DIT IS SELFS NOG NADER AS WAT JY GEDINK HET

DIT IS SELFS NOG NADER AS WAT JY GEDINK HET

Sakkie Parsons

Iemand het vir my die volgende gestuur en ek deel graag met jou wat in my hart opkom as ek hierdie soort ding lees of soortgelyke dinge ervaar.

Hier dan is eers onder andere ‘n gedeelte van dit wat destyds aan my gestuur was:

“Lees asb die onderstaande e-pos, dit is waarheen die wêreld se mense wil hê ons moet gaan.

Hier is prentjies aangeheg maar ek weet jy kan dit nie sien nie so ek sal maar gou vir jou sê wat op dit staan.  As jy die e-pos hier onder lees sal jy verstaan waaroor dit gaan.  Dit is vreeslik dat mense nou al so laag daal.  Dit lees:”

“I’m an atheist and that’s it.  I believe there’s nothing we can know except that we should be kind to each other – and do what we can for other people.  There is probably no God.  Now stop worrying and enjoy your life.”

Die afgelope week het daar ‘n nuwe advertensie veldtog op Londen se rooi busse en in die tubes begin. Dit lees: “There’s probably no God. Now stop worrying and enjoy your life.”

[ BBC nuusartikel:

http://news.bbc.co.uk/1/hi/england/london/7681914.stm )

Die oorspronklike advertensie het gelui: “There is no God…” maar volgens Britse advertensie wette moet mens dit wat jy in ‘n advertensie sê kan bewys, en hulle is dus gedwing om die woord “probably” in te sluit.

Ek heg foto’s van een van die busse en van ‘n tube advertensie aan.

Alhoewel ek nie self hierdie foto’s geneem het nie, het ons al self hierdie advertensies gesien.

Die projek is in Oktober verlede jaar bekendgestel deur Prof. Richard Dawkins, bekende ateïs en skrywer van die boek ‘The God Delusion’.

Hier is dan hoe ek hierdie en soortgelyke gebeure om my ervaar:

Soms as ek opstaan in die oggend en met my dagtake begin, kom daar in my gedagtes op, dat dit nog een slapie minder is voordat  Jesus my kom haal.

Dan hoor of  beleef ek iets soos hierdie en so ‘n heerlike gevoel kom in my hart op, as ek vir myself sê:

“Ou Sakkie dit is selfs nog nader as wat jy gedink het.”

Dan is dit ook as of ek van êrens af ‘n inspuiting kry en wil ek sommer so ‘n bietjie ekstra “effort” insit, om siele vir Jesus te wen, as ek dink aan die verloregaande wêreld om my.  Want sien, dit is maar net nog een van die tekens van die tye.

Kom ek wys jou gou wat ek bedoel:

Vir my een van die hartseerste uitsprake om dit so te stel, wat ooit oor die laaste dae gesê was, is wat ons Here Jesus self gesê het.  Net deur dit weer hier vir jou te skryf bring trane in my oë.

Dink net as jy dit nou lees –

Ons Here Jesus het dit gesê nog voordat Hy daardie verskriklike prys betaal het.

Hoe absoluut “sad” is die Woorde wat ons Here sê en dit terwyl Hy nog op pad na Golgota is, juis omdat Hy mense wil red.

Luk 18:8   … maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?

Glo my, dit is nie vir ons Here ‘n verrassing dat hulle doen wat hulle doen nie.  Daarom is dit vir my hartseer maar ook nie snaaks as ek sulke dinge lees nie.  Want ek onthou wat ons Here gesê het en ook deur sy apostels laat skryf het.  Daarom lees ek ook tussen die lyne van dit wat jy vir my gestuur het:

2PET 3:3  Heel eerste wil ek julle herinner dat daar in die laaste dae mense op die toneel sal verskyn wat die waarheid bespotlik maak en doen net waarvoor hulle lus is.

2PET 3:4  Hulle sal soos volg redeneer:  “Jesus het belowe Hy sal terugkeer, nie waar nie?  Nou maar wat het van daardie belofte geword?  Julle weet self:  So ver terug as wat mense kan onthou, van die skepping af, bly alles nog net soos dit was.”

In ‘n ander Vertaling lees 2PET 3:3-4 so:

2PET 3:3 Die belangrikste ding wat julle moet onthou, is dit: daar sal in die laaste dae mense wees wat doen net wat hulle wil. Hulle sal probeer om julle belaglik te maak en sal vra:

2Pet 3:4  “Waar bly Christus dan so lank? Het Hy nie belowe om terug te kom nie? Kyk hoe lank is dit nou al dat ons voorvaders dood is, en tog bly alles net soos dit was van die begin van die wêreld af.”

