DIE CHRISTELIKE GODSDIENS VERSKIL HEELTEMAL VAN ANDER GODSDIENSTE

DIE CHRISTELIKE GODSDIENS VERSKIL HEELTEMAL VAN ALLE ANDER GODSDIENSTE

Sakkie Parsons

Iemand het my gevra of ek nie die verskille tussen ons Christene se geloof en die Hindoe geloof wil uitlig nie.

Ek deel met jou in kort wat ek weet maar eintlik wil ek met jou in hierdie skrywe oor iets anders deel.
Eers oor die Hindoe geloof.
Die Hindoe geloof is so ‘n komplekse geloof, dat dit heeltemal onmoontlik, vir my in elk geval is, veral met my beperkte kennis, om in een skrywe al die verskille uit te lig want ek het maar ‘n baie oppervlakkige kennis van hierdie geloof.
Eintlik het ek nie werklik die tyd, of lus om veel energie op ander gelowe te spandeer nie.
Ek sê maar soos wat my groot held Paulus dit ook gestel het.
Buiten soos nou as ek ‘n vraag gevra word en ek kan ‘n bietjie help, is my sienswyse eintlik.

1KOR 2:2  want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.

So, ek noem vir jou net twee verskille wat na my mening die Christengeloof en die Hindoe geloof so vêr van mekaar laat verskil, omtrent so vêr as die ooste verwyderd is van die weste.
Die eerste wat ek wil noem is ‘reïnkarnasie’.
Vir die wat so ‘n bietjie, soos liewe heksie sou gesê het:
“’n Bietjie gevergeet het” –
Die HAT woordeboek sê van reïnkarnasie onder andere die volgende:

1. Weer vleeswording v.d. siel by die leer van sielsverhuising.
2. Aanneming na die dood van ’n stoflike gedaante en voortsetting v.d. lewe op aarde.”
In my leke-taal: Om te sterf en weer in ‘n ander gedaante lewendig te word en weer te sterf en weer in ‘n ander gedaante lewendig te word.  Amper skryf ek “en dit gaan aan tot vervelens toe.”

Vervolgens is daar hulle ‘veelgodedom’.
Daar is, soos ek dit sien, ‘n groot verskeidenheid van gode.  Wat op sigself tot ander probleme lei.
Byvoorbeeld, wat aanvaarbaar vir een god is, is nie noodwendig vir ander van hulle gode aanvaarbaar nie.

Ek noem een voorbeeld waarop ek in my ondersoek af gekom het:
Dit is aanvaarbaar om jou kind aan die god ‘kali’ te offer maar dit is nie vir van die ander gode aanvaarbaar, dat jy jou kind offer nie.
So dit kan gebeur dat jy die een god laat glimlag en die ander god terselfdertyd kwaad maak.

Nou vir dit wat ek eintlik met jou wil deel, naamlik die een en ander wat die Evangelie van Jesus Christus so uniek, so absoluut enig in sy soort maak, as dit by godsdienste kom.

Nie almal weet dit nie maar daar is byvoorbeeld geen geloof wat soveel geloofwaardige antieke dokumente het, wat mekaar se geloofwaardigheid ondersteun soos die Christelike geloof nie.

Dan, in geen ander geloof is daar na my mening soveel profesieë wat reeds vervul is nie en wat meer is, wat so presies, om dit so te stel, tot op die letter vervul is nie.
Ek het die profesieë in die Woord nie self getel nie maar volgens groot teoloë is daar honderde, waarvan heelwat al klaar in vervulling gegaan het.

Ek gaan terwille van die lengte van hierdie skrywe sommer “at random” net drie met jou deel wat klaar in vervulling gegaan het.  Een uit elk van drie van die Evangelies.
Eendag staan ‘n profeet op en hy profeteer:

JER 31:15  So sê die HERE: ‘n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie.

Honderde jare later word die profesie vervul:

MAT 2:16  Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.
MAT 2:17  Toe is vervul wat deur Jeremia, die profeet, gespreek is toe hy gesê het:
MAT 2:18  ‘n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie.

By ‘n ander geleentheid staan ‘n profeet op en hy profeteer:

JES 53:12  Daarom sal Ek Hom ‘n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.

Honderde jare later, gaan ook hierdie profesie in vervulling:

MRK 15:27  Hulle het ook twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regter— en een aan sy linkerkant.
MRK 15:28  En die Skrif is vervul wat sê: En Hy is by die misdadigers gereken.

By geleentheid skryf koning Dawid ‘n Psalm en in die Psalm profeteer hy:

PSM 22:17  Want honde het my omsingel; ‘n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.
PSM 22:18  Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!
PSM 22:19  Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.

