkele voorbeelde uit die Woord om te wys dat almal wat Jesus Christus aangeneem het as Verlosser en Saligmaker, tot een volk behoort, die volk van Christus.

Tog is daar mense wat hulleself Christene noem, wat na mede-Christene kyk en hulleself van daardie Christene distansieer en van daardie ander Christene as volksvreemdes praat en kan jy dit glo, in baie gevalle nie eens saam met hulle in dieselfde gebou ons Here wil dien nie.  Al weet hulle, dat ons Here in Sy Woord vir ons wys – dat ek op niemand mag neerkyk nie, maak nie saak hoe laag daardie persoon in die oë van die samelewing is nie, al is daardie samelewing my soort samelewing.

KOL 3:9-14  

9 Moenie vir mekaar lieg nie.  Julle het mos die vorige mens en sy leefstyl soos klere uitgetrek 

10 en die nuwe mens aangetrek.  Hierdie mens kry voortdurend nuwe insig en word só verander en nuut gemaak om al meer soos die Skepper te lyk. 

11 Vir sulke núút gemaakte mense maak dit nie saak of iemand ‘n Griek of ‘n Jood, besny of nie besny, van ‘n vreemde kultuur of ‘n barbaar, ‘n slaaf of ‘n vryman is nie.  Al wat saak maak, is Christus wat alles in elkeen is. 

12 Julle is die mense wat God uitgekies het om Syne te wees en wat Hy liefhet.  Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek:  deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld. 

13 Verdra mekaar en as enigeen ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar.  Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het. 

14 Die heel belangrikste wat julle moet aantrek, is die liefde.  Die liefde bind alles volmaak saam.

Sommer vir die interessantheid daarvan.

Die HAT Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, verklaar die

Woord “barbaar” onder andere so:

Lid van ‘n onbeskaafde stam, volk.

Hoe verskriklik is die sonde van iemand wat hom/haarself distansieer van ‘n

mens net omdat dit God behaag het, om die ander persoon nie in dieselfde

volk te plaas, of dieselfde kleur te gee, waar sy/hy deel van is nie.

Soos ek van tevore al gesê het, sê ek nou maar weer –

Dit het ons Here behaag om my wit te skape.  Dit was ons Here se keuse, nie myne nie en daarom mag niemand op my neerkyk omdat ek wit is nie.

Dit wat vir my geld, geld vir elke ander mens op hierdie aarde, ongeag haar/sy kleur of volk.

Iemand wat op my of enige ander mens neerkyk vanweë ons kleur of volk, kyk neer op God se handewerk.

So mede-Christen, laat ons nie teen enige mens diskrimineer bloot omdat die persoon nie van ons volk of taal is nie.

Laat ons die Evangelie van Christus verkondig soos die Woord dit verkondig  en nie volgens ons eie sondige voor en afkeure nie en dan, so glo ek, sal ons Here deur die groot verskeidenheid Christene in hierdie land, van hierdie land en sy mense wérklik ‘n Christen land maak.

Ten slotte dan, net die volgende uit die Woord.

Mat 28:18-20 

18 Jesus kom toe nader en sê vir sy dissipels:  “God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou. 

19  Gaan dan, maak al die nasies My dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.

20  Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het.  En weet vir seker:  Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.”

Luister en ek kwoteer nou die Ou Vertaling:

Mat 22:36-40 

36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?

37  En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

38  Dit is die eerste en groot gebod.

39  En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

40  Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

Lees wat sê Jesus van Sy liefdeswet:

JHN 14:15  As julle My liefhet, sal julle My opdragte gehoorsaam.

JHN 14:21 Wie My opdragte onderhou en hulle gehoorsaam, dít is die persoon wat My liefhet.  Wie My liefhet, hom sal my Vader ook liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en Myself aan hom bekendmaak.”

1JHN 2:4  As iemand sê:  “Ek leef in ‘n persoonlike verhouding met God, maar nie sy opdragte gehoorsaam nie, voer só ‘n persoon ‘n leuen lewe en het die waarheid nie plek in sy lewe nie.

1JHN 2:5  Wie egter Sy woord gehoorsaam, in só ‘n persoon se lewe het die liefde vir God regtig sy doel bereik.  Daardeur weet ons ook dat ons baie nou aan Hom verbind is.

So my vriend/vriendin en dissipel van Jesus –

Laat ek en jy nie soos so baie in die verlede, n evangelie verkondig nie maar laat ons DIE Evangelie verkondig.

Anders gestel,

“let us not only talk the talk, but let us also walk the walk.”

Groete,

Sakkie

E-pos:  bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:  www.sakkieparsons.co.za

Sel:                         083 457 6669

Judas 1:24-25 „Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,  aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereëlde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na:   bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.