OOR NUMEROLOGIE EN ANDER SOORTGELYKE FOEFIES

OOR NUMEROLOGIE EN SOORTGELYKE FOEFIES

Sakkie Parsons

Iemand het my, my opinie oor “Numerologie” gevra.

Sover my kennis strek is numerologie so oud soos die berge. Dit het egter in die sewentigerjare van die vorige eeu begin om groot aftrek te kry, grootliks omdat die New Age beweging groot prominensie daaraan gegee het en net dit alleen moet vir ‘n Christen rooi ligte laat flikker.

As mense na my kom met die nommer ding, of enige ander soortgelyke toekoms kyk of foefie ding, dan gaan ek na die Woord en ek onthou, dat ons Here sê:

JHN 14:1  “Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.”

Hoekom sal ek eerder op God vertrou en nét in Hom glo en nie in numerologie of enige ander soortgelyke foefie nie?

EFE 2:10  “Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.”

Omdat ek Sy skepsel is, kan ek in heerlike vrede onthou, dat Hy gesê het:

MATTEUS 10:29-33 

29 “Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.

30  En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.

31  Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

32  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.

33  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.”

Jesus leer my:

MAT 4:10   “… want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”

Mag ons Here ons daarvan bewaar, dat ons nooit – maar nooit – so ver gaan as om

Hom so grof te beledig, deur naas Hom, ook in dinge soos numerologie en ander

soortgelyke foefies/drek vir ons hede en toekoms te glo nie.

Na my mening geld die volgende gedeelte uit die Woord verseker ook vir numerologie:

LEV 19:31  “Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.”

Sien jy? Ons Here is die een na wie ek met al my vrae en vrese moet gaan. Want, Hy is ons Here.

Ek sluit af met ‘n gedeelte uit die Woord waar Jesus praat, wat ek ook reeds gebruik het:

JHN 14:1  “Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.

Groete,

Sakkie         

E-pos:  bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:  www.sakkieparsons.co.za

Sel:                         083 457 6669

Judas 1:24-25 „Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,  aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereelde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na:   bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.

Sommige Gedagtes uit die Woord is ook in Engels beskikbaar.

Indien jy dit met een van jou Engelse vriende wil deel, kan jy my net vra en ek stuur dit aan jou.

Ek sal ook, as jy my vra, vir jou ‘n lys stuur van al die Afrikaanse gedagtes uit die Woord wat tot op datum vertaal is.  Waar jy dan self kan besluit watter gedagte uit die woord om met jou Engelse vriende te deel, jy van my wil bestel en dit is natuurlik alles gratis.