EK SUKKEL OM MY EGSKEIDING TE VERWERK

EK SUKKEL OM MY EGSKEIDING TE VERWERK

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my onder andere die volgende:
“'n Vriend van my is besig om deur 'n egskeiding te gaan. Hy sukkel om dit te verwerk …

Hier is dan hoe ek uit die Woord met die lig tot my beskikking dinge om egskeiding in hierdie soort omstandighede verstaan.
Die soort omstandighede waarvan ek nou praat is dit:
My huwelik was ‘n mislukking en volgens my is ek die oorsaak daarvan.
Wat nou?
Is ek op pad hel toe?

Om mee te begin, moet ons in geen onsekerheid hieroor wees nie ons Here haat egskeiding.

MAL 2:16  Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, …

‘n Christen behoort nie te skei nie en behoort alles te doen om te probeer om sy/haar huwelik te red.
Dit gesê, weet ons dat ons Here ‘n Christen aste ware toestemming gee om as gevolg van egbreek van die Christen se lewensmaat te skei.

MAT 19:9  Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; …

JAK 4:4  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.

So enige ander rede om te skei is nie Bybels nie.
Ek moet hier egter net iets noem.
By geleentheid praat my groot held Paulus oor die Huwelik en dan skryf hy die volgende:

1KOR 7:12  Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie;

Die woorde waarop ek jou aandag wil vestig en waar ek uit die Woord die voorbeeld kry van wat ek nou gaan sê, is:
1KOR 7:12  Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie— …

So, as volgeling van Jesus wat hierdie bediening van ons Here gekry het, sê ek dan nou:
Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie— en ek glo werklik nie ons liefdevolle Here sal dit teen my hou nie, want ek weet ek praat nie buite die wil van ons Here nie.
As iemand in ‘n huwelik is, waar daar fisies of geestelik mishandeling is en die een wat die mishandeling doen wil nie vir behandeling gaan nie of die behandeling help nie,mag, nee, behoort die een wat mishandel word, so gou as moontlik, uit daardie huwelik uit te stap.  Eintlik nie stap nie maar so vinnig as wat jy kan daar uit te hardloop.
Jou status is nou ‘slagoffer’ in ‘n huwelik maar dit kan verander na ‘pasiënt’ in ‘n gestig of ‘lyk’ in ‘n lykshuis.

Terug by die oorspronklike onderwerp naamlik:
Jy is geskei en jy was die skuldige en jy weet ons Here haat dit wat jy gedoen het.
Is jy nou op pad hel toe?
Kom ek wys jou gou iets.
By geleentheid bring hulle ‘n vrou na Jesus, wat op heterdaad in egbreek betrap was.
Sy het iets so afskuwelik in ons Here se oë wat die huwelik aanbetref gedoen, dat ons Here wat die huwelik as iets so heilig beskou, dit wat sy gedoen het die enigste rede maak waarom ‘n mens mag skei.
Jy kan die hele verhaal gaan lees daar van af JHN 8:3.
Die verhaal het nou gevorder tot hier by JHN 8:10.  Dan vind die volgende gesprek tussen haar en ons Here plaas:

JHN 8:10  En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?
JHN 8:11  En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.

Sien jy.
Sy het die mees verskriklike ding gedoen wat ‘n mens in die oë van ons Here in ‘n huwelik kan doen en ons Here kyk en sien haar hart en Hy sê:
JHN 8:11   … Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie.  …

Dan – en hier is waar jy Christen, wat jou huwelik deur ‘n egskeiding vernietig het, baie mooi en ernstig aandag moet gee:
Jesus sê aan die vrou en ek glo dit is omdat Hy in haar hart, haar werklike opregte berou kon sien, dat Hy haar nie veroordeel nie maar dan voeg Jesus by:

JHN 8:11   … Gaan heen en sondig nie meer nie.

Jy sien.
As ek wérklik berou het en by ons Here vergifnis vra, is daar nie ‘n sonde wat so groot is, dat dit teen die bloed en kruisdood van Jesus op Golgota bestand is nie.

Luister hierna:

1JHN 1:9  As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Hoe heerlik om as ons dit besef en werklik doen om dan die versekering te hê:

1JHN 1:7  Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

As ek egter moedswillig is en nié in my lewe vorentoe ag gee op wat Jesus ons in hierdie verband sê nie, naamlik.
JHN 8:11   … Gaan heen en sondig nie meer nie.

Dan kom daar ‘n tyd, so glo ek, dat die volgende uit die Woord op my van toepassing word:

HEB 10:26-29 
26  Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,
27  maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.
28  As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;
29  hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?

So, jy is nou deur ‘n egskeiding en jy het berou en jy het ons Here opreg vergifnis gevra.
Dra nou goeie sorg, dat jy nie weer dieselfde pad loop nie.

Ek sluit af met die volgende stukkie raad, wat ek al vir so baie gegee het:
Moet nooit jou hart aan iemand gee, as die persoon nie eers haar of sy hart aan Jesus gegee het nie.
Want onthou, dat jy volgens ons Here nie met ‘n ongelowige mag trou nie.

2KOR 6:14-16 
14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
15  En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?
16  Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

Wat jy ook al hiervandaan af gaan doen, kry eers jou verhouding met ons Here reg, anders stuur jy al klaar weer af op ‘n groot gemors.

MAT 6:33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

MAT 16:26  Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?
MAT 16:27  Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade.

Groete,

Sakkie