Testimonials

Nov 5, 2014

Goeiemore Liewe Sakkie,

Baie dankie vir jou skrywe oor die onderwerp waarsêery; jy het vir my ‘n groot lig oopgebreek omdat baie mense (ek ook), onkundig is/was hieroor. Ek het ‘n vriendin gehad wat my aan ‘n waarsêer voorgestel sodat sy my toekoms deur middel van  ‘kaarte’ kon lees; ek het eers baie jare later besef dat dit ‘n groot sonde is. Ek onthou  ek het nogal baie teensinnig gegaan en ek het ‘n baie ‘bang’ gevoel hieroor gehad. Ek het dit al bely maar wil  dit graag weer doen en vir Vader vra om my te vergewe dat ek so-iets kon doen. Dankie sê dat Hy my genadig is. Dankie dat jy gehoorsaam is aan die stem van ons Vader en vir die waarskuwing. Ek hoop tog mense wat aangemoedig word om dit te doen sal besef wat jy hier sê. Ek vra weer vergifnis want ek glo nie ek het toe besef dat dit so gruwel in God se oë is en was nie. Ons hoef nie na waarsêers te gaan nie, want slegs God bepaal ons toekoms en by Hom… is ons veilig; verder hoef ons niks meer te weet nie, ons moet net rus in die wete dat God in beheer is van ons lewe.

Sakkie, ook glasie-glasie – ek het eenkeer aan dit ook deelgeneem – mag God my daarvoor ook vergewe.

Dankie Here, dat U in ons, om ons, agter, langs en voor ons is. Ons loof U dierbare naam Here Jesus. Ons kyk uit na U koms want dit is naby.

Dankie Sakkie

Jesus liefde

Bertie

Die gedagte uit die Woord waarna Bertie verwys is:

Mag ek waarsêers of geeste van afgestorwenes raadpleeg

Oct 31, 2014

Goeiemôre Sakkie,

Gelukkig is ek 'n 'early bird', daarom kan ek sommer vroeg in die Here se Woord die dag begin.

Ek wil net vir jou sê dat jou dagstukkies so prakties is en soveel meer op elke dag se aanslae van die wêreld daar buite van toepassing het.

Ek is 72. Ek spandeer baie tyd in gebed met ons Vader, want as 'n ma en ouma is dit so sorgwekkend om te sien hoe jou familie 'wat lippe taal Christene is' se raamwerk vir hulle kinders so skeef en krom is. Dat hulle so blind is en nie kan sien wat dit aan hulle doen nie.

Deur my Bybelstudie is dit so duidelik dat die Skrif op die muur is wat die eindtye betref. Dit maak mens angstig as jy na jou eie familie kyk, en met al hulle grade en geld hulle totaal 'blaze' is.

Ek stuur maar gereeld van jou dagstukkies aan en hoop soos die engelsman sal sê "the penny might drop".

Baie seën aan jou en baie dankie vir jou praktiese stukkies.

Annamarie.

Die gedagtes uit die Woord wat Annamarie gelees het was:

Wil jy dat jou liefdesverhouding met ons Here nog meer verdiep – Deel 1

Wil jy dat jou liefdesverhouding met ons Here nog meer verdiep – Deel 2

Oct 23, 2014

My groot vriend in Jesus Christus. Baie dankie vir hierdie mooi verduideliking waarmee ek volkome saamstem. Jy stel dit so duidelik dat selfs ek wat 'n leek is -het maar net matriek op my sitvlak deurgekom- kan dit verstaan. Dankie Jesus dat u vir Sakkie die kennis gegee het sodat hy U woord vir mense kan uitlê. Mag God se liefde en vrede oor jou en jou familie wees en jy Sakkie, SY teenwoordigheid elke oomblik van jou sal ervaar.

Shalom

Lewies

Die ‘Gedagte uit die Woord’ waarna Lewies verwys, was gewees: 
Hoe antwoord jy God wat na jou roep.

Sep 15, 2014

Middag Sakkie,

Slaan ek hoendervleis op hoendervleis uit toe ek vandag se e-mail oor die doop kry. Ek worstel al 2 weke om te begin met 'n bybelstudie oor die doop. Ek wil graag groot gedoop word in ons kerk.

Dankie dat die Here jou so seën in dit wat jy doen.

Jesus Groete,

Cheryl

Ek is klein gedoop, moet ek weer gedoop word.

Oor die doop

Sep 5, 2014

Ek  wil net my opregte dank uitspreek op al jou wonderlike voedingstukke uit God se Woord en waardeer elke email. Dit is ‘n voorreg om my lewensreis saam u en u gesin te deel . God gee jul as ‘n groot geskenk vir ons en ons dank jul daarvoor. Kan nie wag vir die Dagstukkie oor die Wegraping nie .

Nogmaals baie dankie.

Emmi

Jul 29, 2014

Sakkie!

Bitterlik baie, baie dankie!

Dankie dat jy altyd help en dit met soveel moeite ook doen! Ek waardeer dit vreeslik!

Dankie dat ek jou as mentor het.

Dit is net so wonderlik om altyd die beste raad te kry by jou, jy is werklik ‘n seën vir ander mense!

Lekker daggie!

Miemie Immelman.

Jul 9, 2014

Sakkie, so baie dankie vir die Epos bediening.  Jy sal nooit weet hoeveel dit vir my beteken nie.  Ons woon op Vancouver eiland in Kanada en om sulke wonderlike pos te ontvang is 'n seën.

Baie, baie dankie en seënwense vir jou bediening.

Andries en Marie Willer

May 8, 2014

Sakkie,

Vir baie jare het ek  (in my onnoselheid) aan hierdie sterre se voorspel geglo….baie boeke gelees, totdat ek eendag in my Bybel lees wat ek myself aangedoen het…..en het dit dadelik bely voor die Here.

Ek glo Hy het my vrygemaak van daardie binding van voorspellings en waarsêers. Ek hoop almal wat dit gelees het wat jy hier so mooi uitgespel het oor die stere se voorspel, skrik wakker en verbrand daardie boeke, want mens se siel is meer werd as die leuens van die duiwel, wat hy so kleurvol aan ons opdis!

Ek wil ook sê dat ek uitsien daagliks na jou e-pos. Ek leer baie daaruit, en stuur dit weer na ander mense ook.

Groete,

Lettie Pretorius

Oor sterre se voorspel

May 3, 2014

Goeiemôre,

Baie dankie vir die wonderlike boodskap uit die stukkie: " 'n Berig wat ek gelees het."

Dankie dat jy ons herinner het dat ons God 'n Wonderlike God is, wat mag het oor lewe en dood.  En dat deur te kla, ons bewys dat ons Sy krag nie vertrou nie.

Ek wil daarna strewe om dan van nou af elke dag net die goeie raak te sien, sodat ek Hom kan loof en prys.  Ek wil elke negatiewe gedagte omdraai in 'n positiewe gedagte, sodat dit wat uit my mond kom, net tot God se eer sal wees.

Ek vind werklik baie baat by jou bediening en ek glo so is daar talle ander wat met sal saamstem.  Mag ons God jou behoed en bewaar, sodat jou stem nie stil sal word nie.  Ek bid vir jou vir krag en kalmte, vir vrede en vreugde, elke dag.

Groete,
Amanda Badenhorst

'n Berig wat ek gelees het