BESTAAN DAAR IETS SOOS ‘N NABY-DOOD-ERVARING?

BESTAAN DAAR SO IETS SOOS ‘N NABY-DOOD-ERVARING?

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my en vra, wat hier op neerkom:

Wat sien ons in die Woord oor “Near death experience?”

Eerstens dan,

Daar is geen direkte voorbeelde in die Woord, van mense wat ‘n “Naby-dood-ervaring” ervaar het nie.

Tog is daar na my mening wel ‘n verwysing  na iets soortgelyk.  Ek sê iets soortgelyk, want die man met wie dit gebeur het, weet self nie of hy ‘n visioene gesien het, en of dit ‘n wat ons ‘n “Naby-dood-ervaring” was wat met hom gebeur het nie.

Voor ek verder gaan moet ek ook net noem, dat daar teoloë is, wat eerstens sê – en hulle is reg – dat ons nie met sekerheid kan sê, dat dit Paulus was met wie dit gebeur het nie maar ek glo, soos ek die Woord lees, dat dit wel van homself is wat hy praat.

Tweedens sê hulle dat die man verseker net ‘n visioen gehad het en dit na my mening is heeltemal verkeerd en ek sal jou wys hoekom ek so sê.

Ek gaan nou met jou deel hoe ek uit die Woord verstaan, dat daar wel so iets bestaan as ‘n “Naby-dood-ervaring”

Ek moet egter dadelik, dit baie duidelik stel dat wat ek in my lewe al in die verband gehoor het, verreweg die meeste van sulke “Near death experience” gevalle wat ek al gehoor het, gewoon net (en ek gebruik hier my groot held Paulus se woord, toe hy hom sterk oor gemors uitgedruk het), en ek sê, verreweg die meeste gevalle wat ek al van gehoor het is gewoon sommer net drek.

As jy wil weet hoe sterk ek oor dit voel wat ek nou gesê het, gaan lees in ‘n verklarende woordeboek wat daar oor die woord “drek” geskryf staan.

As jy van so iets soos ‘n “Naby-dood-ervaring” hoor, bid daaroor, luister dan baie mooi in jou hart na wat die Heilige Gees in jou hart vir jou sê, rondom dit wat jy gehoor het met wat jy in die Woord vind, oor wat jy gehoor het – en as dit net amper, en ek herhaal, as dit net amper met die Woord verskil dan, eerstens verwerp dit dadelik. 

Dit is dan verseker satan wat die een of ander bose plan, wat jou geloof aanbetref met jou het en as jy satan ‘n halwe kans gee, het jy klaar wat sy bose plan aanbetref, heeltemal verloor.

Onthou met wie jy dan te doen het, die god van die bose.

Nou goed.

Eerstens, hoe sien ek ‘n “Naby-dood-ervaring”?

Dit is iemand wie die een of ander trauma ervaar het, wat so groot was, dat hulle in ‘n koma van die een of ander aard gegaan het.  As ek sê “van die een of ander aard,” bedoel ek byvoorbeeld, ‘n baie diep, of ‘n koma wat nou nie so diep was nie. Of dit kon ‘n baie lang koma gewees het, of ‘n koma wat nie so baie lank was nie.

Kom ons begin dan nou met die gedeelte uit die Woord wat ek wil gebruik:

2KOR 12:2-4 

2 Ek weet van n man in Christus, veertien jaar geledeof dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet ditdat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.

En ek weet van so n manof dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit

dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat n mens nie mag uitspreek nie.

Hoekom verskil ek met mense wat sê dat dit wat die man, van wie hier gepraat word, ‘n visioen ervaar het?

“Wel vir my is dit taamlik eenvoudig.

As jy ‘n visioen gekry het, wonder jy nie, of jy dalk dood gewees het toe jy dit gekry het nie.

Die profete in die Bybel byvoorbeeld, het nie gewonder of hulle buite hulle liggame of binne hulle liggame was, toe hulle hul visioene gekry het nie en Paulus skryf:

2KOR 12:3  En ek weet van so n manof dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit

2KOR 12:4  dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat n mens nie mag uitspreek nie.

Baie mense, waarvan ek een is, glo, dat die gebeurtenis waarvan Paulus hier in

2 Korinthiërs 12:2-4 praat, die gevolg was van wat daar in Handelinge 14:19-20 plaasgevind het:

HAN 14:19  Maar daar het Jode van Antiochíë en Ikónium aangekom, en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het, Paulus gestenig en hom buitekant die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood was.

HAN 14:20  Maar toe die dissipels hom omring, het hy opgestaan en in die stad gekom en die volgende dag saam met Bárnabas na Derbe vertrek.

Dan –

Daar is baie gevalle van “Naby-dood-ervaring,”  waar mense kort nadat hulle tot hulleself gekom het, vertel het wat hulle ervaar het, wat baie met ander mense, wie dieselfde soort trauma of omstandighede deurgegaan het, gebeur het en dat hulle in sommige gevalle, dit met mense deel, nog voor hulle heeltemal volle houvas oor hulleself het.

So, ek persoonlik, glo dat daar mense is wat werklik ‘n “Naby-dood-ervaring” ervaar het,  maar en ek wil dit benadruk:  Volgens wat ek alles in die verlede gehoor het, is na my persoonlike mening, ‘n baie groot persentasie van hierdie “Near death experiences” sommer net opgemaakte drek.

My raad aan mense wie met hierdie “Naby-dood-ervaring” te doen kry, is:

Bid oor die saak en luister dan fyn met jou geestelike ore na die Heilige Gees, wanneer jy dan deeglik met die Woord as jou maatstaf, dit toets wat vir jou vertel was.

Ek sluit dan hierdie skrywe af met 3 vrae, wat ek glo, jy jouself altyd moet vra – voor jy ‘n berig oor”Near death experience,” of dan “Naby-dood-ervaring” of enige ander wat jy deur die sosiale netwerke of internet ontvang, of self gaan kry het –  jy dit glo en of jy dit behoort uit te stuur.

Eerstens:

Is dit wat ek nou gelees of gesien het en nou gaan uitstuur, tot die eer en verheerliking van ons Here?

Tweedens:

Is dit wat ek nou gelees of gesien het en nou gaan uitstuur, tot die bevordering, of tot die benadeling van die Liefdes-evangelie van Jesus Christus?

Derdens:

Is dit wat ek nou gelees of gesien het, tot die voordeel, of tot die nadeel van my naaste?

Gebruik dan die volgende gedeelte uit ons Here se kosbare Woord, as jou maatstaf in jou antwoorde op hierdie 3 vrae, voor jy dit uitstuur:

FIL 4:8  Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik iswatter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

Groete,

Sakkie

E-pos:  bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:  www.sakkieparsons.co.za

Sel:                         083 457 6669

Judas 1:24-25 „Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,  aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereëlde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na:   bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.

Sommige Gedagtes uit die Woord is ook in Engels beskikbaar.

Indien jy dit met een van jou Engelse vriende wil deel, kan jy my net vra en ek stuur dit aan jou.

Ek sal ook, as jy my vra, vir jou ‘n lys stuur van al die Afrikaanse gedagtes uit die Woord wat tot op datum vertaal is.  Waar jy dan self kan besluit watter gedagte uit die woord om met jou Engelse vriende te deel, jy van my wil bestel en dit is natuurlik alles gratis.