HOE KAN MENS IEMAND LIEFHÊ AS DAARDIE PERSOON JOU SEERGEMAAK HET?

HOE KAN MENS IEMAND LIEFHÊ AS DAARDIE PERSOON JOU SEERGEMAAK HET?

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my as volg:

Hoe kan mens iemand liefhê as daardie persoon jou seergemaak het?  Hoe werk daardie een? 

Ek wil graag vandag met jou oor die liefde praat.  Maar ek wil ook hier aan die begin noem dat jy iemand wat jou seergemaak het, van harte moet kan vergewe soos die Woord ons leer:

Jesus vertel die gelykenis in Matteus 18 vanaf vers 21, wat jy heerlik kan gaan lees van die man wie se skuld deur die koning afgeskryf was, maar wat nie sy medemens se skuld wou afskryf nie.  Die Koning vind dit uit en die man word toe oorgegee om gemartel te word tot al sy skuld betaal was – en dan sê Jesus:

MAT 18:35 “So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.”

Vergifnis kom makliker as mens daaraan dink hoeveel keer ons ons liefste Here Jesus so diep seermaak en dit nadat Hy so soveel smarte vir ons gely het.

Vergifnis kom ook makliker as mens daaraan dink dat jy ook al ander mense seergemaak het.

Maar ek wil graag begin deur iets te noem wat baie mense verkeerd het, en daarom ook nie liefde kan beoefen soos wat ons dit uit ons Here se Woord behoort te verstaan, en hoe Hý wil dat ons die regte soort liefde moet deurgaans aan werk en uitlewe nie.

Baie mense, en ek het amper geskryf die meeste mense, verstaan liefde as ‘n emosie – maar liefde is verseker nie ‘n emosie nie.

Liefde is, om dit so te stel, ‘n aksie, of dan as jy wil, ‘n werk.  Iets wat jy moet doen en vir die meeste van ons ‘n baie harde werk.

Laat ek kortliks verduidelik.

Ek kan nie na jou kom en vir jou sê:

“Wees asseblief hartseer nie.”

Jy gaan nie dan kan hartseer wees nie, gewoon omdat jy op daardie oomblik niks het om hartseer oor te wees nie, want hartseer is, om dit so te stel, ‘n emosie.

Dieselfde gaan byvoorbeeld vir blydskap, opgewonde of kwaad wees.  Want dit is alles emosie.

Liefde is natuurlik vol emosie maar liefde self is ‘n aksie / werk, en soms ‘n baie harde werk.

Dan kry jy natuurlik baie kategorieë in liefde.

Soos liefde vir ons Here, liefde  vir jou lewensmaat, wat nie dieselfde is as liefde vir ons Here nie.

Liefde vir jou kinders, wat nie dieselfde liefde is as vir jou lewensmaat nie.

Liefde vir jou naaste, wat natuurlik ook nie dieselfde as een van bogenoemde liefde is nie.

Nou, omdat ek volgens die Woord leef en die Woord as my hoogste gesag het, kom ons kyk volgens die Woord of ek reg is in my siening van liefde en dan kyk ons, soos ek dit noem na ons Here Jesus se, soos ek dit noem, Jesus se liefdeswet vir al Sy volgelinge en ek gebruik die eerste voorbeeld van 3 wat ek uit die Evangelies kon gebruik het.

MAT 22:36  Meester, wat is die groot gebod in die wet?

MAT 22:37  En Jesus antwoord hom: Jy moet (dit is ‘n opdrag/bevel, nie ‘n opsie nie) die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Dit is ‘n opdrag/bevel, wat jy neem, joune maak en met die liefdevolle genade en hulp van die Heilige Gees altyd aan werk, omdat jy daarna strewe om ‘n al hoe dieper liefdesverhouding met ons Here te hê.

MAT 22:38  Dit is die eerste en groot gebod.

MAT 22:39  En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet(dit is ‘n opdrag/bevel, nie ‘n opsie nie) jou naaste liefhê soos jouself.

