MAG ‘N LERAAR GELD VRA AS HULP IN DIE VERKONDIGING VAN DIE WOORD?

MAG ‘N LERAAR GELD VRA AS HULP IN DIE VERKONDIGING VAN DIE WOORD?

My loon is by my, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees” 

Sakkie Parsons

Iemand het aan my geskryf oor ‘n probleem wat die persoon het met Evangeliste wat geld van ons vra om hulle te help in die verkondiging van die Woord en dan noem die persoon een by die naam. Hier is dan my antwoord aan die persoon, wat ek ook graag met jou deel:

Ek weet absoluut niks van oom Angus se sake en geld nie, so ek kan nie daaroor kommentaar lewer nie.

Wat ek wel vir jou kan noem is dat, en ek het een van ons bekende stadions se kantore geskakel om uit te vind: Dit het in 2010 ongeveer R500,000.00 en meer gekos om een van ons groot stadions te huur vir een funksie. Ek wonder maar net of daar ‘n bestuur van ‘n stadion is wat hierdie soort geld sal afskryf vir ‘n Christelike byeenkoms. Ek het ook gehoor, met ander woorde ek praat van hoorsê, ek het dit nie self belewe nie, dat by een van oom Angus se saamtrekke, kon jy vir ‘n hele naweek ‘n kampplek met drie etes ‘n dag vir R100.00 kry.

Ek kan maar net sê, dat toe ek dit hoor, het die geval van die vyf brode en twee vissies in my gedagtes opgekom.

So met die tong in die kies, soos ek die mens ken, sal ekself nie verbaas wees as ek moet hoor dat daar byvoorbeeld daardie naweek, ‘n paar ateïste en mense van ander gelowe ook gegaan het. Natuurlik net om ‘n heerlike goedkoop kamp-naweek wat daagliks drie etes ingesluit het, te geniet nie maar dat hulle toe veel meer gekry het as waarop hulle gereken het.

Jy noem dat die Evangelie mos verniet is en dit is natuurlik waar. Ons lees dan ook:

MAT 10:8  Maak siekes gesond, laat dooies opstaan, reinig dié met ernstige velsiektes, dryf duiwels uit. Julle het hierdie volmag verniet ontvang. Doen daarom julle werk ook verniet.

Ons moet egter nie vergeet nie dat direk nadat ons MAT 10:8 gelees het, lees ons ook:

MAT 10:9  “Moenie enige kontant in julle beursies saamvat nie.

MAT 10:10  Ook nie ’n reissak vir die pad of ’n ekstra drarok of ekstra sandale of selfs ’n kierie nie. ’n Werker verdien tog sekerlik om versorg te word.

Terloops, ek dink nie dat die, kom ons noem hulle maar Predikers, wat skatryk uit die

Evangelie geword het, verstaan Matteus 10:9-10 nie, of anders het hulle hierdie gedeelte sowel as ‘n hele paar ander uit hulle Bybels verwyder:

MAT 10:9  “Moenie enige kontant in julle beursies saamvat nie.

MAT 10:10  Ook nie ’n reissak vir die pad of ’n ekstra drarok of ekstra sandale of selfs ’n kierie nie. ’n Werker verdien tog sekerlik om versorg te word.

Daar is ongelukkig mense wat die evangelie van Jesus verkondig met die primêre doel om hulleself te verryk – en in die proses, buit hulle kinders van ons Here uit.

‘n Ware verkondiger van Jesus se evangelie se ingesteldheid sal wees:

HEB 13:5  Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

Onder leiding van die Heilige Gees is die Woord maar altyd my maatstaf vir hierdie soort en alle ander vrae. So, ek deel graag met jou die volgende:

Daar is mos altyd oral, soos hulle in Engels sê, “the good guys and the bad guys.”

Eers dan oor “the good guys”:

Wat hierdie skrywe aanbetref, is hulle die wáre Verkondigers van die Woord.  Ek verstaan baie duidelik uit die Woord dat iemand, byvoorbeeld ‘n Evangelis, wat die ware Evangelie verkondig, om dit so te stel, daarop kan reken dat kinders van ons Here deel sal hê aan die voorsiening ook in daardie Evangelis se tydelike behoeftes.

Soos altyd probeer ek, terwille van die lengte van die skrywe, my tot twee voorbeelde uit die Woord beperk:

LUK 10:5-7

5  “Elke keer wanneer julle ’n huis binnegaan, spreek die vredesgroet daaroor uit.

6  As dié wat daar bly, dit waardig is, sal die seën bly; as hulle dit nie is nie, sal die seën na julle toe terugkom.

7  Wanneer julle in ’n dorp aankom, moenie van huis tot huis gaan nie. Bly op een plek, eet en drink wat hulle aan julle voorsit. Moenie huiwer om gasvryheid te aanvaar nie, want dié wat werk, verdien hulle loon.”

1TIM 5:17  Ouderlinge wat hulle werk goed doen, moet ook goed betaal word, veral dié wat hard werk in prediking én lering.

1TIM 5:18  Want die Skrif sê: “Moenie ’n os verhinder om te eet terwyl hy die graan uittrap nie.” En op ’n ander plek: “Dié wat werk, verdien hulle loon.”