Honderde jare later, gaan die profesie in vervulling:

JHN 19:23  En toe die soldate Jesus gekruisig het, neem hulle sy klere en maak vier dele, vir elke soldaat ‘n deel, en die onderkleed; maar die onderkleed was sonder naat, van bo af in een stuk gewewe.
JHN 19:24  En hulle het vir mekaar gesê: Laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot daaroor werp, wie s’n dit sal wees—sodat die Skrif vervul sou word wat sê: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad het hulle die lot gewerp. Dit het die soldate dan gedoen.

Vir my persoonlik, as iemand my vra, wat maak die Evangelie wat ek verkondig heeltemal anders as die ander gelowe, gebruik ek graag die volgende twee buite Bybelse voorbeelde, omdat die mense wat my hierdie soort vrae vra, in elk geval nie die Bybel as geloofwaardig beskou nie:

Die eerste buite Bybelse voorbeeld, waar die Christelike godsdiens na my mening geheel en al van alle ander godsdienste verskil is dit:

Die Evangelie wat ek, as gevolg van die genade wat ons Here my gegee het,  verkondig, is die enigste Evangelie, waar die mens nie eerste uitreik na God nie maar deur die Evangelie van Jesus Christus, het God na die mens uitgereik en doen Hy dit nog vandag.  Hy het toe en Hy strek nog vandag albei Sy arms in groot wonderlike Goddelike liefde eerste na ons uit.

GAL 4:4  Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, …

JHN 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
JHN 3:17  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

JHN 1:12  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
JHN 1:13  wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.

My tweede buite Bybelse voorbeeld van hoe die Christelike godsdiens heeltemal van
alle ander godsdienste verskil, is die volgende:

Nét die Naam JESUS gee my toegang tot God en satan weet dit baie, baie, baie
goed.

Daarom dan ook, dat satan dit reggekry het, dat die Christen-godsdiens, die enigste
godsdiens van al die godsdienste in die hele wêreld is, waar die Verlosser en
Saligmaker se Naam, die enigste Naam waardeur die mens gered kan word en wat
die mens moet gebruik, as sy/hy werklik met God wil kommunikeer, dat dit ook deur
die mens as ‘n vloek / kragwoord gebruik word.

Hoekom het satan dit so bewerkstellig?
Want satan weet baie goed, dat dit heeltemal onmoontlik vir ‘n mens is, om werklik
kommunikasie met God te hê, as jy eers vir God demonstreer, dat jy so min van Sy
Seun se Naam dink, dat dit vir jou niks is, om Jesus se Naam as ‘n vloek / kragwoord
te gebruik nie en dat jy ook vere voel as mense om jou, of die programme, flieks ens
dit gebruik jy sal dit verdra, daarna luister, kyk en geniet.

So het satan dit dan reggekry dat mense, ook baie mense wat die Christelike geloof
aanhang, eintlik moet ek sê, verál mense, wat die Christelike geloof aanhang, ten
spyte wat satan hulle laat glo, hulle geen kommunikasie met ons Here het nie.

Die wáre Christen weet, dat sy/hy niks in haar/sy Christen lewe kan doen as sy/hy dit
nie in die Naam van Jesus Christus doen nie.

KOL 3:17  En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

Hoe heerlik vir die ware Christen, omdat hy/sy weet.

HAN 4:12  En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Hoe kan dit ook anders, want God wat mens geword het, soos die Woord sê:

JHN 1:1  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

JHN 1:14  En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.

Hierdie God wat mens geword het., het hierdie Goddelike woorde gespreek:

JHN 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Ek dink so aan al hierdie dinge en ek jubel in my gees, omdat ek hierdie heerlike
Wete het:

FIL 2:9  Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is,
FIL 2:10  sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,
FIL 2:11  en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

As jy na die lees van hierdie skrywe voel, dat dinge tussen jou en ons Here nie is wat
dit moet wees nie –
Of, as jy weet daar was nog nooit ‘n liefdesverhouding tussen jou en Jesus nie, dan
my vriend / vriendin, reik God weer vandag eerste uit na die mens en hierdie keer na
jou persoonlik.

OPG 3:20  Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
OPG 3:21  Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

As jy weg gedwaal het en jy wil ‘n nuwe oorgawe aan ons Here maak, of as jy jou
hart vir die eerste keer vir Jesus wil oopmaak, sê dit sommer net daar waar jy is vir
Hom.

Dan soek jy as ‘n saak van groot dringendheid ‘n Christelike gemeente wat getuig,
dat hulle die hele Bybel as die onfeilbare Woord van God aanvaar.
Gaan dan na een van hulle dienste, ontmoet die herder en maak ‘n afspraak met
hom, sodat jy verdere leiding kan kry.

Groete,
Sakkie