IN WATTER NAAM MOET EK MY LAAT DOOP?

IN WATTER NAAM MOET EK MY LAAT DOOP?

Sakkie Parsons

Na aanleiding van iets wat ek geskryf het, skryf iemand aan my:

“Baie dankie vir jou terugvoer het baie vir my beteken. Dit is hoe ek groot geword het.
Net 'n vragie – Wat van Petrus wat sê ons moet in die Naam van Jesus gedoop word?”

Ek wil begin deur eers iets baie duidelik te stel:

Ek sê nie, dat iemand wat as volwassene besprinkel is en so gedoop is nou hel toe gaan as hulle uit hierdie lewe uittree die ewigheid in nie.

Dieselfde geld vir mense wat drie keer onderdompel was, of wat een keer onderdompel was en so gedoop is in die naam van Die Vader, die Seun en die Heilige Gees, of op enige ander wyse gedoop is wat ek nie hier noem nie.  Ja selfs ook nie die wie as babas besprinkel was nie.
Daar is mense wat redeneer, dat die doop ‘n begrafnis is en jy nie iemand begrawe deur net ‘n paar kluite oor hom te strooi nie.  Dit met besprinkeling in gedagte.
Daar is mense wat redeneer, dat die doop ‘n begrafnis is en dat jy nie iemand begrawe en weer oopgrawe en weer begrawe en weer oopgrawe en dit ‘n derde keer doen nie.  Hulle sê dit met die oog op die driemaal onderdompel en so kan ek aan en aan gaan.

Uiteindelik, gaan ek nie die hemel in nie, omdat ek sonder Jesus aan die anderkant van die graf arriveer. 
Met ander woorde, as ek nié Jesus Christus aangeneem het as my Verlosser en Saligmaker nie.

Die, om dit so te stel, goddelike waarde van die doop in my lewe begin daar waar ek in gehoorsaamheid my laat doop en dit in die openbaar voor God, die mens, engele en alle ander geeste en magte in die lug om ons, doen.

Soos wat Jesus almal wie Hy wou hê Sy dissipels moes wees in die openbaar geroep het en hulle in die openbaar  ‘n besluit moes neem om Hom te volg so roep Jesus my om Sy volgeling te word en ek moet in die openbaar bevestig, dat ek besluit Jesus is My Verlosser en Saligmaker.

Die doop is só belangrik, dat Jesus ons uitdruklik beveel dat dit deel van Sy evangelie is wat ons moet verkondig:

MAT 28:19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
MAT 28:20  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Onthou nou, dat ek verseker nie sê jy gaan hel toe as jy so of so gedoop is nie.  Wat ek wel sê is, dat ‘n mens swakker of sterker op die Rots Jesus Christus kan bou, ook wat die doop aanbetref.
Of jy swakker of sterker op hierdie Rots kan bou wat die Evangelie van Jesus aanbetref, waarvan die doop deel is,  lees ek die volgende:

1KOR 3:11-20 
11 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
12  En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels—
13  elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
14  As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;
15  as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
16  Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
17  As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.
18  Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
19  want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;
20  en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.

So vind ons dan ook dat mense hierdie en daar redenasies gebruik deur hierdie by te voeg, of daardie weg te laat, om die Evangelie van Jesus te verkondig soos hulle wil en die wie verkeerd geleer is, van hulle sal die meeste hand en tand baklei om te bly by dit wat hulle geleer is, al sien hulle die verkeerd wat hulle geleer is op wit en swart voor hulle en sal hulle alles wat bygevoeg of weggeneem is aanvaar, om tog net asseblief nie verkeerd te wees nie.

Nou my antwoord op die vraag aan my en onthou, ek sê weer ek sê nie iemand gaan hel toe as jy anders gedoop is nie.
Ek sê, dat jy verseker gedoop behoort te word as jy jou bekeer het en Jesus Christus aangeneem het as Jou Verlosser en Saligmaker en hoe ek uit die Woord sien hoe ‘n mens gedoop behoort te word.  Met ander woorde hoe ek iemand sal doop en hoe ek gedoop is.

So kom ons begin by die begin.  Kom ons begin by Jesus se opdrag en verder hoe ek kinderlik uit die Woord verstaan en daarvolgens lewe:

Ons lees:

MAT 28:19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam (“Naam” enkelvoud nie meervoud, soos in die geval drie nie) van die Vader (Vader is ‘n aanspreek vorm of dan titel as jy wil, nie ‘n naam nie)en die Seun (Seun is ook ‘n aanspreek vorm, of dan titel as jy wil, beslis nie ‘n naam nie) en die Heilige Gees; (Heilige Gees is ook ‘n aanspreekvorm of dan titel as jy wil) en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Die dissipels is vir ongeveer drie jaar opgelei hoe hulle die Evangelie moet verkondig en ek gaan nou nie hier in hierdie, al klaar lang skrywe, al die voorbeelde noem nie maar hulle het presies geweet van wie Jesus praat toe Hy hulle die bevel gegee het.

Jesus het geweet, dat hulle nou na drie jaar presies weet  wie die Vader, die Seun en die Heilige Gees is.

