Testimonials

Jul 22, 2019

‘n Hartlike goeie more vir jou, geseënde van die Here.

Die sewe geeste van God – dankie vir hierdie woord, ek het so twee weke gelede gelees in Openbaring en in my gedagtes gedink: ‘Wat is die sewe geeste van God?’.

Ek dank die Here dat ek op die internet op jou webblad afgekom het twee dae gelede, maar so werk onse Here, wanneer ons soek vir antwoord, want ek het dit my gebed gemaak toe ek dit gelees het in Openbaring en vir die Here gevra om aan my te openbaar waar in Sy Woord dit geskrywe staan.  En so stuur Hy vir jou, Sakkie, wat ‘n instrument van God is, om vir my die antwoord te gee.  Prys Sy Wonderlike Naam, Halleluja.  Sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

Jesus liefde

Anita Larsen

May 13, 2019

Met groot dankie skryf ek hier en dank God vir oom in ons lewe en dat Hy oom in ons lewe gesit het om ons nader aan Hom te bring, en Ja – Amen op oom se woorde as mens sonder hoop sonder doel en dan nog sonder Jesus moet wees.  Ek as n pappa besef elke dag hoe belangrik dit is om my gesin by Jesus se voete te plaas en vir hulle in die spasie (gap) te staan en dan om my 8 en 6 jarige volgens God se Liefde en Genade groot te maak is n voorreg en n gawe van God!

My oom, jy is n voorbeeld vir ons almal en mag ons gebede oom optel!

Dankie baie,

God Seën,

Z Smit

May 11, 2019

Middag Sakkie.

Vertrou dit gaan goed met jou.

Ek wil net van my laat hoor en wil jou bedank vir al die pragtige boodskappe wat jy so uitstuur aan onder andere my ook.

Ek sien uit na jou eposse.  Dit is baie leersaam en doen wondere aan mens se geestestoestand.

Hoe wonderlik is dit nie in die moeilike tye waarin ons leef nie.

Dit help my weer om andere ook te help met 'n woord van bemoediging.

Seëninge vir jou Sakkie.

Groete,

Antonie Jansen van Rensburg

Feb 19, 2019

Liefste oom Sakkie,

So ongeveer 25 jaar gelede het my ouers in 'n gemeente in Vryheid, Natal die eer gehad om een van oom se optredes by te woon.

Deur genade kon hulle daardie aand van oom se musiek gekoop het en so het dit in my huis beland.

Daardie musiek het my lewe verander, en was groot hulp in my lewe om my kindertjies groot te maak en lewenslesse te leer.

Binne paar dae het ek elke liedjie geken, en veral drie liedjies het deur die jare in my kop vasgesteek en onthou ek dit woord vir woord, en het ek my lewe so begin leef.

‘'n Motor se ligte’, ‘ ryk man en Lasarus’ asook my gunsteling die ‘Jaloerse hekkie / Wielie Walie draaihekkie…’ Dit het my ankers in die lewe geword…

Baie dankie vir u mooi kindskapgees en vir so baie wyshede en lewenslesse wat ek uit hierdie liedjies kon leer en toegepas het in my lewe. Ek het vasgeklou aan dit deur die jare, dit het my deur storms gedra… my laat besef hoe baie ek het om voor dankbaar te wees – alles dinge wat geld nie kan koop nie.

Dankie so baie vir die verskil wat oom in my huis gemaak het, die verstaanbare manier dat selfs klein kindertjies dit kan verstaan.. en ek GLO dat baie mense met my sal saamstem.

Dit is my God het my baie laat besef HOE groot die God is wat ons dien… So baie dinge wat ons maar net aanvaar as die natuur… maar deur daardie treffer besef mens hoe volmaak God se meesterstuk is.

Baie Dankie oom Sakkie, dat ek deur oom se bereidwillige gees en liefde aangeraak kon word..

Groete,
Salome.

Nov 28, 2018

Goeiemore Sakkie,

Baie dankie vir die terugvoer en vir die interessante inligting wat u met my gedeel het.

Ek geniet elke stuk wat ek van u af ontvang en deel dit met mense soos wat ons Vader dit op my hart lê.

Dankie vir u onbaatsugtige diens, en dat u te midde van u eie uitdagings, getrou bly aan die taak wat u opgelê is deur Abba Vader en dat u met soveel insig en wysheid van die Heilige Gees,  die soms moeilike vrae beantwoord en uiteensit.

Mag Jesus u bewaar en mag u gesondheid en guns uit sy Vaderhand ontvang soos wat u dien.

Seën en liefde in Jesus Naam.

Louise Liebenberg

Sep 26, 2018

Baie Dankie Sakkie

Jou dagstukke is vir my altyd ‘n groot hulp en help my baie in my lewenspad.

Ek stuur gereeld een van jou goedjies aan vir ‘n vriendin as bemoediging, inspirasie en ook as raad.

Weereens baie dankie vir die moeite wat jy vir ons doen weet dat ons dit raaksien en God gaan jou ryklik seën en hopelik ontmoet ons almal op die wolke eendag.

Ek wil vra of jy asseblief vir my die volgende van jou dag stukkies kan aanstuur:

Baie dankie

Groetnis

Ilzé Vermeulen.

Sep 10, 2018

Goeie dag!

Net om te sê: Duisend dankies vir al die insiggewende en leersame leesstukke wat u stuur.

Eers met jou vyeboom storie se verduideliking, kan ek nou vir die eerste maal verstaan hoékom Jesus die vyeboom gestraf het  – dit was nooit vir my duidelik nie.

Die Van Stadensbrug episode het ook trane gebring.

Daar is diep boodskappe wat oorgedra word in bogenoemde stukke.

Ek het nagelaat om in verlede dankie vir jou te sê. Ek geniet en waardeer jou moeite om die leesstukke vir ons te stuur.

Ek glo ons sal mekaar spoedig in die Hemel sien – Die Bruidegom se koms is so naby!

 

Seëngroete en Shalom

Estelle Venter

 

Die Gedagtes uit die Woord wat Estelle van skryf is die getuienis: ‘Die Vyeboom’ asook ‘n getuienis wat ek gedeel het; ‘God is ons Trooster’ geskryf deur Benescke J van Rensburg.

Jul 25, 2018

Hi geliefde vriend in Jesus, ek was so bly ek het van jou wonderlike bediening gehoor, ons het jou jare terug op Brits by die Oase kerk ontmoet, en toe het ek daardie tyd by jou ‘n bandjie gekoop met jou liedjies op, ai Sakkie het jy dalk nou ‘n Cd met die liedjies op, laat weet asb sal so graag dit wil bekom.
Onder andere Draai hekkie
Ek hoop nie ek is nou lastig nie maar daai liedjies was vir jare ‘n seën in ons huis

Mag Vader jou ryklik seën, mag jy van krag tot krag gaan in jou wonderlike bediening

Groete en seën

Koos Kriek

Die lied waarvan Koos praat se naam is “Wieliewalie draaihek.