Testimonials

Oct 17, 2017

Vreeslik dankie.   Ek vind u dagstukkies baie baie verrykend en insiggewend.

Baie dankie vir die tyd wat u insit om ons so te bedien.
Groete
Marilize

Die gedagte uit die Woord waaroor Marilize hier skryf se naam is:
Die dwaasheid van die evangelie van die kruis vir sommige

Apr 29, 2017

Hallo Sakkie,

Ek wil vandag op die laaste dag van jou 69ste jaar sê ek wens jou ‘n lang lewe soos Metusalag se 969 jaar.

My wens vir jou is dat jy nog baie lank gespaar word om jou Woordbediening te kan uitdra.

Ek het in die kort rukkie sedert ek jou ontmoet het al baie uit jou Bediening geleer.

Mag hierdie maar net nog die  begin wees van wonderlike jare saam met jou geliefdes.

Thea du Plooy.

Dec 5, 2016

Beste Sakkie.

Ek dink met groot respek en deernis in my hart aan jou wat so dapper ‘n steil en moeilike pad stap Sakkie.  Ons HERE het jou waarlik baie sterk gemaak met ‘n vaste gees in jou binneste.  

Jy is fisies blind maar Hy laat jou  sien wat baie baie mense nie sien nie.  Ek het al soveel by jou geleer en leer nog steeds πŸ™‚  Dankie dat jy hierdie nou pad so dapper stap en steeds jou glimlag en humor en mooi geaardheid behou – en duisende dankies vir wat jy vir ons HERE doen – dit verryk en bemoedig sovele mense en laat die helder lig van ons HERE in mense se lewens skyn om die verwarring op te klaar en almal aan te help na ons HERE toe – Hemel toe.  Kan jy nou jou indink hoevele mense gaan jou in die Hemel bedank πŸ™‚  Watter wonderlike gedagte.  Jy is ‘n lewende getuie en ‘n sprankelende Ster vir JESUS oral waar jy beweeg.

Liefdegroete en Seën, 

Elsabé

Dec 1, 2016

Goeiedag oom Sakkie.

Ek onthou een dag voor ek my hart vir die Here gegee het.

Dit was in 2010, ek het nog gesoek en baie vrae gevra. Ek en ‘n vriendin van my het die kinders na ‘n park toe gevat daai dag en ons het daar op kombersies onder die bome gesit en piekniek hou terwyl die kinders speel. Sy het ‘n bottel wyn ingepak en ek het ‘n leer gevat met ‘n klomp van oom se boodskappe wat ek uitgeprint het…

Daardie dag het iets in my hart gebeur. Ek sal daardie dag onder daardie bome nooit in my lewe vergeet nie. Ons het deur oom se werk gegaan en dit so saam met die Bybel deurgelees. Daardie dag het ‘n ander boek vir my oopgegaan, en ek kon vir die eerste keer verstaan wat die Bybel se. Ek weet daardie dag is ek wedergebore en het ek die Bybel deur my nuwe oe gelees, met die hulp van die Heilige Gees.

Ons het van die oggend tot 5 uur die middag deur die leer gewerk.  En ons het die Woord van God gedrink daai dag en nie eers die wyn oopgemaak nie.

Ek hoop, nee, eintlik glo ek dat dieselfde met nog baie mense sal gebeur wat oom se boodskappe lees. Al is hulle nog nie altyd heeltemal by God nie, op ‘n dag gaan daai woorde oop en als val in plek in. Ek raak sommer tranerig van blydskap dat God aan my hart se deur geklop het, en dat ek Hom gehoor het. En ek dank God dat daar mense soos oom is, wat bereid is om soveel van hulle tyd te spandeer om mense te help wat hulle nie eers ken nie.

Groete met Jesus liefde.

Mariska.

Sep 27, 2016

Dankie Sakkie vir hierdie waarheid wat jy met ons deel.  Dankie dat jy soveel van die Woord met ons almal al gedeel het.

Dit is verrykend om jou e-pos te lees.  Weer eens baie dankie.  'n Mens kan jou liefde vir ons Here so duidelik lees/hoor in jou e-posse.  Ek bid dat die Here jou nog lank sal toerus met die Wysheid van die Woord.

Mooi dag vir jou

Gwen

Die gedagte uit die Woord waarop Gwen gereageer het is:

Ons is die welriekende geur wat deur Christus vir God opstyg

Jun 20, 2016

Goeiemôre Sakkie,

Baie dankie vir jou skrywe aan my oor:  “Hoe weet ek  of ek n kind van God is.”   Ek het dit baie geniet, en so baie vreugde daaruit geput.

