KAN DIE FAMILIE-OOREENKOMS GESIEN WORD?

KAN DIE FAMILIE-OOREENKOMS GESIEN WORD?

Sakkie Parsons

Ek sê: “Ek is God se kind.”

As mense met my te doen kry, kan hulle die familie ooreenkoms sien?

ROM 8:29 Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle – dit is ook vir jou en my wie Hom aangeneem het as Verlosser en Saligmaker – aangewys om net soos sy Seun te word. Op hierdie manier sal Christus Jesus die oudste seun wees, omring deur baie broers en susters.

Ons strewe moet wees om meer en meer soos JESUS te wees:

PSM 103:8 Die HERE is barmhartig en genadig, geduldig en vol onfeilbare liefde.

GAL 5:22 Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg:  liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing…"

Groete
Sakkie