My getuienis oor die 10 kilometer wedloop by Tukkies op 15 Februarie 2025.
Ek deel graag met jou hierdie paar foto’s van my eerste 10 kilometer wedloop wat ons Here in sy groot liefdevolle genade my toegelaat het om in 2025 te doen.
Ek met my gids Marix en haar man Hennie, het wat my aanbetref ‘n wonderlike tyd van so net oor die uur en ‘n half op die pad saam spandeer, terwyl ons aan die 10 kilometer wedloop by Tukkies op 15
Februarie 2015 deelgeneem het.
Ek is so dankbaar teenoor ons Here dat ek deur Sy liefdevolle genade nog so iets kan doen en dat Hy is Sy groot liefde vir my so ‘n goeie gids met so ‘n mooi gesindheid gegee het om dit vir my moontlik te maak.
Dankie dat jy op my webtuiste kom inloer het en ek dit met jou kon deel.
Groete met Jesus liefde.
Sakkie.



