WAT VAN MENSE WAT GLADNIE GEDOOP IS NIE MAAR WEL GLO?

WAT VAN MENSE WAT GLADNIE GEDOOP IS NIE MAAR WEL GLO?

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my die volgende na aanleiding van my skrywe: “Verdraaiing van die Woord oor die doop en die doop as onderdompeling”

Wat van mense wat glad nie gedoop is nie, maar wat wel glo?

Omtrent jou vraag, wil ek dan dadelik begin deur te sê:

Niemand gaan hel toe omdat jy nie deur onderdompeling of enige ander wyse gedoop is nie.

Die bepalende faktor wat gaan bepaal waar jy en ek die ewigheid gaan deurbring, is hoe ons aan die anderkant van die graf gaan arriveer..

Met ander woorde –

Arriveer ek aan die anderkant van die graf met Jesus, dit is met Jesus se Heilige Gees inwonend in my.  Of arriveer ek aan die anderkant van die graf sonder Jesus in my lewe.  Met ander woorde sonder dat ek Jesus opreg aangeneem het as my Verlosser en Saligmaker.

Daar is baie mense in hierdie lewe wat Jesus aangeneem het as hulle Verlosser en Saligmaker en toe hierdie tydelike met die ewige verwissel het voor hulle by ‘n doopbad/diens kon uitkom of ‘n geleentheid gehad het om gedoop te word – en dit weet Jesus:

Dink maar aan die man aan die kruis langs Jesus:

LUK 23:39-43

39  En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons.

40  Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? —

41  ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.

42  En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. (en Jesus sien in die man se hart sy berou en oorgawe)

43  En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.

Daar is ook nog baie, baie meer mense wat aan die anderkant van die graf gaan arriveer wat gedoop is en nie werklik vir Jesus aangeneem het as hulle Verlosser en Saligmaker nie en dit is ‘n verskriklik tragiese gedagte.

Daar is ook baie mense wat verkeerd gedoop is maar mense wat en dankie tog daarvoor werklik opreg vir Jesus aangeneem het maar nie sonder Jesus aan die anderkant van die graf gaan arriveer nie.

Van mense wat opreg vir Jesus aangeneem het wat ongelukkig verkeerd gedoop word , het ons ook ‘n voorbeeld in ons Here se kosbare Woord:

HAN 19:1-5

1  En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind

2  en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie.

3  En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes.

4  Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.

5  En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.

Wat ek deeglik van kennis moet neem waar dit by die doop kom maar dit geld vir my hele wyse van lewe nadat ekJesus aangeneem het as my Verlosser en Saligmaker, is die volgende:

Hoe nader jy aan die Woord lewe, soos wat dit vir ons in die Woord opgeteken is, hoe nader aan ons Here Jesus Christus lewe ons – en dan en dit is net gewone logika, hoe beter kan ons Sy stem hoor en hoe beter is ons verhouding met Hom.

Vir my is die beste en duidelikste voorbeeld van hoe ons gedoop behoort te word – en dat bekering en doop hand aan hand loop, die volgende – en dit is ook die eerste uiteensetting van hoe, en in water volgorde dit gedoen behoort te word en prys die naam van ons Verlosser en Saligmaker!

Toe die doop vir die eerste keer so gedoen is, was daar ongeveer 3,000 mense so gedoop:

HAN 2:36  Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.

HAN 2:37  Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?

Hier volg die korrekte instruksie dan nou, van hoe dit gedoen behoort te word, as dit heeltemal reg gedoen word:

HAN 2:38-41

38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

39  Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.

40  En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.

41  Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring.

Ek herhaal hierdie baie belangrike opdrag ook uit die NLV waarvoor ek so lief is:

HAN 2:37-39 

37 Petrus se woorde het hulle diep geraak. Hulle het toe vir Petrus en die ander apostels gevra: “Geagte volksgenote, wat moet ons doen?” 

Hier is die absolute regte wyse van hoe mense gedoop behoort te word

38  Petrus antwoord hulle: “Kom tot inkeer en maak reg met God. ( en dan, nadat jy dit gedoen het) Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.

39 Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode – almal wat die Here ons God sal naderroep.” (ons moet net gehoorsaam wees, as ons Here ons nader roep)

Nou weet ons wat is die presiese wyse waarop dit gedoen was maar nou is die vraag ook:  Ons weet dit het met water gepaard gegaan maar hoe het dit met water gepaard gegaan?

Wel, ek deel met jou die volgende twee voorbeelde uit ons Here se kosbare Woord en dan besluit jy maar self biddend, dat die Heilige Gees jou lei, hoe dit behoort plaas te vind: 

HAN 8:34-39

34  En die hofdienaar antwoord en sê vir Filippus: Ek bid u, van wie sê die profeet dit, van homself of van iemand anders?

35  En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig.

36  En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?

37  Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.

38  En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het al twee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.

39  En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.

Nou deel ek met jou nog ‘n voorbeeld, waarvan ek goeie kennis het, want ek was daar, hopeloos verlore: 

TIT 3:3-6

3  Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op ‘n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.

4  Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het—

5  nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees

6  wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;

Nou het ek na die beste van my vermoë aan jou probeer verduidelik, hoe jy gedoop behoort te word.

Is jy nie so gedoop nie?

Wel jy sal nie hel toe gaan omdat jy nie so gedoop is nie – maar jy sal verseker hel toe gaan as jy aan die anderkant van die graf sonder Jesus se Heilige Gees in jou arriveer.

As jy aan die anderkant van die graf arriveer en Jesus is saam met jou, sal, om dit so te stel,  die hemel se poorte vir jou oopgaan en as jy aan die anderkant van die graf sonder Jesus arriveer, sal die hel se poorte vir jou oopgaan en om dit so te stel, jou insluk en jy sal verewig die verskriklikste dood sterf en tog nooit sterf nie.

So, maak seker in jou hart, dat jy Jesus aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker.

As jy onseker is of jy al vir Jesus aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker, wel dan het jy Hom nog nié in alle opregtheid aangeneem as jou Verlosser en Saligmaker nie en dit is waarskynlik die rede waarom jy nou tot hier gelees het.

Hy staan nou weer vandag hier waar jy lees by jou en jy hoor Sy stem in jou hart waar Hy sê:

OPG 3:20  Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. (dit is saam tot in ewigheid gelukkig saam wees)

Luister mooi hierna:

HEB 3:7  Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor,

HEB 3:8  verhard julle harte nie …

Jy kan ook meer oor die doop lees wat mooi by jou vraag aansluit in die volgende wat ek geskryf het:  “Die Doop is ‘n Baie Belangrike Sakrament in die Evangelie van Jesus Christus” wat ek graag vir jou kan aanstuur op bestelling en nog meer oor hierdie onderwerp is op my Webtuiste beskikbaar.

Groete,

Sakkie