MOENIE DAT SATAN MET JOU SPEEL SOOS MET ‘N VIS AAN ‘N HOEK NIE

MOENIE DAT SATAN MET JOU SPEEL SOOS MET ‘N VIS AAN ‘N HOEK NIE.

Moenie omgaan met waarsêery, goëlery, verklaring van voortekens, towery, ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my:

Ek lees dat die towenaar ook die water in bloed verander het, en ook paddas laat verskyn, het maar die res kon hulle nie doen nie.

Hoe was die towenaars so magtig om daai 2 plae te laat gebeur?

Daar word 3 keer genoem waar Farao se towenaars kon doen wat Moses deur die krag van ons Here kon doen en ek deel nou met jou die twee gevalle waarvan die skrywer aan my praat:

EXODUS 7:19-22 

19 Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê vir Aäron: Neem jou staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle strome, hulle kanale, hulle waterkuile en oor al hulle versamelplekke van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Egipteland wees, ook in hout— en in klipbakke.

20  Moses en Aäron het toe so gedoen soos die HERE beveel het—hy het die staf opgehef en die water wat in die Nyl was, geslaan voor die oë van Farao en voor die oë van sy dienaars; en al die water in die Nyl is in bloed verander.

21  En die visse wat in die Nyl was, het doodgegaan; en die Nyl het gestink, sodat die Egiptenaars die water uit die Nyl nie kon drink nie. En daar was bloed in die hele Egipteland.

22  Maar die Egiptiese towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste, sodat Farao se hart verhard is; en hy het na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het.

EXODUS 8:5-7 

5 Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou hand uit met jou staf oor die strome en oor die kanale en oor die waterkuile, en laat die paddas opkom oor Egipteland.

En Aäron het sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en daar het paddas opgekom en Egipteland oordek.

Maar die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste en paddas laat opkom oor Egipteland.

Ek kom later terug na Farao se towenaars.

Ek wil dan nou begin deur eers te noem, dat daar ‘n wesenlike verskil is tussen kulkunstenaars en towenaars soos ons hierdie, volgens die Woord, bose mense verstaan -maar ek gaan my nou net by dié wie volgens die Woord bose mense is, wat duiwel geïnspireerd is bepaal.

Hulle kry dit wat hulle doen van demoniese magte af en hierdie demoniese magte is natuurlik al die tyd om ons teenwoordig en soek konstant ‘n geleentheid om ‘n mens te beïnvloed – en as jy hom wat hierdie dinge aanbetref toelaat, het hy jou soos ‘n vis aan die hoek, met die verskil – Dan speel hy die hele tyd met jou en haal nooit die hoek uit nie.

EFE 6:12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

EFE 6:13  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

Jy sal self iets aan daardie hoek waarmee hy met jou speel, moet doen.

Van mense wie toelaat dat hierdie bose magte om ons deur hulle werk, – en dus ook Farao se towenaars, lees ons in die Woord byvoorbeeld die volgende:

2THS 2:9-12

9  hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen

10  en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.

11  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

12  sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

Het jy gesien soos met die towenaars van Farao, as jy nié die God wat die heelal, en vir jou geskape het, wil glo en vertrou nie – wel, dan laat ons Here jou toe om jou keuse te maak, wat jou dan volgens jou eie keuse in die hel laat beland!

Ek herhaal 2 THES 2:9-12 uit die NLV en hierin lê jou antwoord weer baie mooi duidelik wie agter Farao se towenaars sit::

9 Satan sal dit bewerk dat die wettelose mens se koms gepaardgaan met groot magsvertoon en tekens en vals wonderwerke

10 Sy koms sal ook gepaardgaan met allerhande bose misleiding van dié wat verlore gaan. Hulle gaan verlore omdat hulle nie die waarheid liefgehad en tot hulle verlossing aanvaar het nie.

