Testimonials

Jul 15, 2015

Goeiemore Sakkie

Ek kry gereeld jou stukkies en wil net baie dankie se vir die een oor: ‘Die onderskeid tussen siekte en bose geeste.’  Ek lei aan depressie wat my van tyd tot tyd regtig onderkry. In so 'n mate dat dit my huwelik verwoes het en ek nou deur 'n egskeiding gaan en baie worstel oor hoe ek die toestand kan oorkom en verder aangaan met my lewe. Jou skrywe het so baie vir my beteken. Hou asb aan om die Woord van God en ons Here Jesus vir mense soos ek oop te breek.

Pragtige dag vir jou.

Groete,
Rosa

Die twee gedagtes uit die Woord wat hier ter sprake is:

“Die onderskeid tussen siekte en bose geeste”

“Hoe ek na depressie kyk”

Jul 8, 2015

Ai Sakkie, baie, baie,, baie dankie dat jy my rustigheid gee hier! En balans! Ja, verseker weet ek elke keer wanneer ek iets van jou lees hoekom ek so aanklank vind by jou gees, dis omdat die Heilige Gees jou oor my pad gebring het omdat ek jou wysheid in God in baie gevalle so broodnodig sou kry!

Dankie Sakkie, en weet jy wat. Dis rêrig satan wat mens nou weer wou verblind en laat skuldig voel oor iets wat toe nou nie nodig was nie!

Mens moet die Woord alleen vertrou, glad nie wat ander predikers alewig kwyt raak nie! Mag jy 'n heerlike geseënde week hê!

Vriendelike groete,
Karin Snygans

Die gedagte uit die Woord waaroor Karin skryf se naam is:

Nou gaan ek jou dalk skok (oor Lotery/Lotto)

Jul 7, 2015

Môre Pastoor,

Ek skep so moed in die skryfstuk van u. Die Here ken my hart en na gister was ek so moedeloos bekom het in my wag op die Here. Maar dankie dat God u vandag weer kan gebruik het om my te laat verstaan dat spesiale vroue deur hierdie toets kan kom met die wete dat God gaan deurkom in sy tyd.

Kan u asseblief vir my ‘Kinderloosheid’ stuur.

Baie Dankie.

Die Here seën u en u bediening.

Lucinda Steyn.

Die gedagte uit die Woord wat Lucinda gelees het was:

My antwoord vir iemand wat nie kan swanger raak nie.

Die skrywe wat sy aangevra het, wat oor dieselfde onderwerp handel is:

Kinderloosheid

Jun 2, 2015

Liewe Sakkie,

Baie dankie vir al die pragtige boodskappe wat ek so gereeld van u kry. Dit beteken geweldig baie vir my.

Hierdie gedeelte..Here dit kan ek sien…is net so treffend…en die lied daarby …so mooi en so opreg…baie dankie…waardeer dit dat ek dikwels jou boodskappe kry en oor en oor mag lees…

Mag Ons Vader u en u gesin werklik seën…

Groete,
Mari

Die gedagte uit die Woord waarvan Mari praat is:

Here dit kan ek sien

May 14, 2015

Môre Sakkie

Sjoe dit is nou interessant, ek het altyd gewonder hoekom die Here die boom vervloek as dit nie vrugte tyd was nie, dit het half onregverdig geklink, maar nou verstaan ek wat jy bedoel. Jou lied is pragtig.

Groetnis vir jou

Annalise Botma

Die lied se getuienis waarvan Annalise praat se naam is, “Die vyeboom.” 

Feb 2, 2015

Sakkie ek wil net dankie sê vir jou!!!

Die Here gebruik jou kragtig, hou aan so lank jy kan.

Ek vind regtig baie insig uit jou leringe.

Vrede in Jesus vir jou en jou gesin.

Michael Johannes Kennard

Jan 15, 2015

Dankie Sakkie, vir die antwoord op my vraag. Ek verstaan nou presies.

My vraag het gespruit uit 'n Jehova getuie wat so 'n rukkie terug aan my deur kom klop het. Ek wou hom nie inlaat nie en toe sê hy dat hy my net een vraag wil vra voor hy loop. Die vraag was toe wat van die mense voor Christus geword het. Ek weet nie wat hy daarmee wou bereik nie, maar ek wou paraat wees as ek weer so 'n vraag gestel word.

Baie dankie weereens dat ek jou altyd kan pla met my vragies en onsekerhede.

Jy het geen benul hoe ek dit waardeer nie. Jy is my hulp in die Bybel.

Groete,
Marina

Die 'Gedagte uit die Woord' wat ek aan Marina gestuur het, se naam is:  "Die Godsbesef waarmee elke mens gebore word." 

Jan 3, 2015

Sakkie, van my kant af wil ek ook net sê baie dankie vir jou e-posse wat so gereeld op tyd kom en soms op ‘n wyse wat ons antwoorde ontvang op vrae, die passie wat daarmee saamkom en die wyse waarop jy dit hanteer. Dankie vir jou positiewe en inspirerende manier hoe jy soms die moeilike vrae van mense antwoord, ons kyk op na jou.

Hannes Bezuidenhout

Nov 17, 2014

Sakkie,

Ek het nou hierdie koordans inligting geniet wat 'n

Blessing so dankie!!!!!!!

en ek stem 200% saam met jou ALLES wat ons doen,

doen ons vir die Here NIE om deur mense gesien te word NIE,

NEE ons doen dit vir ons Meester en ons Skepper en om HOM

te verheerlik dit is waaroor ons lewens gaan is om God te Verheerlik!

Vader het ons geskape met 'n DOEL om vir Hom te getuig om ander van

HOM te vertel om Sy Naam GROOT te maak om vir MEKAAR te Bid.

Die BELANGRIKSTE is om te Praise en Worship en

Sy Naam op te lig.

Shalom

Sue

Die gedagte uit die Woord waaroor Sue geskryf het is:

Koordans in die erediens.

Nov 10, 2014

Môre Sakkie,

Agge nee man, nou het jy my net uitgehonger om te hoor wat jy nog wil sê.

Baie groete vir jou hoor en dankie vir wat jy doen, ek glo ook nie jy besef altyd wat jou boodskappe beteken nie, elke saadjie word 'n boom in die tuin van die lewe.

Ek wag vir jou volgende een.

Annalise Botma.

Die gedagte uit die Woord wat Annalise gelees het was:

Daar is ‘n Hemel maar daar is ook ‘n hel.