VAN EWIGHEID AF IS U

VAN EWIGHEID AF IS U.

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my, wat hier op neergekom het:
“God het alles geskape maar wie het God geskep?”

Een ding gaan ek werklik nie probeer doen nie en dit is om God Almagtig te probeer verduidelik.

Nou goed.
Die eerste gedeelte van die vraag hier bo is natuurlik absoluut waar naamlik:
“God het alles geskape.”
Ek gee een voorbeeld uit die Woord.

JHN 1:3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

Om egter byvoorbeeld te redeneer:
“Alles het  ‘n ontstaan êrens, daarom moet ons Here ook ‘n ontstaan êrens hê, is na
my mening heeltemal onlogies.
Om die alomteenwoordige, Almagtige, Heilige God wat Gees is, in dieselfde
kategorie te plaas as die materie waaruit ons Here se skepping in die heelal bestaan, is
vir my amper net so onlogies, as om te vra:
“Watter geluid maak bruin?”
Geluide en kleur het niks, om dit so te stel, in gemeen nie en is vanweë dit wat hulle
is, jy kan maar sê so ver verwyderd van mekaar, soos die ooste verwyderd is van die
weste.

Dit met ander woorde is na my mening hoe onlogies dit is,

Ek glo ons Here en ek lees in Sy Woord wat Hy vir ons laat skryf het.

PSM 93:2  Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U.

Kom ek deel met jou ‘n ander redenasie, wat na my mening ‘n absolute logiese
redenasie is.
Die wetenskaplikes, mense wat hierdie dinge aanbetref, baie verder geleerd is as ek
beweer, dat niks uit niks kan ontstaan nie.
Ek stem natuurlik heeltemal hiermee saam.
So, as niks uit niks kan ontstaan nie, dan het ook dit wat hulle die “big bang” noem,
uit iets ontstaan.
Ek weet dat daardie Iets is ons Here en dat alles wat ontstaan het, ontstaan het deur ‘n
woord wat Hy gespreek het en ek noem Hom, my Here en my God.

PSM 90:2  Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.

HAN 15:18  Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.

Groete,
Sakkie