JY KAN VOLKOME OP JESUS SE VOLGELINGE REKEN

JY KAN VOLKOME OP JESUS SE VOLGELINGE REKEN.

Sakkie Parsons

Na aanleiding van die e-mail wat ek destyds uitgestuur het oor geldinsameling vir die mense wat deur die Tsunami getref is, het ek toe ‘n baie mooi e-pos van een van my e-pos vriende gekry, waarin die persoon ook ‘n paar vrae vra.

Onder andere het die persoon genoem, dat die Christene so in Indonesië uitgeroei word.

Die vraag is dan:

Moet die Christene hulle ook help?

Ek het toe gelei gevoel om soos ek dit gesien het ook vir jou te stuur.

Ek deel graag met jou weer hoe ek die hele gebeurtenis gesien het, omdat dit vandag met gebeure om ons nog net so relevant soos destyds is.

Eerstens, God het geweet dit gaan gebeur.  Daarteen kan niemand stry nie.

Tweedens, God het toegelaat dat dit gebeur.  Ook daarteen kan niemand stry nie.

Daar is sekere dinge wat ek nie verstaan nie maar dan volg ek God net blindelings, want ek weet:

Rom 8:28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Twee dinge wat ek byvoorbeeld nie verstaan nie:

Hoekom het God nie satan tot niet gemaak voordat Hy met die skepping begin het nie.

Hoekom het God toegekyk terwyl die satan Eva verlei en niks gedoen nie.

Ek het nie die antwoorde nie, maar glo vir my daar is ‘n baie goeie rede en as ek eendag die antwoord kry, gaan ek een teen tien my hande saamslaan en wonder hoekom ek dit nie vroeër self kon raaksien nie.

Vir nou kan ek bespiegel maar in die Woord kry ek nie ‘n klinkklare antwoord nie 

Om ‘n vers uit die Bybel te kwoteer waarvoor ek baie lief is as ek oor die soort van ding praat.

1KOR 13:12  Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

Jy sien, wat mense aan my in die verlede gedoen het, is irrelevant as dit by my kindskap van God kom.  Ek mag nooit my optrede bepaal volgens wat mense aan my gedoen het nie.  Ek moet altyd in my optrede onthou wat Jesus vir my gedoen het.

Ook wat destyds met hierdie groot ramp gebeur het.

Ons, en ek bedoel met ons, die Christene, moet nie onthou wat hulle aan ons doen of gedoen het nie.

Jesus sê in die verband die volgende.

Mat 5:43  Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat.

Mat 5:44  Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;

Mat 5:45  sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. (al verstaan ek nie hoekom dit so werk nie)

Mat 5:46  Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars (‘n voorbeeld van die mense wie nog nie vir Jesus aangeneem het as hulle Verlosser en Saligmaker nie) nie ook dieselfde nie?

Mat 5:47  En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars (‘n voorbeeld van die mense wie nog nie vir Jesus aangeneem het as hulle Verlosser en Saligmaker nie) nie ook so nie?

Mat 5:48  Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.

Mat 6:1  Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.

Mat 6:2  Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.

Mat 6:3  Maar jy, (wie waarlik vir Jesus aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker) as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,

Mat 6:4  sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.

Ek wil jou gou wys die baie mooi wat vir my uit hierdie ramp te voorskyn

gekom het:

Hierdie lande wat getref was is hoofsaaklik Hindoe en Moslem lande.

Wie is egter die mense wat die meeste bydra om hulle te help?

Dit is die Christenlande.

So die getuienis aan die wêreld is van waar ek staan en kyk:

As die “pawpaw” die “fan” slaan, kan jy ten volle op Jesus se volgelinge

reken.

Kom ons neem net gou vir Amerika as voorbeeld:

Daar het Amerika gestaan en die bloed het nog uit die wonde gedrup van

11September 2001 en hulle gee miljoene en stuur duisende soldate en

helikopters om die mense te help.

Ek het so geluister na die nuus oor CNN en Sky News en die BBC en ek het

so ‘n lekker gevoel om my hart gekry, want jy sien:

Jesus se kinders –

Live it, because they believe it.

Jy kan nou sê, ons leef letterlik die Engelse gesegde uit:

“We put our money where our mouths are.”

“Not only do we talk the talk, we also walk the walk.”

Groete

Sakkie

E-pos:            bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:   www.sakkieparsons.co.za

Sel:                083 457 6669

Judas 1:24-25Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,

     aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereelde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.