VERSPREI DIE WOORD EN MAAK SO SKATTE IN DIE HEMEL BYMEKAAR WAAR MOT EN ROES DIT NIE KAN VERNIEL NIE

VERSPREI DIE WOORD EN MAAK SO SKATTE IN DIE HEMEL BYMEKAAR WAAR MOT EN ROES DIT NIE KAN VERNIEL NIE

Sakkie Parsons

Soms stuur iemand vir my ‘n paar adresse met wie ek dan ook my ‘Gedagtes uit die Woord’ kan deel.  Die ‘Gedagtes uit die Woord’ is antwoorde op mense se vrae aan my, wat ek oor baie jare antwoord uit die Woord, onder die leiding van die Heilige Gees. 

My antwoord aan die persoon was om haar te bedank vir die adresse van vriende aan wie ek nou gereeld pos stuur en sodoende saam met haar medewerkers vir ons HERE mag wees.

Dikwels as iemand aan my mense se adresse stuur en ek stuur aan die mense ook pos, dan onthou ek daardie Woorde van Jesus toe Hy gesê het:

JOH 14:12  “Ek verseker julle wie aanhou om in My te glo, sal ook die werke doen wat Ek doen;  hy sal selfs nog groter dinge as dit doen omdat Ek na die Vader toe op pad is.”

Nou kom ek wys jou, wie nou hier lees,  hoe dit in een baie belangrike afdeling van jou lewe as kind van God, in hierdie tyd wat ons lewe reeds gestalte kry.

Die verste wat Jesus gereis het, toe Hy hier op aarde as mens gewees het, was toe Sy aardse vader en moeder met hom as babatjie na Egipte toe gevlug het en Egipte se grens is 160 kilometer van Jerusalem af.

So ek is baie veilig as ek sê, dat Jesus nooit verder as ‘n radius van 200 kilometer om Jerusalem gereis het nie.

Vandag kan ek met eerlikheid aan jou sê, dat ek my gedagtes uit die Woord oor die hele wêreld stuur en as jy jou vriende van hierdie bediening vertel en hulle my toelaat om my gedagtes uit die Woord ook met hulle te deel, laat jy my toe om saam met jou ‘n medewerker vir ons Here te wees en word die woorde van Jesus letterlik waar in jou en my lewe.

Onthou jy wat jy hierbo gelees het:

JOH 14:12  “Ek verseker julle wie aanhou om in My te glo, sal ook die werke doen wat Ek doen;  hy sal selfs nog groter dinge as dit doen omdat Ek na die Vader gaan.

Nou stuur ek aan jou pos en jy stuur dit weer aan ander mense en jy gee aan my adresse en ek stuur aan hulle en hulle stuur dit weer aan ander mense, of jy deel my Webtuiste se adres op ander platvorms, en so is jy en ek deel van die vervulling van hierdie heerlike profesie van Jesus.

Hoe wonderlik ook –

Nie net is jy en ek deel van die vervulling van hierdie wonderlike profesie nie.  Ons is ook besig om skatte te vergader, waar moet en roes dit nie kan vernietig nie.

Hoe kan ons skatte in die Hemel vergader, “waar mot en roes dit nie kan verniel nie?”

Daar staan dit tog duidelik geskryf:

1TIM 6:7  Alles in aanmerking geneem, het ons tog niks saamgebring toe ons in die wêreld gekom het nie, en ons sal ook nie enigiets saamneem wanneer ons sterf nie.

Tog sê Jesus:

MAT 6:19  “Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar motte en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie.

MAT 6:20  Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie.”   

As Jesus vir my laat verstaan, dat ek skatte in die Hemel kan bymekaar maak, wel dan is dit móóntlik om skatte in die Hemel bymekaar te maak.

So, hoé kan ons dan vir ons skatte in die Hemel bymekaar maak as ons niks uit hierdie lewe met ons kan saamneem nie?

Hoe heerlik ooglopend word dit nie as ons onthou, dat álmal wat jy en ek gehelp het om by ons Here uit te kom en wat in die Hemel gaan opeindig, en élke síél wat jy en ek deur die Heilige Gees se leiding versterk het en so ondersteun het om in die Hemel op te eindig, is deel van ons skatte wat ons daar versamel het, wat in der ewigheid nie vernietig kan word nie:

Hoe heerlik dan, om nou met hierdie woorde aan jou af te sluit –

FIL 1:6  Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.

So, laat my toe om langs hierdie weg, terwyl die tyd ook minder en minder raak, saam met jou Jesus se verlossings-evangelie te verkondig en so saam met jou skatte bymekaar te maak, waar mot en roes nie kan verniel nie.

Deel my gedagtes uit die Woord met jou geliefdes en moedig hulle aan om vir my hulle adresse te stuur – want op so ‘n wyse kan ons dalk ‘n persoon help om by Jesus uit te kom.

Hier op die aarde begeer ons nie vergoeding nie maar…

Kom ons maak so saam skatte bymekaar in die hemel, waar mot en roes dit nie kan verniel nie.

Groete,

Sakkie

E-pos:  bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:  www.sakkieparsons.co.za

Sel:                         083 457 6669

Judas 1:24-25 „Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,  aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereëlde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na:   bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.

Sommige Gedagtes uit die Woord is ook in Engels beskikbaar.

Indien jy dit met een van jou Engelse vriende wil deel, kan jy my net vra en ek stuur dit aan jou.

Ek sal ook, as jy my vra, vir jou ‘n lys stuur van al die Afrikaanse gedagtes uit die Woord wat tot op datum vertaal is.  Waar jy dan self kan besluit watter gedagte uit die woord om met jou Engelse vriende te deel, jy van my wil bestel en dit is natuurlik alles gratis.