AGT UUR IN DIE HEMEL …
Sakkie Parsons
Iemand het vir my iets gestuur oor iemand anders wat beweer dat hy 8 uur in die Hemel gewees het en my, my opinie gevra oor dit wat die persoon vertel oor wat hy beleef ensovoorts het.
My persoonlike opinie is, dat ‘n mens baie, baie versigtig moet wees voordat jy die soort ding sommer as Evangelie aanvaar.
Ek toets hierdie soort ding altyd aan dit wat ek in die Woord vind en alhoewel ek nie self eintlik aandag aan hierdie, kom ons noem dit maar “nuwe openbarings” gee nie, het ek self nog nie een teëgekom wat volgens my opinie die toets van die Woord soos ek die Woord lees, geslaag het nie – en hier is dit weer nie anders nie.
Ek gaan nou nie hier alles weer plaas wat die persoon aan my gestuur het nie, bloot omdat ek nie dink dat dit werklik iets is wat behoort gelees te word nie maar ek wil graag tog met jou my antwoord deel aangaande die skrywe aan my.
Hier dan is my antwoord aan die persoon, net sodat jy kan sien, wat ek bedoel, as ek sê, dat ek die soort ding met die maatband van die Woord/Bybel meet.
Alle sogenaamde openbarings, of nuwe openbarings, eintlik moet ek sê, veral die sogenaamde “nuwe openbarings,” meet ek aan die Skrif. Gelukkig was ek nog nie met almal gekonfronteer nie, maar almal wat ek wel mee te doen gekry het, wat ek met die Skrif as maatband gemeet het, het vêr tekort geskiet en hier is dit na my beskeie mening weereens die geval.
Laat ek net weer verduidelik hoe ek met die Woord hierdie soort ding meet:
Die belangrikste waarna ek kyk, is of in die “openbaring” alles wat gesê of plaasgevind het, ooreenstem met die Woord.
Anders gestel, niks in wat gesê word, mag selfs amper verskil met dit wat ek in die Woord lees nie en ek is bevrees in hierdie sogenaamde “openbaring” of wat dit ook al genoem wil word, skiet die wat dit ook al is, vêr tekort.
Ek gaan werklik nie deur die hele lang gedeelte weer ‘n keer gaan om jou stap vir stap te wys wat ek ‘n probleem mee het nie maar ek volstaan net met die volgende:
Die Woord sê vir my, dat Mígael die vors, of dan as jy dit so wil, die beskermengel van Israel is.
Dan 10:13-21
13 maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië.
14 Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms.
15 En terwyl hy hierdie woorde met my spreek, het ek my aangesig na die grond gedraai en stom geword.
16 En kyk, een wat soos ‘n mens gelyk het, het my lippe aangeraak. Toe het ek my mond oopgemaak en gespreek en aan hom wat teenoor my staan, gesê: My heer, deur die gesig het krampe my oorval en het ek geen krag oorgehou nie.
17 En hoe kan so ‘n geringe kneg van my heer met so ‘n heer van my spreek? Wat my aangaan, bestaan daar nou geen krag in my nie, en geen asem het in my oorgebly nie.
18 Toe het die een wat soos ‘n mens gelyk het, my weer aangeraak en my versterk
19 en gesê: Wees nie bevrees nie, geliefde man, vrede vir jou, wees sterk, ja, sterk! En terwyl hy met my spreek, het ek moed geskep en gesê: My heer kan maar spreek, want u het my versterk.
20 Toe sê hy: Weet jy waarom ek na jou gekom het? Ek moet dan nou teruggaan om te veg met die vors van die Perse; en as ek heengegaan het, kyk, dan kom die vors van Griekeland.
21 Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek van die waarheid; en daar is nie een wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle vors Mígael.
In hierdie ‘openbaring’ egter, word vir ons gesê:
“This person came to about the distance of about 4 meters from me. This being was beautiful, even more beautiful than the other angels. I expected him to speak to me, but what he did was look at me for a little while and shout, “I am! I am Michael
the archangel who is in charge of guarding you and the church on the earth!” I met the archangel Michael face to face and he was a precious being!
Amper die ergste vir my in dit wat jy nou net gelees het was dit:
“I am Michael the archangel who is in charge of guarding you and the church“
Ek sê dit was amper die ergste. Die érgste was vir my: “I am!”
Die Jehova Getuies glo en hulle verkondig dat Jesus die reïnkarnasie van Mígael is en satan sal natuurlik graag wil dat jy en ek dit ook glo.
Vir my is daar net een “I AM.”
EXO 3:14 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.
Wie is hierdie groot “EK IS?”
JHN 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
JHN 8:57 Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien?
JHN 8:58 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.
Terloops die Jehova Getuies vertaal Johannes 1:1 verkeerdelik as volg:
JHN 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was ‘n God.
Ek wil ook iets sê oor die volgende:
Jy skryf, hy sê dat Jesus vir hom gesê het:
But, in my church there are many thieves who steal my tithes and offerings! Tell my people that no thief will enter my kingdom in heaven!”
DIT IS HIERDIE GEDEELTE WAT MY WEER LAAT DINK
Dit het my ook weer maar met ‘n glimlag laat dink.
Onthou jy die storie van Ananías en Saffíra?
Ons Here het hulle nie gestraf omdat hulle ‘n deel terug gehou het nie, gewoon omdat ons Here dit vir hulle gegee het. Dit was hulle s’n om mee te maak soos hulle wil.
Wat hulle nie moes gedoen het nie, was om te lieg en die mense onder ‘n verkeerde indruk te bring.
HAN 5:3 Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?
HAN 5:4 As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.
Kyk net weer mooi na hierdie gedeelte.
HAN 5:4 As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.
Dit wat ons Here vir my gegee het, is myne om mee te maak soos ek goed dink maar ek Sy kind moet onthou:
2KOR 9:6 Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.
Die man skryf ook, dat die engel vir hom gesê het:
“I am not the one who will escort you to heaven, because I am your guardian angel.”
So vêr as my kennis strek kom die woorde “guardian angel” nêrens in die Woord voor nie. Om nie eens te praat van “beskerm engel” nie. Bloot omdat soos ek die Woord verstaan, daar nie vir ‘n mens wat die stadium van toerekenbaarheid bereik het, so iets soos ‘n “beskerm engel” is nie.
Ek laat my dan of deur ons Here se Heilige Gees of deur satan lei maar beslis nie deur ‘n “guardian” of beskerm engel nie.
Weer sê ek:
Ons Here mag van tyd tot tyd ‘n engel gebruik om my die een of die ander te vertel of te wys maar dit is nie my “guardian angel” of beskerm engel nie.
GAL 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Ek sê weer:
Ek as kind van ons Here word nie gelei deur ‘n “guardian angel” nie. Ek word net deur die Heilige Gees gelei.
Ons Here mag van tyd tot tyd ‘n engel na my stuur om my iets mee te deel, maar as hy dit gedoen het gaan hy weer weg.
Ek stuur hierna dit wat ek oor hierdie onderwerp van “ beskerm engel” geskryf het, aan jou as jy dit wil lees.
Groete
Sakkie