Ek deel graag die volgende baie mooi wat met my gebeur het.
Ek het mos net voor my 70ste verjaarsdag midde in die trauma van my oorlede vrou se dementia besluit ek moet met iets nuut in my lewe begin om net perspektief in die lewe te behou.
Vroeër jare het ek gereeld aan padwedlope deelgeneem en besluit toe, dat ek vir my 70ste verjaarsdag elke jaar aan die Wally Hayward 10 kilometer gaan deelneem, as ons Here wil en ek lewe, omdat dit op een Mei, net ‘n dag na my verjaarsdag elke jaar plaasvind.
Die jaar kon ek nie een keer op die pad oefen nie en moes al my oefening op my treadmill doen.
Ek het toe vir ons Here gevra om my te help in hoe ek moet oefen, want ek weet nie hoe dit gaan voel as ek weer op teer hardloop na 14 maande net op die treadmill nie. Ons Here het my toe so mooi gehelp en saam met my wonderlike gids Marix saam met wie ek altyd hardloop en haar man Hennie wat ook altyd saam hardloop het ons hierdie jaar weer ‘n wonderlike wedloop gehad.
So vir die eerste tydjie het dit baie hard gevoel. Amper soos wanneer ‘n mens jou voete stamp maar daarna het dit te heerlik geword en ons Here het ons so mooi gehelp en ons Here het my so goed ope die treadmill afgerig, dat ek nie eens baie moeg aan die einde was nie.
Soos my vrou vir my by die einde gesê het, ek was nie eens natgesweet nie en dit was absolute loutere liefdevolle genade van ons Here af.
Ek deel dan graag met jou die Foto waar ons ongeveer by die 8 kilometer merk afgeneem was en die een wat my vrou na die wedloop van my geneem het en dan my medalje waarop ek baie trots is.