Ek en my vrou was een warm somers-oggend op pad kerk toe, waar ons verby ‘n Zoeloe seuntjie gery het wat uit volle bors besig was om te sing.
Ek vra toe vir my vrou wat die seuntjie besig is om te doen terwyl hy so lekker sing waarop sy toe antwoord dat hy besig is om’n klompie beeste aan te jaag.
Terwyl ons verder ry, het ek by myself gesit en glimlag oor hierdie prentjie wat ek in my geestes-oog gevorm het van die klein “piekanien” wat so dapper die groot beeste al singende aanjaag. Toe, so met die prentjie van die “piekanien” in my kop en my vrou wat vertel hoe druk die verkeer van voor af is van motors wat van Sun City se kant af kom, kry ‘n storie in my gedagtes gestalte en saam met die storie ook ‘n lied.
Iets waaraan ek heelwat later gedink het, is dat hierdie klein Zoeloe seuntjie sal nooit in hierdie lewe weet hoe die Here hom daardie oggend gebruik het nie. So moet ek en jy altyd sorg dat ons lig helder brand, want ons weet nooit wanneer ons Here ons wil gebruik om vir iemand anders lig te wys nie.
Storie:
In my verbeelding sien ek die Zoeloe seuntjie wat omtrent 6 of 7 jaar oud is en hier ry ‘n man wat die naweek by Sun City was en nou op pad terug is na sy huis toe. Sy kop is seer na gisteraand se gedobbel en gekuier en al sy geld het hy die vorige aand verloor en die hele maand lê nog voor. Dan is daar nog hierdie lang pad terug huis toe bestuur op hierdie droë warm dag.
Dan sien hy hierdie klein piekanien wat langs die pad in hierdie warm son loop en sing, en hy moet net eenvoudig stilhou om hierdie seuntjie te vra wat is daar dan om oor te sing op hierdie dag in hierdie genadelose hitte wat alles dood brand.
En dit is dan van hier, waar die storie in ‘n lied gestalte vorm in my kop.
Die woorde in die koor van hierdie lied beteken: “Ek is lief vir God wat woon in die hemel.” Nkosi: Koning / Jou meerdere
Umaluzi: ’n Wagter