Nou oor, “the bad guys”:

Dit is nou die sogenaamde predikers wat die Woord nie met suiwer bedoelings, met ander woorde, nie suiwer ter wille van ons Here en Sy koninkryk verkondig nie en vir my persoonlik staan die “prosperity preachers bad guys” kop en skouers bo die ander “bad guys” uit.

Soos ek dit sien, smous die “prosperity preachers” met die Woord om ryk te word. Want, as jy dit afsny tot op die been, draai hulle Evangelie nie net om geld nie, maar verkondig hulle ‘n Evangelie wat die volgende insluit:

“As jy wil ryk word, gee geld vir God en ‘n goeie plek om te begin gee is sommer hier vir my wat hierdie “prosperity” Evangelie aan jou verkondig. Met ander woorde. Koop God om, deur geld te gee en begin sommer by my.”

Op hulle kan die volgende na my mening uit die Woord met reg van toepassing gemaak word:

2PET 2:15  Hulle het weggedraai van die reguit pad en verdwaal geraak. Hulle het die pad geloop van Bileam, seun van Beor, wat daarvan gehou het om vir geld verkeerde dinge te doen.

Asook:

JUD 1:11 Ellende wag op hulle omdat hulle hulle op die pad van Kain bevind; deur dieselfde dwaling as Bileam het hulle hulleself verryk; deur dieselfde opstandigheid van Korag het hulle hulleself vernietig.

Ook die volgende kan seer sekerlik na my mening op hierdie tipe predikers van

toepassing gemaak word:

2KOR 11:13-15  

13 Want sulke mense is vals apostels; hulle is bedrieglike werkers wat voorgee dat hulle apostels van Christus is.

14  Geen wonder nie! Satan self gee immers voor dat hy ’n engel van die lig is.

15  Daarom is dit ook niks besonders dat sy diensknegte hulle voordoen as dienaars van geregtigheid nieHulle uiteinde sal wees wat hulle volgens hulle dade verdien.

Hierdie soort prediking, waar mense die Evangelie van Jesus gebruik om ryk te word, deur op die gevoelens van mense te speel, is na my mening niks anders as ‘n sataniese manier van om met die Woord te smous nie, maar dan, hierdie soort bose prediking was van die begin van die Christendom af by ons.  Daarom skryf my groot held Paulus ook by geleentheid:

2KOR 2:17  Ons is wel, want ons is nie soos baie mense wat smous met die woord van God nie. Omdat ons aan Christus verbind is, preek ons die woord met suiwer bedoelings – ’n woord wat van God self af kom, en waaroor ons aan Hom rekenskap moet gee.

Daar is vandag baie, baie sogenaamde predikers, maar daar is werklik min werklike arbeiders vir Christus en Sy Evangelie maar ook dit was van die begin af so. Ons lees:

LUK 10:2 Dít was sy instruksies aan hulle: “Die oes is só groot, maar die werkers is so min. Bid tot die Here wat in beheer is van die oes, en vra dat Hy meer werkers in die veld sal stuur.

Hoe heerlik gerusstellend vir dié wat die Evangelie nie verdraaid verkondig nie, om te weet:

OPG 22:12  Jesus sê: “Kyk, Ek kom gou! My loon kom saam met My om almal te beloon volgens wat hulle gedoen het.

OPG 22:13  Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.”

Hoe gaan dié wat as arbeiders Christus verkondig sowel as al die ander Christene se werk

getoets, of dan op die proef gestel word? Ons kry ‘n klein kykie van hoe die proses gaan werk as ons lees:

1KOR 3:10-15  

10 Op grond van die genade wat God aan my bewys het, het ek soos ’n meesterbouer die fondament gelê. Ander bou daarop voort. Maar elkeen wat op hierdie fondament bou, moet baie versigtig wees.

11  Want niemand kan ’n ander fondament lê as die een wat alreeds gelê is nie – Jesus Christus.

12  As enigiemand op daardie fondament bou, kan hy goud gebruik of silwer of edelstene of hout of hooi of stoppels.

13  Daar kom egter ’n dag wanneer die kwaliteit van elkeen se werk aan die lig sal kom, want die vuurtoets sal dit bekendmaak. Dié vuurtoets sal elkeen se werk beproef – of dit standhou.

14  Die mense wie se bouwerk standhou, sal deur God beloon word.

15  Maar die mense wie se bouwerk deur die vuur verteer word, sal skade ly, alhoewel hulle self gered sal word. Hulle sal egter wees soos mense wat op die laaste oomblik uit ’n brand gered word.

Ten slotte, net die volgende:

Laat jy en ek al die tyd die Evangelie suiwer verkondig.  Met ander woorde in ons, Sy dissipels se harte, moet dit altyd eerstens gaan oor ons Here en die redding van siele.

Terwyl ek so met die “good guys” en die “bad guys” in gedagte onthou, dat daar ook

geskryf staan:

OPG 22:11  “Wie aanhou om kwaad te doen, moet nog meer kwaad doen en wie vuil is, moet vuil bly, maar wie reg optree, moet voortgaan om reg te doen, en wie aan God toegewy is, moet ook verder aan God toegewy bly.”

OPG 22:12  Jesus sê: “Kyk, Ek kom gou! My loon kom saam met My om almal te beloon volgens wat hulle gedoen het.

Groete

Sakkie

E-pos:            bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:     www.sakkieparsons.co.za

Sel:                 083 457 6669

Judas 1:24-25 Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,

     aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereelde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.