Testimonials

Jul 8, 2013

Hallo Sakkie,

My naam is Pieter Henning. Ek wil net baie baie dankie se vir die boodskappe wat jy elke nou en dan vir ons stuur. Baie Dankie vir die wonderlike werk wat jy vir ons VADER doen om SY boodskap oor te dra aan ons en dit maklik verstaanbaar te maak vir ons. Ek waardeer dit opreg en dit is 'n riem onder die hart vir my om sulke mense soos jy te ken. Elke boodskap beteken baie vir my en help my deur die dag.

Baie liefde vir julle. Mooi bly en stuur groete aan jou gesin.

Pieter Henning

Jul 8, 2013

More. Sakkie.

Weereens dankie vir al die emails. Soms voel dit vir my of jy te min emails stuur. Ek lees dit oor en oor. En nou weer die een oor die kruis. Ek het my kamer se tema kruise gemaak. En weet jy as ek kyk dan besef ek dat dit is nie die selde kruise waaraan Jesus vir ons gekruisig is nie maar dit herinner my altyd waardeur Jesus vir ons gegaan het om te sterf vir ons sondes. Dankie vir als ek wardeer elke email.

Jy is n ster.

Isa

Jul 8, 2013

Hi Sakkie,

Ek waardeer hierdie e-posse baie. Jy het al soveel van my vrae beantwoord sonder dat ek gevra het. Wanneer ek jou e-posse lees gee dit my 'n kalmte om te weet ons Vader sorg vir ons.

Ek is so dankbaar dat ons Vader jou op my pad gebring het. Jy is werklik 'n "awesome" mens, 'n ware kind van ons Vader.

Liefdegroete, 
Elfrancine

Jul 8, 2013

Dankie Sakkie.

Ek geniet dit om jou stukkies te lees. Jy maak my bewus van verse in die Bybel wat ek nog nooit eers gelees het nie, of wat nie by my byval gevind het as ek dit wel gelees het nie.

Mag jou seëninge vermenigvuldig!

Baie groete, 
Sanja

Jul 8, 2013

Aai Sakkie, ek sit met trane in my oë nou!

Ek het nou die ander e-pos gelees van “Ek wil iets met jou deel.”

Wow – dis ‘n groot testimony! Ek is so dankbaar aan God, dat daar mense is daar buite, wat nie lê en wag vir beter dae nie!

Maar ook met skaamte, dat ‘n blinde man meer mense bereik as ek, wat ‘n gesonde vrou is. Dit het my nou weer laat besef dat ons moet opstaan en die evangelie verkondig! Ek salueer u.

Aan Hom al die eer!

Mag die Here U seën en mag Sy guns U omsingel, tot in lengte van dae.

Remain Blessed.
Janice

Jul 8, 2013

Baie dankie vir hierdie pragtige uiteensetting van die Woord, Sakkie.

Ek dink so daaraan nadat ek dit gelees het – Jy kry darem moeilike vrae en jy antwoord elkeen daarvan uitstekend! Ek het sommer tot in my kleintoontjies lekker gekry vir hierdie antwoord dat onse liefste JESUS se Naam kosbaarder is as enige naam ter wêreld! En jou uitnodiging daarna is vir my pragtig.

Dankie Sakkie, vir jou.

Jou tyd, jou aandag en konsentrasie, jou erns om jou medemens te dien en te ondersteun en jou liefde vir die Woord en vir JESUS om elke vraag met oorgawe uit Sy Woord te antwoord, sodat elkeen wat dit lees se gees versterk, gevoed en opgelig word. Waarlik, jy is Sy geliefde dissipel en 'n voorbeeld vir elkeen!

Seëngroete,
Elsabé Cronjé

Jul 8, 2013

Goeiedag Sakkie.

My broer baie, baie dankie vir jou pligsgetrouheid teenoor God die Vader vir hierdie pragtige boodskappe, ook vir jou vrou wat so getrou ondersteun. Julle sal en is in ons gebede tot God die Vader elke dag om julle tree vir tree te lei om ons as mede-broers en -susters te bedien om nuwe hoop, krag en Goddelike insig te vind aan die voete van Jesus ons Leidsman en Koning. Daar is soveel dankbaarheid in ons harte om God se Woord op so ‘n unieke wyse te ontvang. Vir my, as medepelgrim die onverganklike saad te ontvang, nie net te laat staan nie, maar dit met dieselfde gesindheid en liefde verder te kan saai vir die koninkryk van God. Moet asseblief nooit ophou nie, hou net aan. Baie dankie, dit is baie kosbaar vir ons siele.