Nou gaan doop hulle mense in die naam van hierdie Vader en hierdie Seun en hierdie Heilige Gees, soos hulle die bevel gekry het.

Nou, wat is die Naam, nie meervoud name nie.  Nie aanspreekvorms of titels as jy wil nie maar wat was die Naam wat hulle gebruik het? Van hierdie Vader God en Verlosser en wat is die naam van hierdie Seun God en Verlosser en wat is die Naam van hierdie Heilige Gees wat hulle oor die mense moes uitroep as hulle die mense doop en wat is die getuienis wat ons het, van watter Naam, (naam soos in enkelvoud) hulle oor die mense uitgeroep het, toe hulle die mense gedoop het?

HAN 2:37-39
37 Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?

38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam (enkelvoud) van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

39  Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.

HAN 8:14-17 
14 En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.
15  Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,
16  want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
17  Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.

HAN 19:3-6 
3 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes.
4  Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.
5  En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
6  En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

Onthou nou, dat die vraag aan my was:

“Net 'n vragie – Wat van Petrus wat sê ons moet in die Naam van Jesus gedoop word?”

Onthou nou –
Ek sê nie iemand gaan hel toe as hulle anders gedoop is nie.
Ek antwoord net die vraag wat aan my gestel was en sê daarmee hoe ek gedoop is en hoe ek mense sal doop en dat ek glo, hoe nader jy aan die Woord leef, hoe beter is jou verhouding met ons Here.

Uiteindelik is dit wonderlik om te weet:
Ons God is almagtig en alwetend.  Hy weet wat in my hart omgegaan het, toe ek my laat doop het.  Of ek werklik vir Jesus aangeneem het as my verlosser en Saligmaker. 

Hoe heerlik wonderlik!
As my bedoeling werklik suiwer en opreg was, geld die volgende vir my en ek deel net so drie van die baie voorbeelde wat ek kon gebruik het met jou:

JHN 3:14  En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,
JHN 3:15  sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

JHN 3:36  Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.

JHN 5:24  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

Ten slotte dan nog net dit:
Wie is hierdie Jesus wie jy en ek aangeneem het as ons verlosser en Saligmaker?

Wie is hierdie Jesus wie vir bykans 3 jaar mense geleer het hoe ons ons pad hemel toe moet vind, terwyl Hy al die tyd geweet het, hy is besig om na Golgota te stap om die verskriklikste dood as mens te gaan sterf, sodat die voorhangsel van bo tot onder kon skeur en jyself en ekself tot by die Allerheilige God kan kom en ‘n liefdesverhouding met Hom kan begin?

MAT 27:46-51 
46 en omtrent die negende uur het Jesus met ‘n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
47  En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: Hy roep Elía.
48  Toe   daar dadelik een van hulle en neem ‘n spons en maak dit vol asyn, en sit dit op ‘n riet en laat Hom drink.
49  Maar die ander sê: Wag, laat ons sien of Elía kom om Hom te verlos.
50  Daarop het Jesus weer met ‘n groot stem geroep en die gees gegee.
51  En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder,

JHN 1:1-5 
1 In die begin was die Woord, (dit is Jesus Christus) en die Woord (dit is Jesus Christus) was by God, en die Woord (dit is Jesus Christus) was God.
2  Hy (dit is Jesus Christus) was in die begin by God.
3  Alle dinge het deur Hom (dit is Jesus Christus) ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
4  In Hom (dit is Jesus Christus) was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
5  En die lig (dit is Jesus Christus) skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

JHN 1:12-14 
12 Maar almal wat Hom (dit is Jesus Christus) aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam (dit is Jesus Christus) glo;
13  wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.
14  En die Woord (dit is Jesus Christus) het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy (dit is Jesus Christus) heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.

Wie was hierdie Jesus se menslike liggaam wat die mense daar aan die kruis sien hang het, wie nou deur God verlaat was, wat nou daardie verskriklike dood tegemoet gegaan het?
Wie die oorsaak was, dat die voorhangsel van bo tot onder middeldeur geskeur het en jou en my nou persoonlik toegang tot God en die ewige lewe gegee het?

1TIM 3:16  En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God (dit is Jesus Christus) is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is Prys die Naam van ons Here, ook deur jou en my, wie hierdie verborgenheid aanvaar soos ‘n kind) geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.

Onthou altyd:
Wat die mens aan jou voorhou as deel van Jesus se Evangelie – Bid daaroor.
Lees die Woord soos ‘n kind, maar nie kinderagtig nie.

Want die Evangelie van Jesus Christus is deurspek met menslike oorlewerings, weglatings en byvoegings maar hoe nader ek aan die Woord leef, hoe beter is my verhouding as kind van God met my Here.

Ek sluit dan af met Jesus se gebed vir ons Sy kindertjies in hierdie verband:

MAT 11:25-27 
25 In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.
26  Ja, Vader, want so was dit u welbehae.
27  Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.

Laat jy en ek uiteindelik te heerlik kinderlik onthou:

HAN 4:10-12 
10 laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.
11  Hy (Jesus Christus) is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ‘n hoeksteen geword het.
12  En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Groete,
Sakkie