WIE IS DIE GESALFDES?
Sakkie Parsons
Iemand skryf en vra my:
Is alle Christene “anointed” (gesalfdes),of is byvoorbeeld net pastore en evangeliste en byvoorbeeld profete “the anointed?”
Volgens wat ek die Nuwe Testament verstaan, wat spesifiek vir Christene deur ons Here Jesus opgestel is, is al Sy volgelinge, heilige gesalfdes van ons Here Jesus Christus.
Wat pastore en alle kerkleiers aanbetref:
Daar is van hulle wat graag dink hulle is nou meer spesiaal as gewone gemeentelede – en dit is ‘n tragedie.
Dit is ‘n tragedie in die sin, dat hulle dan dink hulle kan allerlei uitsprake maak, omdat hulle dan konsuis spesiaal is.
Met ander woorde, hulle matig hulleself meer aan as wat Jesus gedoen het en hoe Jesus vir ons die voorbeeld gestel het van hoe ons – en ek wil sê, hoe by uitstek ‘n persoon wat ‘n amp van watter aard ook al in die gemeente het, homself behoort te sien.
Jesus was as mens, God in die gestalte van ‘n mens:
JHN 1:1-5
1 In die begin was die Woord, (dit is Jesus Christus) en die Woord was by God, (dit is Jesus Christus) en die Woord was God. (dit is Jesus Christus)
2 Hy (dit is Jesus Christus) was in die begin by God.
3 Alle dinge het deur Hom (dit is Jesus Christus) ontstaan, en sonder Hom (dit is Jesus Christus) het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
4 In Hom (dit is Jesus Christus) was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
5 En die lig (dit is Jesus Christus) skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. (ook nie met al die verdraaiings van Sy Woord nie)
JHN 1:14 En die Woord (dit is Jesus Christus) het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy (dit is Jesus Christus) heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid. (dit is Jesus Christus)
Dan lees ons in ons Here se kosbare Woord, hoe Jesus, wie ook God gewees het, ons die voorbeeld gestel het, hoe ons gesindheid moet wees, ook as ons ‘n amp in die gemeente beklee. Ja, hoe ons veral as ons die een of ander amp in die gemeente of die samelewing beklee, ons, ons amp of posisie behoort uit te leef.
Ons lees in die Woord in verband met wat ek nou genoem het dat Jesus wie ook God is, nie gedink het Hy verneder Homself om ‘n gewone mens te word nie:
FIL 2:5-8
5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,
7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;
8 en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
Dit is dan ook presies dit wat Jesus ons geleer het – toe Hy, wie ook God Almagtig is, in die gestalte van ‘n mens hier op die aarde geleef het:
MAT 23:11 Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees.
MAT 23:12 Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.
Uiteindelik en hoe mooi duidelik is dit nie:
GAL 3:26-29
26 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;
27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
28 Daar is nie meer Jood (Paulus het soms die word “Jood” of “Jode” as voorbeeld van gelowiges gebruik) of Griek (Paulus het soms ook die word “Griek, of “Grieke,” as voorbeeld van ongelowiges wat gelowig geword het gebruik) nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; (die vrou is nie meer soos destyds, minderwaardiger as die man nie) want julle is almal een in Christus Jesus.
29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Natuurlik behoort ons mense wat eerwaardig is met die nodige eer te behandel – maar die persoon wat ‘n amp van die een of ander in die gemeente dra, behoort hom of haar nie so aan te matig, dat hy/sy dit hom/haarself daardie eer toeëien asof hy of sy nou so ‘n bietjie meer eerwaardig is as sy of haar ander broer of suster, wie nie die een of ander amp of posisie in die gemeente of samelewing het nie.
Die persoon wat ‘n amp in die gemeente dra, is ‘n dienskneg en dan is dit presies wat dit sê. Ek dien my mede-broer en mede-suster, want ek is ‘n dienskneg, wat deur ons Here as dienskneg aangestel is – en dit is presies hoe ek myself behoort te sien.
Groete,
Sakkie