Louis Moolman

Jul 8, 2013

Goeiedag Sakkie,

Ek wil baie dankie se vir God dat hy jou gelei het in jou omstandighede om te doen wat jy nou doen! Jy het my al so gebless met jou mails! Aan God alle eer!

Hier is my storie: Ek`s `n 19-jarige vrou, wel seker maar nog `n dogtertjie, ek weet nie of ek nou oom moet se of nie? Jy het vir my `n mail gestuur oor hoe amazing God is. Dat hy selfs die wurmpie raaksien onder die boom en vir hom sorg. So 6 maande terug het ek beplan om `n einde te maak aan alles. Ek het begin black-outs kry en as ek weer bykom staan ek met `n bottel pille in my hand en beplan alles, hoe ek gaan baai se, wat en waar ek dit gaan doen. Ek het my boeglam geskrik maar vir een of ander rede het niks meer saak gemaak nie. Nie eers die feit dat ek gaan hel toe gaan as ek selfmoord pleeg nie. Ek het net nie meer omgegee nie.

Ek het briewe geskryf op my rekenaar aan almal wat ek ken om totsiens te sê. Ek was klaar gewees met die lewe. Toe ontmoet ek die wonderlikste man op hierdie aarde. Iets om dit weer die moeite werd te maak om asem te haal.

Op `n tyd het ek so goeie verhouding gehad met God, en iewers het ek dit veloor. Ek het al soveel stupid goed gedoen in my lewe dat ek voel God kan mynie vergewe nie. Ek kan myself nie eers vergewe vir alles nie. Ek voel nogsteeds so en dit sal seker lank vat voor ek myself sal kan vergewe en dan toelaat dat God my vergewe. Toe kom jou mail deur van hoe God selfs die ou wurmpie sien onder op die gras en ek besef, hoeveel keer is my lewe net nie gespaar nie ek weet ek moes dood gewees het. Was dit nie net God se genade nie? As my God die wurmpie raaksien hoeveel meer gee God net nie om vir my nie?

Ek het my lewe gehaat, myself gehaat, mense wat my al seer en stukkend gemaak het gehaat. Ek doen nogsteeds seker maar dis al beter en hier kom verander die prentjie van ‘n wurmpie op die grond my lewe so ‘n bietjie.

Dankie baie vir jou mails dis `n blessing!!

Groete,
Mariëtte

Jul 8, 2013

Hallo daar.
Hoop dit gaan sommer baie goed met jou !
Ek wou net weereens vandag laat weet het hoe ek jou werk geniet !
Weereens besef ek net hoe jou stukkies ‘n moet in my lewe op die oomblik is.
Dankie Sakkie.
Jy moet nooit moed verloor in die werk wat jy doen nie. Ek dink nie jy sal ooit kan besef of indink watse groot werk God deur jou doen nie. Dit wat jy doen om die woord te bestudeer en te deurdink en te skryf en uit te stuur is maar ‘n klein gedeelte van die groot werk wat GOD VERDER DAARMEE DOEN. (jou insette
tyd en liefde en ook geduld is goud werd) Jy is so gehoorsaam. Dankie vir die verskil wat jy maak.
Mooi bly.

Groete,
Karla

Jul 8, 2013

Ag Sakkie, jy's die beste, dankie vir die woorde en moeite, dat jy altyd daar is indien ons oor ietsie twyfel of net duidelikheid oor iets wil he.  
Ek het op jou webtuiste ingegaan en dis regtig baie mooi.  Was BAIE bly om 'n ou foto'tjie te kon sien nou weet ek ook hoe lyk die gesig agter die mooi Godgegewe woorde.  Jou vroutjie lyk soos 'n liewe mens en ek kan sommer sien sy ondersteun jou baie in wat jy doen.  Jy het 'n baie aangrypende verhaal maar wys dit mens ook hoe die Liewe Heer mens se lewe kan omswaai en hoe jou kleintyd ook al was,  is ek seker daar is baie baie mense wat jou boodskappe hoor en jou hoog ag vir die mens wat jy is en geword het.  Ek het ontsaglik baie respek vir jou en ek dink die Liewe Heer is sommer baie lief vir jou.

Dankie vir dit wat jy doen dis regtig 'n seën van God!

Nicolene Engelbrecht