Dit is ‘n tweede opdrag/bevel, wat jy neem, joune maak en met die liefdevolle genade en hulp van die Heilige Gees altyd aan werk, omdat jy daarna strewe om ‘n al hoe dieper liefdesverhouding met ons Here te hê.

MAT 22:40  Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

Daarom kon my groot held Paulus by geleentheid in sy verkondiging van die Evangelie van Jesus, as volg oor Jesus se liefdeswet skryf:

ROM 13:8-10 

8 Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat n ander liefhet, het die wet vervul.

9  Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

10  Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.

Ek deel gou met jou die volgende, wat vir baie ‘n verborgenheid is en ook sal bly, as

hulle nie hulle gesindheid verander nie.

Die Woord sê:

1KOR 13:13  En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

Sien jy wat het ons Here vir jou en my hier laat skryf?

Geloof in ons Here is vir Hom baie, baie belangrik maar my liefde vir Hom is vir

Hom baie meer belangrik, as selfs my geloof in Hom.

1KOR 13:13  En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

Hoop op ons Here is vir Hom baie, baie belangrik maar my liefde vir Hom is vir Hom

baie meer belangrik, as selfs my hoop op Hom.

1KOR 13:13  En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

Baie godsdienstige mense het ‘n oorvloed van omtrent alle aspekte van kind van

God wees – maar omdat hulle nie werklik liefde vir ons Here en of vir hulle medemens

het nie, leef hulle, in plaas van heilig, sonder dat hulle dit selfs besef, volgens ons

Here se standaard, baie godsdienstig – maar baie ver van God af.

Nou gaan ek ook weer nog iets sê wat ek reeds genoem het maar dit is net so ongelooflik belangrik dat ons liefde reg verstaan.

Vir my is liefde nie ‘n emosie nie.

Vir my is liefde ‘n aksie wat met emosie gepaard gaan.

Hartseer is ‘n gevoel.

As ek vir jou sê:  “Wees hartseer”, kan jy nie sommer net hartseer word nie.

Ek kan nie vir jou sê wees hartseer nie , want hartseer is nie ‘n aksie wat jy kan neem of nie neem nie.  Hartseer is ‘n emosie, wat opgewek word as gevolg van iets wat met jou gebeur.

Iemand kan nie vir my sê, dat ek moet nou hartseer of bly wees nie,  as daar nie iets op daardie oomblik is om my hartseer of bly te maak nie, want hartseer en blydskap is ‘n emosie.

Jesus sê, dat ons, ons Here moet liefhê en Hy sê dat ons, ons naaste moet liefhê.

Jesus gee ons ‘n bevel.

Hy beveel ons, om ons Here en ons naaste, ja selfs ons vyande, soos ek jou sal

wys, lief te hê.

Dit is iets waaraan ek moet werk – en ek kan daaraan werk, omdat liefde nie ‘n emosie

is nie, maar ‘n daadwerklike aksie wat met gevoelens soos toegeneentheid en/of

aangetrokkenheid gepaard mag gaan maar nie noodwendig daarmee hoef gepaard

te gaan nie.

Vir liefde, moet ek, om dit so te stel, aksie neem.  Dit gaan nie sommer net gebeur

nie, soos wat emosies soos hartseer en blydskap byvoorbeeld in my wakker word

omdat dinge met my gebeur nie.

Ons het, soos ek jou gewys het, ‘n bevel van ons Here gekry.  Dit is nie eens ‘n opsie vir die kind van God, wat ek as kind van God mag uitoefen of nie hoef uit te oefen nie.

Ek moet, soos ek reeds gewys het, die Here my God liefhê en my naaste soos myself.

Jesus sal my nie ‘n opdrag gee wat ek nie kan uitvoer nie.

Hy het my ‘n opdrag gegee en ek moet aksie neem en aan daardie opdrag werk.

Hoe meer ek aan hierdie opdrag van my Here aan my werk, hoe beter sal al die

ander dinge in my lewe, waar dit op my God en my naaste betrekking het, verbeter

en so sal ek ook heiliger en heiliger lewe.

