Welkom by Sakkie Parsons Eposbediening

Die Here het vir my laat verstaan, “die mense sal jou vrae vra en jy moet hulle antwoord”.

Soms stuur iemand vir my ‘n vraag en dan sê ek vir ons Here, want ek kan dit tog nie vir Hom wegsteek nie. “Here, U weet ek weet nie hoe om hier te antwoord nie maar U het my hierdie bediening gegee en U moet asseblief nou net help.” Dan gaan sit ek en ek neem my Bybel en die bronne wat ek as geloofwaardig beskou en ek skryf.  Dan, soms as ek klaar gelees het wat ek geskryf het, soos destyds met van my liedere, gaan ek heerlik aan die huil as ek sien wat ons Here in ‘n mens se lewe kan doen.

Ek stuur weekliks e-pos aan mense wat dit graag wil ontvang. Indien jy ook graag e-pos van my wil ontvang, sluit asseblief aan by my E-pos Bediening. Jy kan ook al die e-pos wat ek tot dusver aan lesers gestuur het op die E-pos Argief bladsy vind.

Let wel: My eposadres het verander na bediening@sakkieparsons.co.za. Vanaf 1 Maart 2015 gaan sparsons@absamail.co.za nie meer in werking wees nie. Die ou adres kom nog voor in sommige van die dagstukkies en ons sal dit met die tyd korrigeer. Baie dankie vir jou geduld met my in hierdie saak.

Nuus

Wally Hayward 2024

Ek deel graag met jou hierdie foto’s, medalje en sertifikaat, as ‘n getuienis van hoe wonderlik ons Here my seën. Daar was oor verskeie redes ‘n kans dat ek nie hierdie wedloop sou kon doen nie - maar toe werk ons Here dit uit, dat ek die wedloop wel kon doen. Ek sou nie die wedloop kon doen nie, omdat my gereelde gids, Marix,  nie beskikbaar gewees het nie maar sy het bly probeer om vir my ‘n gids te kry om saam met my die wedloop te doen. Toe sluit die inskrywings en ek het nog nie ‘n gids nie. Toe is die entoesiasme vir die wedloop so groot, dat die organiseerders die sluitingsdatum verleng en toe kry Marix wel vir my ‘n gids om saam met my die wedloop te doen en Dennis Frost was toe ‘n wonderlike gids wat my so mooi met so ‘n mooi gesindheid gelei het. Terwyl ek hier skryf kom die...

Nuutste Epos

JY MOET DUS NOOIT SKAAM WEES OM ANDER VAN ONS HERE TE VERTEL NIE. Sakkie Parsons Iemand skryf aan my oor ‘n, om dit so te noem, ‘n vete wat tussen haar en iemand anders bestaan maar die ander persoon is nie ‘n Christen nie en sy glo nie dit gaan werk  as sy die minste is en na die persoon toe gaan nie. So sy glo nie die kool is die sous werd, om met die persoon te gaan praat nie. Hier volg dan hoe ek hierdie soort omstandighede in my eie lewe sou probeer hanteer het: Dit gaan nie hier oor of die kool die sous werd is nie – maar oor ek, wat getuig dat ek ‘n kind van ons Here is, en as...

Getuigskrifte

Hi Sakkie.

Dankie vir al jou boodskappies. Jy bly n inspirasie dat ten spyte van jou sig wat jy verloor het, jou vrou wat jou ontval het, jou geloof duidelik rotsvas is en jou diens is Sy naam bevestig dit.

Groete in Christus. 

Gys Potgieter