11 Daarom stuur God ’n kragtige dwaling na hulle sodat hulle die leuen glo. 

12 Só sal almal veroordeel word wat nie die waarheid geglo het nie, maar die kwaad gekies het.

Vervolgens wil ek ook net uitwys, dat ons Here nie, om dit so te stel, ‘n pretbederwer is nie.  Ons Here sal nooit iets van ons wil weerhou as dit tot ons voordeel is nie.  Daarvoor het Hy ons te lief.  Só lief, dat Hy sy Seun geoffer het dat ons die keuse kan maak om verewig by Hom te woon:

JHN 3:16-18 

16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,  sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

17  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

18  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.

*So, as ons Here jou iets verbied, moet jy weet, dat dit doodsgevaarlik is – vir jou ewige lewe doodsgevaarlik is.

DEUT 18:10-12 

10  Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie,

11  of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.

12  Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ‘n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit.

Vervolgens deel ek met jou nog ‘n keer toe die towenaars van Farao kon doen wat Moses deur ons Here kon doen:

EXODUS 7:10-12 

10 Toe het Moses en Aäron na Farao gegaan en gedoen net soos die HERE hulle beveel het: Aäron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars neergegooi, en dit het ‘n slang geword.

11  Daarop laat Farao óók die wyse manne en die towenaars roep; en hulle, die Egiptiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste:

12  elkeen gooi sy staf neer, en hulle word slange! Maar Aäron se staf het hulle stawe verslind.

Jy sien –

Daar is Aäron se slang omring van al hierdie ander slange en toe bly net Aäron se slang heerlik versadig oor.

Dié wie aan GOD se kant is, oorwin altyd en dit maak nie saak hoe hopeloos verlore die omstandighede ook al mag wees nie.

Byvoorbeeld:

Jy kan nie ‘n meer hopelose, uit ‘n menslike oog gesien kry, as iemand wat aan ‘n kruis vasgespyker is nie – maar prys die naam van ons Here!

Daar hang Jesus aan ‘n kruis en Hy oorwin!

JHN 19:30  En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.

Ja, toe daardie Sondag stap ons Here as oorwinnaar uit die graf uit:

MATTEUS 28:1-6 

1  En laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.

2  En daar kom ‘n groot aardbewing, want ‘n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.

3  En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.

4  En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.

5  Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet  julle soek Jesus wat gekruisig is.

6  Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;

Het HY dan nie gesê nie?

JHN 16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

So kom jy en ek bly weg van hierdie sterre voorspeller, geeste oproep en met geeste praat en fortuinverteller drek.  Want ons Here sê ons moet wegbly van daardie gemors.

*As ons dit nie doen nie, gaan ons hard val en vêr val.  Tot onder op die bodem van die put van die hel.

Ons het daardie drek nie in ons lewe nodig nie want:

ROMEINE 8:37-39 

37  Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

38  Want ek is versekerd (as ek my oë op Jesus hou) dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge

39  of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

Ten slotte deel ek met jou nog ‘n groot waarheid wat al hierdie sterre voorspellers, geeste oproep en met geeste praat en fortuinverteller drek aanbetref wat jy nie in jou lewe moet verdra nie:

1JHN 4:4  Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

1JHN 4:5  Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.

So, kom jy en ek hou ons oë al die tyd op Jesus en maak so seker, dat ons nie een van satan se visse word, waarmee hy speel en so homself en sy bose engele vermaak nie.

Groete,

Sakkie

E-pos:  bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:  www.sakkieparsons.co.za

Sel:                         083 457 6669

Judas 1:24-25 „Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,  aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereëlde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na:   bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.

Sommige Gedagtes uit die Woord is ook in Engels beskikbaar.

Indien jy dit met een van jou Engelse vriende wil deel, kan jy my net vra en ek stuur dit aan jou.

Ek sal ook, as jy my vra, vir jou ‘n lys stuur van al die Afrikaanse gedagtes uit die Woord wat tot op datum vertaal is.  Waar jy dan self kan besluit watter gedagte uit die woord om met jou Engelse vriende te deel, jy van my wil bestel en dit is natuurlik alles gratis.