‘
WAT IS MY WAARDE IN DIE OË VAN ONS HERE?
‘N PERSOONLIKE GETUIENIS AS VOORBEELD
‘Sakkie Parsons
Ek wil graag vandag met julle, my wonderlike lesers sommer net gesels en dan oor twee gedagtes.
Die een is uit die Woord en die ander een is uit my lewe.
So laat ek by die begin, begin waar ek jou, jou waarde in die oë van ons Here wil wys – Jy wie in eerlike ware opregtheid vir ons Here hier op aarde wil werk.
Onthou jy nog wat was die eerste boodskap wat ooit verkondig gewees het, nadat ons Here, ons God en verlosser Sy aankoms as mens op aarde gemaak het?
Eers maak ons Here Sy intree op aarde in ‘n krip, in ‘n stal.
LUK 2:4-6
4 En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,
5 om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.
6 En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;
God neem toe die gestalte van ‘n mens aan en begin Sy pad na Golgota in ‘n krip, deur ‘n stal, as ons God en Verlosser en ja, ook ons Paaslam wat eendag, vir eens en vir altyd, ons Paaslam sal word en wat vir almal wat Hom gaan aanneem as Verlosser en Saligmaker, geslag sal word – en so die Hemelse poorte wyd oop sal gooi – vir ons almal wie Jesus Christus sal aanneem as hulle persoonlike Verlosser en Saligmaker en Hom enduit deur hierdie lewe sal volg.
Ons lees:
JHN 1:1-5
1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
2 Hy was in die begin by God.
3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
JHN 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
JHN 1:12-13
12 Maar almal wat Hom (Jesus Christus) aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.
Jy dink dalk vandag, dat j y wel vir Jesus Christus aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker, het eintlik geen nut vir Hom of Sy Koninkryk nie.
Kom ek wys jou gou wat die waarheid is –
Wie het die eerste boodskap van Jesus se Evangelie verkondig, nadat Jesus, God wie mens geword het, Sy intrede in hierdie wêreld gemaak het?
Ons lees:
LUK 2:8-15
8 En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.
9 En meteens staan daar ‘n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.
10 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,
11 dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.
12 En dit is vir julle die teken: julle sal ‘n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.
13 En skielik was daar saam met die engel ‘n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:
14 Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!
15 En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.
Wat ‘n gesig moes dit nie gewees het, wat die herders daar aanskou het nie en ons Here kon, as Hy wou, as dit sou gewerk het, tot vandag so aangegaan het om Sy Evangelie so deur engele op wonderbaarlike wyses te verkondig maar dit sou gewoon net nie gewerk het nie.
Daarom werk al die foefies wat so baie mense vandag in die kerk gebruik ook nie, want die mens soek volgens sy sondige natuur, altyd net meer en groter en beter en nog mees sensasie.
Daarom is foefies, hoe “fansy” ook al, saam met al die ander “tricks” wat sommige sogenaamde predikers agter kansels mee te voorskyn kom, nie die wyse om die Evangelie van Jesus te verkondig nie.
Die engele het daardie dag gekom en uiteindelik ook gegaan – maar..
Wie het ons Here gebruik om die eerste evangeliste te wees om Sy wonderlike reddende Liefdesevangelie te begin verkondig?
Ons Lees:
LUK 2:8 En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.
Wat doen hierdie herders, (wat die nederigste, die mees minste gerekende mense in die sosiale opset van daardie tyd gereken was), toe met die boodskap wat hulle ontvang het? –
Daar waar hulle in die oop veld oor hulle skape wag gehou het?
LUK 2:15 -18
15 En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.
16 En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê.
17 En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is.
18 En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is;
Soos ek ons Here geleer ken het, is dit te wonderlik maar die wyse waar volgens Hy werk.
As dit nie skaapwagters is nie, dan is dit vissermanne of mense soos jy en ek.
Wat ek graag vandag vir jou sê is dit:
Jy kyk na jouself en jy sê:
“Ek is nie ‘n goeie prediker nie.
Ek is nie ‘n goeie, selfs nie eens ‘n swak sanger nie.
Ek kan nie hierdie of daardie, wat sommige mense in die gemeente met soveel gemak regkry, doen nie.”
Ek wil nou vandag met jou deel wat ek oor meer as 50 jaar se werk vir ons Here in my eie lewe ondervind het en wat ek weet vir elke kind van ons Here werk, as jy dit met volle opregtheid in jou hart doen en Jesus werklik in die proses, eerste in jou lewe is.
Laat die mense eerstens Jesus in en deur jou lewe sien.
Kyk dan wat jy in jou hand het, met ander woorde, waarmee ons Here jou geseën het.
