DRAAI TERUG NA JESUS CHRISTUS
Sakkie Parsons
As jy voel dat jy vêr van ons Here af is, draai onmiddellik om.
Jy moes in die eerste plek nie in daardie rigting beweeg het nie.
Jy moes nie eens in daardie rigting gedink het nie.
SAG 1:3 Sê daarom vir die volk: ‘Dit is wat die HERE die Almagtige sê: Draai om na My toe en Ek sal na julle toe omdraai, sê die HERE die Almagtige.”
JOB 22:23 As jy terugkeer na die Almagtige en jou lewe skoonmaak, sal jy herstel word.
JER 8:4-6 Die HERE sê: As ‘n mens struikel en val, staan hy dan nie weer op nie?
En as ‘n mens van die pad afdwaal, kom hy nie weer terug nie?
Waarom bly hierdie volk dan in hulle dwaling? Waarom bly Jerusalem (My kinders) dan ontrou?… en weier om terug te kom na My toe?…Niemand voel sleg oor sy sonde of vra hom af wat hy gedoen het nie – hulle hou eenvoudig aan op dieselfde koers..
JER 8:7 Selfs die trekvoëls weet wanneer om terug te kom – die ooievaar, die duif, die swaeltjie en die kraanvoël…
GOD vra aan jou hierdie vraag: Hoekom kom jy nie terug na HOM nie?
As jy verkeerd gedoen het, hoekom nie berou en terugkeer nie? HY verwag dit van jou… Hy weet jy is net ‘n nietige mens.
PRE 7:20 “Want daar is niemand op aarde wat regverdig is nie, niemand wat net goeddoen en nooit sondig nie.
JES 55:6 Soek die HERE terwyl HY nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.
JES 59:20 “Die Redder sal kom na Sion, Hy kom as Verlosser vir almal in Jakob wat hulle van hulle sondes bekeer,” sê die HERE.
JES 1:18 Kom nou, laat ons die saak uitpraat,: sê die HERE. “Maak die saak hoe diep die vlek van julle sonde is nie, Ek kan dit verwyder. Ek kan julle so skoon maak soos sneeu wat pas geval het. Selfs al is die vlek so rooi soos purper, Ek kan julle wit maak soos wol.
JESUS het die volgende illustrasie gebruik:
LUK 15:4-7 As jy 100 skape het en een het verdwaal en verlore geraak, sal jy nie die 99 ander net daar laat staan en die een gaan soek tot jy hom kry nie? 5 En dan sal jy hom met blydskap op jou skouers huis toe dra. 6Wanneer jy tuis is, sal jy jou vriende en bure roep om saam bly te wees omdat jy jou verlore skaap gevind het. 7Net so sal die hemel blyer wees oor een sondaar wat tot inkeer kom as oor 99 ander wat regverdig is en nie afgedwaal het nie!”
Groete,
Sakkie