WEES JULLE DAN VOLKOME IN JULLE LIEFDE

WEES JULLE DAN VOLKOME IN JULLE LIEFDE

Sakkie Parsons

MAT 5:48  “Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.

Die Nuwe Lewende Vertaling stel dit so:

MAT 5:48  “Wees julle dan volkome in julle liefde, soos julle hemelse Vader volkome in sý liefde is.  Hy het mos álle mense lief.”

Hierdie gedeelte het my eendag aan die dink gesit.
As Jesus sê:

MAT 5:48  “Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is”

Dan beteken dit dat ek volmaak kan wees en toe ek weer gaan lees wat Hy net voor Matteus 5:48 gesê het, het ek besef, dat as ek werklik wil ek in die liefde volmaak kan wees en juis omdat die meeste Christene in die wêreld soos ook ons in byvoorbeeld Suid-Afrika nie werklik so lewe nie, dit ook die rede is waarom dit gaan soos wat dit in die wêreld en in hierdie sogenaamde Christenland gaan.

Kyk na die volgende gedeeltes en luister dan na wat ons Here se Gees in jou hart vir jou aangaande jouself sê.

MAT 22:36-40 
36 “Leermeester,” vra hy, “wat is die belangrikste opdrag in die wet van Moses?”
37  Jesus se antwoord was:  “’Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’
38  Dit is die eeste en belangrikste opdrag.
39  Die tweede, ewe belangrike opdrag is:  ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’
40  Al die ander vereistes van die wet en die profete berus op hierdie twee hoofgebooie.”

Let op, soos wat ek al so baie in die verlede vir mense gesê het:
‘n Kind van God word nie ‘n keuse gegee dat hy sy medemens mag, of nie mag liefhê nie.  O nee!  Ek word ‘n bevel gegee.

MAT 22:39  En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Sien jy dit?
Dit is nie:
Ek mag, of as ek wil, of so iets nie.
Ek kry ‘n bevel.
Ek moet.

MAT 22:39  En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Alhoewel dit sekerlik soms nie maklik is nie, is dit tog moontlik om in die liefde volmaak te word, want Jesus gee my daardie opdrag en Jesus sal sekerlik nie vir my ‘n opdrag gee, wat ek nie kan uitvoer nie.

MAT 5:48  “Wees julle dan volkome in julle liefde, soos julle hemelse Vader volkome in sý liefde is.  Hy het mos álle mense lief.”

Dan kom Johannes en hy onderstreep wat Jesus hom en jou en my leer:

1JHN 4:12  .. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.

Nuwe Lewende Vertaling:

1JHN 4:12  Niemand het God nog ooit gesien nie;  as ons egter aanhou om mekaar werklik lief te hê, leef God in ons optrede en het sy liefde in ons optrede ten volle tot verwesenliking gekom.

Gelukkig het ons Here ook deur Paulus vir ons ‘n maatstaf gegee waarmee ons kan meet hoe na of hoe ver ons van hierdie volmaaktheid is en ek kan aste ware myself op ‘n deurlopende basis meet van hoe ek vorder en hoe na of hoe ver ek van die volmaakte liefdes doelpale is.

1KOR 13:4-8 
4 Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers ne, die liefde blaas ne sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie.
5  Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.
6  Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier.
7  Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.
8  Die liefde sal nooit vergaan nie. ..

Ek moet daagliks daaraan werk.  Sodat ek met groot eerlike oortuiging kan getuig:

1JHN 4:16  En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

Nuwe Lewende Vertaling stel dit so:

1JHN 4:16  Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarva dat God ons liefhet.  God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, leef in ‘n hegte verhouding met God en God met hulle.

Ten slotte –

1KOR 13:13  Al wat altyd sal bly, is geloof, hoop en liefde – hiedie drie.  Maar die grootste hiervan is steeds die liefde!

Groete,
Sakkie