Testimonials

Oct 8, 2021

Liewe Oom,

Ai, hoe waardeer ek nie hierdie epos nie.
Ek is besig om joernale te ontwerp, gemik op vroue, waarin Koningsdogters die Woord neerskryf. Die een gaan oor identiteit en die Here het vandag so gelei dat ek 'n gedeelte byvoeg oor ons erfporsie en vanaand kry ek hierdie epos en sien net weer die Here se hand in alles.

Baie dankie en mag God u seën.

Liefdegroete,
Van 'n mede-Koningskind

Lumain van Vuuren.

Die gedeelte waaroor Lumain aan my geskryf het was: "GOD HET INDERDAAD ’N KOSBARE ERFPORSIE VIR SY KINDERS."

Oct 6, 2021

Môre Sakkie.
Dankie vir al die leringe Ouboet.
Dit is wonderlik hoe GOD jou gebruik en seen met insig en wysheid om die woord met ons te deel. Seeninge onbeperk vir jou woning en enige persoon wat jou poorte mag betree, vandag en al die dae van jou lewe.
Dit is een van my geliefkoosde liedjies wat jy daar bespreek, U IS WAARDIG! nou moet ek myself met geweld inhou, dat my voete nie in n Goddelike dans soos  Dawid  sin voor die ark uit breek nie en uit volle bors te skree dat die kranse antwoord gee en die Heelal in harmonie uitjubel, AMEN. HALLELUJA,
Want KONING JESUS, U IS WAARDIG…AMEN.

Danie Slabbert

Die 'Gedagte uit die Woord' waarna hier verwys word is:  "Die konfrontasie in Matteus 22:15-22"

Sep 14, 2021

Oom Sakkie  baie dankie vir jou wonderlike werk in bediening en woorde  van bemoediging. Jy staaf altyd alles met teks verse en sit alles so mooi uiteen. Geseënde dag en Jesus Liefde.

Herman Pieterse.

Die gedagte waaroor Herman kommentaar gelewer het se naam is:

Tatoeëring.

Nog ‘n gedagte uit die Woord oor dieselfde onderwerp is:

Tatoeëermerke, gaatjies ens in my liggaam.

Jul 5, 2021

Goeiedag Sakkie.
Dankie vir die terugvoering op my vraag.
Ek waardeer dit baie.
Ek geniet verskriklik baie om na al jou e-bediening te lees.
Ek is nog steeds besig om almal deur te gaan – voel asof ek weer ‘n kursus het.
Jou manier van skryf taal maak my makliker om te verstaan.
Groete.

Leila von Wielligh

Jun 4, 2021

Môre Sakkie, baie dankie, n absolute fantastiese antwoord.

Ek dank die Here daarvoor, dis ook die idee wat in my kop rond dwaal. Dankie vir die bevestiging.

Mag God jou genadig wees en seën in die werk wat jy doen.

Groete Sarel Booysen.
Die gedagte uit die Woord waaroor Pastoor Sarel Booysen kommentaar gelewer het is:

‘N HEERLIKE HEMELSE DAGLOON

Jan 27, 2021

Goeienaand Pastoor,

Glo dit gaan goed met u, met ons gaan dit baie goed dankie!

Ek wil u net bedank en sê Baie dankie vir elke skrywe van u af.

Ons waardeer dit opreg, mag die Here u bly seën en salf met Sy wysheid, sodat u kan voortgaan om die waarheid te verkondig.

Die Here seën u daadwerklik.

Amen.

Pastoor Fanie Barnard

Oct 30, 2020

Dankie Sakkie,

Net die boodskap wat ek vanoggend moes hoor!

Ek het ‘n “file” op my rekenaar wat gemerk is met jou naam. Ek bêre al jou skrywe daarin. Ek kry baie pitkos vir die siel daaruit!
Wens ek het jou Bybelkennis gehad.

Mooi bly.

Sanja

Die gedagte uit die Woord waaroor Sanja skryf se naam is:

EK GLO HERE, KOM MY ONGELOOF TOT HULP!

Mar 6, 2020

More my Jesus vriend

Dankie vir jou getrouheid aan ons Heer. Jy werklik 'n inspirasie vir ons almal.

Ek was op jou webtuiste.

Het rond gesnuffel daar en op die gedeelte afgekom van Pedro jou gidshond.

Dankie vir wie jy is. Iemand wat die wedloop hardloop met volharding, altyd met liefde en deernis.

Jou Jesus vriendin
LeoniH
 

Aug 20, 2019

Ek wil net eerstens sê baie dankie vir die bediening stukkies wat jy so gereeld vir my stuur. Ek mis nie een om te lees nie, en ek “save” elkeen op my rekenaar vandat jy begin het om te stuur.  

Ek besef elke keer wat ek dit lees hoe ons Hemelse Vader jou gebruik om Sy woord te verkondig.

Jy het altyd ‘n antwoord uit die Bybel wat net die waarheid verkondig.

Ek is self besig om met ‘n tema oor “Soos jy Glo” vir myself opsommings te maak waarna ek altyd kan terug verwys. En ek besef elke dag  dat mense sê hulle glo in God maar hulle het nie ‘n verhouding met Hom en leef nie volgens Sy wil nie.  Ek glo die Here sal jou elke dag seën omdat jy so getrou aan hom is.

Beste Groete,

Jan Hanekom.

Die twee gedagtes uit die Woord wat Jan gelees het en toe aan my geskryf het was:

"Die sleutel wat Jesus vir Petrus gegee het"
"About whales"

Aug 9, 2019

Goeie môre Sakkie,

Pragtige boodskap oor die doop.  Ek het dit baie geniet.  Die woord wat jy deel, is baie kosbaar vir my.  Baie dankie daarvoor.

Ek eer die Here wat Hy deur jou doen.  Ek bid net seën oor julle en jou bediening.

Seëngroete,
Hennie Pretorius.

Die gedagte uit die Woord waaroor Hennie gereageer het is:
"Die doop is ‘n baie belangrike sakrament in die evangelie van Jesus Christus."