JESUS CHRISTUS IS PRIESTER VIR EWIG VOLGENS DIE ORDE VAN MELGISÉDEK

JESUS CHRISTUS IS PRIESTER VIR EWIG VOLGENS DIE ORDE VAN MELGISÉDEK

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my en vra of ek nie iets wil skryf oor Jesus se priesterskap volgens die orde van Melgisedek nie.

Ek dink die gedeelte waarna die persoon verwys is Hebreërs 5:6 maar ek kwoteer vanaf Hebreërs 5:5:

HEB 5:5  So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar Hy het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.

HEB 5:6  Soos Hy ook op n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

Ons lees vir die eerste keer van Melgisedek in Gen 14:18:

Gen 14:18-19

18En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring

Daar is, wat ek al gehoor het, allerlei – ek noem dit spekulasies – wat mense oor Melgisédek maak.  Oor byvoorbeeld wie hy eintlik was, maar uiteindelik, soos ek dit sien, is dit maar net mense se spekulasie – gewoon omdat dít wat jy nou gelees het, al is wat ons van hom weet.

So, wat beteken dit: Jesus is “Priester vir ewig volgens die orde van Melgisedek?”

Laat ek dan nou verduidelik:

Melgisedek was ‘n koning:

Gen 14:18  “En Melgisédek, die koning van Salem, …”

Jesus is ‘n Koning – maar nie net sommer ‘n koning nie.  Jesus is veel meer as sommer net ‘n koning.  Hy is, Koning oor die konings:

Nie net is Hy Koning oor die konings nie, maar Hy is dié Koning wat Homself vir ons redding, deur Sy bloed aan die kruis geoffer het.

OPG 1:5  en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed

Dan ook:

Melgisedek beteken “koning van geregtigheid.”

Jesus Christus is ook ons koning van geregtigheid:

2PET 1:1  Simeon Petrus, n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus:

Verder –

Anders as ander konings, was Melgisedek ook ‘n priester van God:

GEN 14:18En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was,

Jesus is nie net ons priester nie maar Hy is ons Hoëpriester:

HEB 4:14-16 

14 Terwyl ons dan n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.

15  Want ons het nie n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

16  Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Dit is dan hoe ek die orde van Melgisedek verstaan as ek lees:

HEB 5:6  Soos Hy ook op n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

Ek sluit dan nou hierdie skrywe af met die volgende:

Ons lees in ons Here se kosbare Woord:

1KOR 15:22  Want soos hulle almal in Adam sterwe, (dit is almal wie nié vir Jesus Christus aanneem as hulle Verlosser en Saligmaker nie) so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; (dit is almal wie Jesus Christus, die koning van geregtigheid,  aanneem as hulle Verlosser en Saligmaker)

Het jy al vir Jesus aangeneem as jou Verlosser en Saligmaker?

Onthou, as jy onseker oor jou antwoord is, kan jy seker wees, jy het nog nie werklik jou hart vir Jesus oopgemaak nie.

So, as jy vandag wie hier lees voel, jy mis iets in jou lewe.  Beginnende by vrede in jou gemoed en ‘n klomp ander dinge wat jy kan opnoem, wil ek jou vra –

Lees net weer wat sê die Koning van geregtigheid naamlik Jesus Christus, wie ook Koning en jou Hoëpriester in jou lewe wil word:

MAT 6:33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Hoe doen jy dit?

HAN 2:38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, (dit is, maak n omkeer en draai so jou rug op die soort lewe wat jy geleef het) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

HAN 2:39  Want die belofte kom julle toe (ons moet dit net by Hom neem en ons eie maak) en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.

Begin om jou hart vir Jesus oop te maak.

Deur hierdie skrywe wat jy nou lees, sê Jesus, die Koning van geregtigheid, wie graag priester in jou lewe wil wees weer vandag vir jou:

JES 1:18  Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.

In die volgende gedeelte as jy lees:

en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

sê Jesus, dat Hy en jy ‘n wonderlike intieme vriendskap, vol liefde sal hê.

In die tyd wat Openbaring geskryf was, het dit as reël gebeur, dat jy net iemand vir ‘n ete nooi met wie jy ‘n besondere intieme vriendskap gehad het.

OPG 3:20  Kyk, Ek (dit is Jesus) staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

 OPG 3:21  Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

Groete,

Sakkie

E-pos:  bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:  www.sakkieparsons.co.za

Sel:                         083 457 6669

Judas 1:24-25 „Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,  aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereëlde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na:   bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.

Sommige Gedagtes uit die Woord is ook in Engels beskikbaar.

Indien jy dit met een van jou Engelse vriende wil deel, kan jy my net vra en ek stuur dit aan jou.

Ek sal ook, as jy my vra, vir jou ‘n lys stuur van al die Afrikaanse gedagtes uit die Woord wat tot op datum vertaal is.  Waar jy dan self kan besluit watter gedagte uit die woord om met jou Engelse vriende te deel, jy van my wil bestel en dit is natuurlik alles gratis.