Luister wat sê Jesus oor die liefde wat ‘n aksie, ‘n doen, of dan ‘n werk is, want Jesus stel dit by geleentheid baie, baie sterk.

Mat 5:44-48 

44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;

45  sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.

46  Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?

47  En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie?

48  Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.

Het jy gesien?

Ons kan selfs volmaak in hierdie saak wees, as ons hard genoeg probeer.

Jesus sal mos nooit vir jou en my sê dat ons iets moet wees wat ons nie kan wees nie.

Mat 5:48  Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.

Natuurlik skiet ek, Sakkie, soos baie ander, nog vêr, baie vêr tekort wat hierdie saak

aanbetref – maar omdat ek weet wat ons Here van my verwag, sit ek álles in om meer

en meer liefde in my hart vir my Here en my naaste te kry, sodat ek meer heilig in my

optrede teenoor my Here en my naaste kan word.

Luister wat sê ons Here in Sy Woord:

1KOR 13:1-3 

1 Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword.

En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

Het jy gesien – maak nie saak hoe jy lewe en wat jy getuig nie, wat sien ons Here as

Hy na my kyk en ek het nie die liefde vir Hom en my naaste in my hart nie?

1KOR 13:2   … en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

Sjoe!

Hoe verskriklik moet dit wees, as God na my kyk en wat Hom aanbetref, sien Hy

niks.

Het jy ook gesien?

Maak nie saak wat ek doen nie.

Hoe gereeld ek in die kerk sit nie.

Hoeveel geld ek vir wie of wat ook al gee nie.

Hoe godsdienstig ek is nie.

As ek nie liefde vir my God en my medemens het nie, sê die Woord, dat álles wat ek

as heilig in my lewe beskou, géén betekenis vir ons Here het nie.

1KOR 13:3   … en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

Om dan op te som hoe ek dit verstaan:

As ek werklik vir Jesus Christus aangeneem het as my Verlosser en Saligmaker, het

ek ook hierdie sekere wete –

Ek mag dalk nie in my lewe so heilig lewe as byvoorbeeld my groot held Paulus nie,

maar dit sal ook onmoontlik vir my wees om sonder die liefde te lewe.

Want sien –

Gal 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Daarom is dit vir my persoonlik, gewoon onmoontlik om nie vir my God en my medemens lief te wees nie, want Jesus se Gees lewe in my. 

So – Het jy werklik vir Jesus Christus aangeneem as jou Verlosser en Saligmaker?

Wel, dan het jy ook hierdie sekere wete, dat jy ‘n kind van God is.  Want daar staan

dit geskryf:

JHN 1:12  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;

Met Sy Gees in jou, sal jy nou Sy liefdeswet uitlewe en hoe meer jy dit doen, hoe

heiliger sal jou lewe wees.

Ek het ander ‘Gedagtes uit die Woord’ geskryf, wat aansluit by dit wat ek nou met jou gedeel het, asook oor Vergifnis en ek stuur dit graag op aanvraag aan jou.

Die Opskrifte is:

  • Wie Is My Naaste.
  • Oor Heiligmaking
  • Is Eenmaal Gered Altyd Gered
  • En vergeef ons ons skulde net soos ons ook ons skuldenaars vergewe – Deel 1 en 2
  • Wanneer mense lelik teenoor ons optree
  • Hoe bedroef ek die Heilige Gees?

Groete,

Sakkie

E-pos:  bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:  www.sakkieparsons.co.za

Sel:                         083 457 6669

Judas 1:24-25 „Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,  aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereëlde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na:   bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.

Sommige Gedagtes uit die Woord is ook in Engels beskikbaar.

Indien jy dit met een van jou Engelse vriende wil deel, kan jy my net vra en ek stuur dit aan jou.

Ek sal ook, as jy my vra, vir jou ‘n lys stuur van al die Afrikaanse gedagtes uit die Woord wat tot op datum vertaal is.  Waar jy dan self kan besluit watter gedagte uit die woord om met jou Engelse vriende te deel, jy van my wil bestel en dit is natuurlik alles gratis.