Buiten vir dit wat jy vir my gestuur het om te lees, kyk ek om my en ek sien ook nog

die volgende:

2TIM 3:1-5 

1 Jy moet ook dít weet Timoteus, dat daar gedurende die laaste dae

      moeilike tye sal kom.

2  Want mense sal net hulleself en hulle geld liefhê.  Hulle sal grootpraterig en arrogant wees, met God spot, ongehoorsaam aan hulle ouers en ondankbaar.  Hulle sal niks as heilig beskou nie.

3  Hulle sal liefdeloos en onvergewensgesind wees;  hulle sal ander mense belaster en geen selfbeheersing hê nie;  hulle sal wreed wees en geen belangstelling hê in wat goed is nie.

4  Hulle sal hulle vriende verraai, roekeloos wees, hooghartig, en hulle sal plesier liewer hê as vir God.

5  Hulle sal optree asof hulle godsdienstig is, maar dit wat aan die Christelike godsdiens sy innerlike krag gee, ignoreer.  Jy moet wegbly van sulke mense af.

Ja, soos wat jy nou ook veral in 2TIM 3:5 gelees het sal hierdie toedrag van sake

ook nie uit die kerk uit bly nie.

2TIM 4:3  Want daar kom ‘n tyd wanneer mense nie meer na die regte onderrig sal luister nie.  Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle wil hoor.

2TIM 4:4  Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg.

So, wat sien ons en sal ons sien?

2TIM 3:13  Maar bose mense en indringers sal floreer.  Hulle sal aanhou om mense te mislei, en hulle sal self mislei word.

Kyk nou wat sê ons Here Jesus en dit is waarom ek so heerlik opgewonde raak as

ek hierdie soort ding lees.  Let veral op na MAT 24:13. 

Mat 24:11  “Daar sal ook talle vals profete verskyn en hulle al baie mense op ‘n dwaalspoor bring.

Mat 24:12  Die sonde sal sodanig toeneem dat baie se liefde sal afkoel.

Mat 24:13  Maar elkeen wat enduit volhard, sal gered word.”

Kom ek en jy hou net aan om te doen wat die Woord vir ons sê:

Heb 3:13  Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” van genade nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde innerlik verhard word.

Heb 3:14  Want as ons enduit stewig bly vashou aan die vertroue op God waarmee ons oorspronklik begin het, sal ons deel in alles wat aan Christus behoort.

Heb 3:15  Julle moet egter nooit die vermaning vergeet nie:  “Vandag wanneer julle Sy Stem hoor, moet julle nie julle harte verhard soos Israel gedoen het toe hulle gerebelleer het nie”

Hoe heerlik gerusstellend kan ons almal oor Jesus se wederkoms wees.  Ons op wie die volgende van toepassing is:

1PET 1:6-9 

6  Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ‘n rukkie laat swaarkry.

7  Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word.  Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word, en onthou:  Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud.  As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit of lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word.

8  Hom het julle lief, al het julle Hom nooit gesien nie.  Al sien julle Hom nou nie, vertrou julle op Hom;  julle kan die wonderlike blydskap wat julle in julle voel, eintlik nie onder woorde bring nie.

9  Julle ervaar hierdie blydskap, want julle is reeds besig om julle finale redding, wat die doelwit van julle geloof is, te verkry.

So, terwyl jy en ek so ‘n groot wolk van getuies, van die tekens van die tye om ons

het, laat ons vol heerlike opgewondenheid in die tyd wat ons lewe, doen wat ons in

die Woord lees:

Heb 12:1  Met so ‘n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kry.  Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê,

Heb 12:2  ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun.  Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur.  Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon!

Dan, as Jesus ons kom haal – Of dit is wanneer ons ontslaap, of wanneer die

wegraping plaasvind, kan ons dit uitjubel!

2TIM 4:7  Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly.

In die tussentyd, dink net daaraan –

Wat Jesus se koms aanbetref

Hoe heerlik!  Dit is selfs nog nader as wat jy gedink het.

Groete,

Sakkie

E-pos:  bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:  www.sakkieparsons.co.za

Sel:                         083 457 6669

Judas 1:24-25 „Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,  aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereelde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na:   bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.