Testimonials

Feb 14, 2014

Hi Sakkie.

Ek wil net vir jou se dat ek so dankbaar is om jou deel van my lewe te kan hê en glo God het jou op ons pad gestuur vir n doel. Ek is so inspirerende met alle e-posse wat ek van jou ontvang en is jou innig dankbaar daarvoor.

Baie, baie dankie.

Emmie.

Dec 9, 2013

Baie dankie vir elke e-mail wat ek al gekry het ,dit het my regtig nader aan MY HERE gebring.

Dit het my deur my probleem wat ek tans ondervind versterk in my geloof , vrede gegee en kalmte en is ek bereid om elke tree wat ek gee saam met Hom te gee want HY is nou in beheer van my lewe en weet ek dinge sal regkom .

Baie, baie dankie .

Hermein van Namibië

Dec 3, 2013

Halleluja!! God is so Amazing.

Baie dankie Sakkie, jou insetsels is waarlik baie inspirerend en laat my liefde vir God net meer en meer word.

Elsa Roodt

Oct 30, 2013

Sakkie baie dankie vir die insigte wat jy met ons deel.  Weet jy, self vir 'n kind van die Here is dit soms so moeilik om te onderskei.  Ons word so verwar en dan is dit so wonderlik om jou stukkies te kry waar jy uit die Woord met ons deel.  Die gee van 'n tiende is vir my 'n baie seer saak, want ek het nie 'n tiende om te gee nie, en het daarom opgehou om kerk toe te gaan.  Dit voel vir my as ek nie my tiende kan gee nie hoort ek nie in die kerk nie, en nou wil dit vir my klink of jy vir my uit die Woord die versekering gee dat ek met 'n ope gemoed minder as 'n tiende kan gee en nog steeds geestelike samesyn met die gemeente kan geniet.

Dit sal wonderlik wees. Ek kry vreeslik skaam omdat ek nie die middele het om te gee nie, maar is ook baie dankbaar vir wat ek wel het.  Ek weet God voorsien in elke behoefte en ek lewe ook so.  Dis net die tiende wat my, my kop in skaamte laat sak, want ek voel minderwaardig omdat ek nie ‘n tiende het om te gee nie.

Baie dankie vir jou wysheid.

Vriendelike groete

Leonie

Oct 25, 2013

Liewe Sakkie

Ek is n onderwyseres by Scottburgh Primere Skool aan die Suidkus.

Ek wil net vir jou baie dankie se vir die pragtige briewe wat ek van jou ontvang. Dit is so inspirerend en dit voed my siel so, nogmaals baie dankie.

Somtyds as ek moedeloos of hartseer of bly voel en ek lees jou briewe dan is dit asof daardie spesifieke briefie wat ek die dag lees, spesiaal net vir my geskryf is. Dankie vir die wonderlike werk wat jy vir onse Here Jesus doen.

Groete,
Marie Lamprecht

Oct 8, 2013

Liewe Sakkie,

Baie dankie vir jou gereelde e-posse, jou boodskappe is altyd so inspirerend.

Dankie dat jy nog tyd maak om mense wat jy glad nie eers ken nie, te raak!

Baie groete

Elsa

Sep 4, 2013

Hallo Sakkie

Baie dankie vir die moeite wat jy doen met die e-pos bediening. Elke boodskap help my op 'n ander gebied!

Ek waardeer elke boodskap wat jy deel onder die leiding van die Heilige Gees.

In Christus….

Adri Pretorius

Jul 8, 2013

Môre Sakkie

Baie dankie vir jou hulp met my vraag na "Sal ons mekaar in die hemel herken". Toe ek my ore uitgeleen het aan mense wat vir my vertel het dat ons nie mekaar gaan ken nie, het ek baie geworstel daarmee, en danksy jou Groter Insig kan ek nou berusting vind.

Ek kan nie genoeg dankie sê vir hierdie e-posse wat ek ontvang nie, ek leer elke liewe keer iets daaruit.

Ek het ook vandag jou e-pos adres aan van my vriende gestuur sodat hulle net so opgewonde kan word soos ek wanneer ek sien daar is 'n e-pos van jou.

Groete,
Hermien Pieters

Jul 8, 2013

Hi Sakkie,

Baie dankie vir jou altyd inspirerende woorde. Jy het die gawe om mens te wil laat lag en huil op dieselfde oomblik!

My bietjie selfbejammering wat ek 'n kort rukkie tevore ervaar het, is sommer daarmee heen.

Jy is vir my 'n inspirasie.

Stem saam dat iemand wat ons Here nie ken nie, net te veel arm van gees is.

Kan jy jou indink hoe dit moet voel?

Ek vind soveel aanklank by wat jy altyd vertel en ons ander so inspireer, ten spyte van jou eie kruis wat jy dra.

Elize

Jul 8, 2013

Goeie More Oom Sakkie,

Ek geniet Oom se skrywe verskriklik baie en leer elke dag iets nuuts! Dis voorwaar 'n voorreg om Oom se dagstukkies te ontvang en die verborge manna wat ons HERE aan Oom openbaar te kan geniet saam met ander kinders van die HERE.

Mag die HERE Oom nog nader aan Hom trek sodat ons wat volg die voorreg kan geniet om uit Sy onuitputlike bron van wysheid en liefde te leef !!

Blessings, 
Chris Porter