Doen dan vir ons Here wat jy in jou hand vind om vir Hom te doen – en jy sal die rede waarom jy op aarde is waar jy is, met ons Here se goddelike vrede kan uitlewe.
Dit is nou maar gewoon net so –
Nie almal van ons wie kinders van ons Here is, is met so baie geseën soos waarmee sommige mense geseën is nie maar ons het almal twee grootse heerlikhede in gemeen:
Ons lewe – en omdat ons Jesus aangeneem het as ons Verlosser en Saligmaker, is ons met Hom beklee en leef Hy in ons:
GAL 3:27-29
27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
GAL 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Verdra my as ek wat ek nou met jou gedeel het, ook uit ‘n ander hoek weer met jou deel.
So, nou begin jy, wie met Christus beklee is en in wie Christus se Heilige Gees woon, met dit wat ons Here in jou hand gesit het vir ons Here te werk.
Eerstens deur die voorbeeld van jou lewe.
Franciskus van Assisi het dit onder leiding van die Heilige Gees so presies reg gestel.
Hy het gesê en hy het dit natuurlik gesê na aanleiding wat hy in die Woord gelees het naamlik:
2TIM 4:2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;
Franciskus van Assisi het dit só verstaan en verkondig en ek verstaan dit ook so en ek verkondig dit ook so:
“Verkondig die Evangelie van Christus oral waar jy kom, of die tyd daarvoor reg is en of die tyd daarvoor nie reg is nie en dan wanneer dit nodig is, gebruik woorde ook.”
Anders gestel:
“Walk the walk, that you want to talk, before you talk.”
Ek sluit af met ‘n persoonlike getuienis wat nou nog kraakvars in my hart lê om jou te wys.
Sorg net dat jy in jou hart in opregtheid in die wil van ons Here Sy Evangelie verkondig en – Hy sal sorg vir die res.
Ek is ‘n pensionaris maar ons Here sorg baie goed vir my, sodat ek dit wat Hy vir my gegee het om vir Hom te doen, ek dit kan doen.
Ek deel met jou as voorbeeld die volgende kort getuienis:
My rekenaar het so twee weke terug, om dit volgens ‘n ou Afrikaanse gesegde te stel; die gees gegee.
Ek gee hom toe vir iemand om vir my reg te maak.
Die aand sit ek in my woonstel, sonder my rekenaar en dit is nie baie lekker nie, want ek kan nie my bediening uitleef nie.
Ek ontvang ‘n SMS van my bank af, dat iemand (en ek wens tog so ek het geweet wie dit is), het ‘n donasie van R500 vir my inbetaal.
Die volgende dag bel die man wie my rekenaar altyd vir my regmaak en sê vir my dat my “hard drive” het ingegee en op my vraag wat dit my gaan kos, sê hy R500.
Nou het ek my rekenaar maar daar is nog iets wat nie reg werk nie en dit gaan my ook geld kos. Toe gee iemand my Vrydag ‘n koevert as geskenk en ek weet nou het ek genoeg geld daarvoor ook.
Hoe wonderlik vol vrede in my hart onthou ek die inhoud van die boodskap wat die engele meer as 2000 jaar gelede gebring het:
LUK 2:14 Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!
Toe, so ‘n paar in die dertig jaar later – nadat die engele hierdie boodskap verkondig het – staan ons Here, ons Verlosser en Saligmaker self en Hy herhaal in Sy eie woorde wat die engele gesê het:
JHN 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
Nou kyk ek so na die dinge wat met en om my gebeur en ek onthou met groot vrede in my hart en leef dit ook so na die beste van my vermoë in en deur my lewe uit:
JHN 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
Nou leef en werk jy en ek met dit wat ons geestelik in ons hand het, terwyl ons met groot opgewondenheid ons Here se woorde aan ons onthou:
JHN 14:1-3
1 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.
2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
Groete,
Sakkie
E-pos: bediening@sakkieparsons.co.za
Webtuiste: www.sakkieparsons.co.za
Sel: 083 457 6669
Judas 1:24-25 „Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig, aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.”
Indien u hierdie e-pos lees en wel gereëlde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na: bediening@sakkieparsons.co.za
Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.
Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie. In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.
Sommige Gedagtes uit die Woord is ook in Engels beskikbaar.
Indien jy dit met een van jou Engelse vriende wil deel, kan jy my net vra en ek stuur dit aan jou.
Ek sal ook, as jy my vra, vir jou ‘n lys stuur van al die Afrikaanse gedagtes uit die Woord wat tot op datum vertaal is. Waar jy dan self kan besluit watter gedagte uit die woord om met jou Engelse vriende te deel, jy van my wil bestel en dit is natuurlik alles gratis.