Baie dankie vir al jou skrywes, dit is voorwaar n ‘eye opener’ , ek kon nog elke keer wat jy vir my iets gestuur het, groei in my lewe met ons Here en weet verseker dat Hy my Vader is en dat Hy baie lief is vir my.

En die beproewings wat in my lewe gebeur my net sterker en wyser maak, en my nog nader aan my Vader bring, en dat  niks my kan skei van die liefde van ons Here nie.

Jy het n wonderlike gawe van ons Vader ontvang en ek glo jy lei soveel mense na ons Here toe sonder dat jy daarvan weet, mag Hy jou seën in hierdie wonderlike diens wat jy aan jou medemens lewer, jy doen wonderlike werk.

Baie seën en liefde vir jou en jou familie.

Liefde groete

Fransie

Die gedagte uit die Woord waaroor Fransie skryf se naam is:

Hoe weet ek dat ek ‘n kind van God is.

Jan 15, 2016

Sakkie,

Ek gaan die einde van die maand met pensioen. Kan jy asseblief in die toekoms die boodskappe stuur na : (dan volg Jimmy se adres) Ek wil baie graag nog die boodskappe van jou af ontvang want dit is vir my van uiterste belang ! Die Here is vir my baie, baie goed ! Jou boodskappe is vir my lig op die pad ! Ons bid vir jou en jou vrou asook vir jou gidshond !

Shalom,

Jimmy Marx

Jan 11, 2016

Goeie Môre Sakkie

Baie dankie vir die skrywe oor die mooi prentjies van Jesus wat op die internet rond gestuur word.

Hierdie was nou die spreekwoordelike “eye opener”.  Ek het nog altyd Jesus voorgestel as hierdie prentjie mooi mens.  My vergelyking het gekom deur na mense te kyk wat die liefde en vrede van Jesus in hulself omdra en uitstraal.  Daar is net iets onbeskryflikste mooi omtrent sulke mense – en ek glo vandaar die prentjie mooi Jesus.

Baie dankie vir hierdie insig en ek glo dit is waar die spreekwoord van die “Engelsman” vandaan sal kom: “Beauty is in the eye of the beholder”.  Vir my sal Jesus ongeag die nuwe openbaring die mooiste mens in my hart bly.

Regards

Marie Venter

Die gedagte uit die Woord waaroor Marie skryf is:

Julle het mos die vorige mens en sy praktyke soos klere uitgetrek

Nov 6, 2015

Goeiemôre Sakkie,

Ek sit hier by die werk, nie baie lus nie … toe gaan ek op jou web, en lees jou skrywe oor ….. ‘Let us practice what we preach.’

Ek kan nie glo daar is mense wat nie glo dat ons nie meer onder die wet staan nie maar dat ons nou onder die genade van God staan, omdat Jesus vir ons gekruisig en gesterwe het nie.

Kan jy asseblief vir my hierdie skrywes van jou stuur …..oor die Sabbat en oor ons tiende .

Ek put so baie wysheid uit jou skrywe.  Hou aan om jou bediening wat ons Vader vir jou gegee uit te leef . Jy is ‘n inspirasie vir ons almal, my kinders geniet dit so as ek hulle vertel wat Sakkie vandag weer vir my geopenbaar het in die woord.

Hoop dit gaan goed en wel met jou vrou, en baie sterkte met haar versorging .

Groete,
Fransie

Die gedagte uit die Woord wat Fransie gelees het was:

LET US PRACTISE WHAT WE PREACH

Die twee gedagtes uit die Woord wat Fransie aangevra het is:

WATTER DAG IS DIE SABBAT, SATERDAG OF SONDAG

en

OOR TIENDES

Oct 7, 2015

More Sakkie ,

Ek is so bly ek het  my twee probleme met jou bespreek, ek het nou vrede in my hart dat ek  op die regte pad is met my siening oor al die vreemde goed.

Ek het die inligting en al jou ander e-posse baie geniet, en so baie vreugde daaruit geput om dit te lees.

Ek sien uit daarna om elke dag jou e-pos te ontvang, hou aan met hierdie wonderlike bediening wat jy van ons Vader ontvang het, en baie seën en sterkte vir  jou en jou gesin.

Groet en seën

Fransie Boshoff.

Die twee gedagtes uit die Woord wat vir Fransie van nut gewees het is:

Ek is klein gedoop, moet ek weer gedoop word.

Aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is