JESUS IS DIE LIG IN JOU LEWE

JESUS IS DIE LIG IN JOU LEWE!

Sakkie Parsons

"In the dark? Follow the Son."

Toe ek hierdie een lees, dink ek so –

Ek het nie soveel geld dat ek kan sê dat ek ryk is nie.
Ek kan ook nie vir iemand sê waar om baie geld of iets in daardie lyn te kry om vinnig geldelik ryk te word nie.
Ek weet ook egter dat jy geldelik skatryk kan wees en terselfdertyd in die diepste desperate duisternis kan wees. Maar as jy werklike vrede het, is jy ‘n miljoenêr en ek weet waar jy dit kan kry.

Wat was die eerste boodskap wat God die wêreld ingestuur het na Jesus se geboorte? –

LUK 2:13-14 Die volgende oomblik was daar in hele menigte engele saam met die eerste engel. Hulle het God geprys en gesê:

14“Wat God nou gedoen het, bring vir Hom eer in die hoogste hemele
en op aarde bring dit vrede vir die mense wat Hy liefhet.”

Jesus sê self:

JOH 14:27-28 Die erfenis wat Ek vir julle nalaat, is ware vrede. Dit is my eie vrede wat Ek aan julle gee—nie die soort vrede wat die ongelowige mense gee nie. Moenie verskrik wees of bang word nie.

ROM 5:1-5

1 Daar het nou vrede gekom tussen God en ons, want toe ons geglo het, het God gesê ons is nou nie meer skuldig nie. Dit is Jesus Christus wat hierdie vrede vir ons bewerk het.

2 Dit is Hy wat ons gebring het waar ons vandag is omdat ons op Hom vertrou. Ons geniet nou die goedheid van God en ons is so bly dat daar vir ons die wonderlike vooruitsig is dat Hy ook vir ons van sy koninklike eer sal gee.

3 Maar dit is nie al waaroor ons bly is nie. Ons is ook bly as daar moeilikheid kom, want ons weet dat moeilikheid ’n mens leer om geduldig te wees.

4 As ons geduldig is wanneer ons ly, gee dit ons standvastigheid van karakter, en as ons standvastig bly, het ons ’n vooruitsig wat baie seker is.

5 As ons hierdie vaste vooruitsig het, word ons nooit teleurgestel nie, want God het vir ons sy Heilige Gees gegee en die Gees maak ons harte vol van die wonderlike liefde wat God vir ons het.

 

FIL4:7 Dan sal God julle sy wonderlike vrede gee wat ’n mens nooit met jou verstand kan verklaar nie. Sy vrede sal wag hou oor julle hart en julle gedagtes omdat julle aan Christus Jesus behoort.

So, is jy moedeloos, in die donker, Ja, selfs desperaat?

As jy nou weer ‘n moeilike tyd belewe, maak sommer hierdie gesegde jou leuse en ek het hom net so ‘n bietjie verander, sodat jy dit in moeilike tye sommer as jou oorlogskreet kan gebruik.

" I am not in the dark, because I follow the Son!"

Dit is die heel beste wat jy kan doen.

JHN 8:12 Jesus praat toe weer met die mense en sê: “Ek is die lig van die wêreld. ’n Mens wat My volg, sal die lewende lig hê—hy sal nie meer in die donker wees nie.”
                 

Groete

Sakkie