STRAF DIE HERE MY?

STRAF DIE HERE MY?   

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my as volg:

“Ons wil net graag weet:  Straf die Here jou met sleg te goed sodat jy weer op die regte pad kan kom?”

Voordat ek hierdie vraag antwoord, moet ek eers verduidelik dat ek persoonlik, as ek die Woord lees, ‘n verskil verstaan tussen “straf” en “tug” soos dit in die Woord voorkom en omdat ek dit so in die Woord in my hart verstaan, is dit ook vir my hoe dit in my lewe gestalte kry.

‘Straf’ is vir my, om te vergeld, selfs om tevredenheid te ervaar wanneer iemand vergeld of dan gestraf word, want die persoon kry mos haar/sy verdiende loon.

Terwyl ‘tug’ is vir my om iemand tereg te wys, of te dissiplineer terwyl, anders as wanneer iemand gestraf word, jy nie kan lekker voel nie maar jyself soms, vir my in elk geval, eintlik in die meeste gevalle, nie lekker voel oor wat nou gedoen moet word nie maar en hoe jammer ook al, doen moet dit gedoen word.

Nou lees ons in die Woord in die geval van ons – wie Jesus Christus aangeneem het as ons Verlosser en Saligmaker – die volgende:

HEB 12:5-11 

… “My kind, jy moet dit nie geringskat as die Here jou dissiplineer nie.

Moenie ontmoedig word as Hy jou aanspreek nie.

Die Here dissiplineer juis die mense vir wie Hy lief is;  Hy tug elkeen wat Hy as sy kind aanneem.”

Wanneer God julle as sy kinders dissiplineer, verduur dit dan as deel van sy opvoedingsprogram. Watter kind word nie gedissiplineer nie?

As God julle nie dissiplineer soos Hy met al sy kinders doen nie, is julle nie regtig sy kinders nie, maar buite-egtelik.

Ons aardse vaders het ons gedissiplineer, en ons het hulle daarvoor gerespekteer. Sal ons ons dan nie nog veel eerder aan ons geestelike Vader onderwerp, en só waarlik lewe nie?

10  Ons vaders het ons vir ’n kort tydjie gedissiplineer soos hulle dit goedgevind het, maar God doen dit beslis tot ons beswil, met die doel om ons te laat deel in sy heiligheid.

11  Elke vorm van tug lyk vir ons op die oomblik meer na ’n rede vir trane as vir blydskap, maar later sal dit vir hulle wat daardeur gedissiplineer is, ’n vredevolle oes oplewer van ’n lewe volgens die wil van God.

Met ander woorde –

Aanvaar, verdra en leer uit die tug/dissiplinering wat jou padlangs kom en soos die Woord sê, gebruik daardie ondervinding/tug/dissiplinering om jouself geestelik te versterk, soos wat ons in die Woord lees, net nadat ons hierdie gedeelte oor dissiplinering/tug gelees het:

HEB 12:12  Versterk daarom (as gevolg van ons Here se tugtiging) daardie hande wat slap geword het en die knieë wat knak,

HEB 12:13 en maak julle hardloopbane reguit. Dan sal die lam ledemate nie ingee nie, maar eerder beter word.  Maak erns met God se roepstem.

Om dan op te som:

Natuurlik tug/dissiplineer  ons Here Sy kinders.  Hy is mos lief vir ons en Hy wil dat ons eendag vir ewig by Hom sal wees – maar Hy straf nié mense wie Jesus Christus aangeneem het en so Sy kinders geword het nie.

Jesus Christus het klaar al die straf wat daar vir jou en my was op Hom geneem:

JES 53:5  Hy is geslaan en gepynig ter wille van ons sondes.

Hy is gestraf sodat ons in vrede kan leef.

Hy is geslaan sodat ons gesond kan word.

Lees net gou weer hierdie wonderlike goeie nuus wat jy en ek deelagtig is en wat ons aan die wêreld moet verkondig, sodat nog meer mense hiervan deel kan word:

JOH 3:16  God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

JOH 1:17  God het immers nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom verlos kan word.

JOH 1:12  Aan almal wat Hom egter aanvaar het, dié wat in sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

GAL 4:6  En omdat julle sy kinders is, het God die Gees van sy Seun gestuur om in ons te lewe. Die Gees in ons roep voortdurend na God: “Abba!” – wat die Aramese woord is vir “Vader”.

GAL 4:7  Jy is dus nie meer slaaf nie, maar kind. En as sy kind het God jou sy erfgenaam gemaak!

Groete

Sakkie

E-pos:            bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:   www.sakkieparsons.co.za

Sel:                083 457 6669

Judas 1:24-25Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,

     aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereelde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.