Testimonials

Mar 12, 2024

Hi Sakkie.

Dankie vir al jou boodskappies. Jy bly n inspirasie dat ten spyte van jou sig wat jy verloor het, jou vrou wat jou ontval het, jou geloof duidelik rotsvas is en jou diens is Sy naam bevestig dit.

Groete in Christus. 

Gys Potgieter

Jun 23, 2023

Wow…. al so baie gekry wat die vrug as simboliek wil gebruik.
Ek glo presies soos jy deurgee.    My hart en gees verstaan dit presies so.
Baie dankie.   Geseënde dag.
Marie Pretorius.

Die 'Gedagte uit die Woord' waaroor Marie geskryf het is:

God eis rekenskap van elke onverskillige woord

Jun 17, 2023

Naand Sakkie,

Dankie vir jou skrywe, Jou insig en uitleg van jou skrywe vind ek baie inspirerend .

Ek het eers op 70-jarige regtig die Here gevind toe ek besluit om  my te laat doop. Nou eers besef ek hoe dit is om die Here te dien.

Om terug te kom na jou skrywe –  Wat vir my opvallend is, is dat jy alles wat jy skryf, kan terug verwys na die Woord – Baie dankie.

Al is jy blind, God gebruik jou om uit te reik na mense soos ek  God het jou die gawe gegee om Sy Woord te verkondig .

Ons moet nooit God se plan bevraagteken nie.  Ook; Ons moet leer om geduldig te wees as ons vir Hom iets vra en dit gebeur nie dadelik nie, God sal antwoord wanneer Hy reg is, of wanneer Hy besluit ons verdien dit.

Met alle respek – Al is jy blind, kan jy beter sien as baie van ons.

Sterkte en blessings vir jou, God sien alles raak.

Mike Saunders
Alexander Baai

Die 'Gedagte uit die Woord' wat Mike gelees het se naam is:

DIE HEILIGE GEES SAL NIE SY WONING MET ‘N BOSE GEES DEEL IN DIE HART VAN GOD SE KIND NIE

May 16, 2023

Môre Sakkie,

Die laaste paar emails wat ek van jou ontvang het, het my werklik inspireer en ek het 'n baie dankbare hart teenoor jou
vir waardeer jy my gehelp het.
Ek het met soveel vrae gestruikel en het altyd gewonder oor die skatte in die Hemel hoe ons dit dan moet bymekaar maak totdat jy dit vir my so mooi verduidelik het, dat ek dit nou verstaan.
Jy is vir my ‘n mens met soveel wysheid en insig en 'n lig vir baie mense.
Weereens baie dankie, ek vind die ander se vrae ook baie interessant.

Groete,
Adriana Steyn

Die gedagte uit die Woord wat Adri in haar skrywe noem se naam is:

MAAK VIR JULLE SKATTE BYMEKAAR IN DIE HEMEL wat op die Webtuiste onder E-pos bediening beskikbaar is, met die volgende link:  http://www.sakkieparsons.co.za/af/epos/maak-vir-julle-skatte-bymekaar-die-hemel

Dec 21, 2022

Goeiemôre Oom Sakkie

Baie dankie vir u skrywe, en daaropvolgende epos .

Ek voel heelwat beter oor die hele aangeleentheid.

Baie dankie vir u kosbare werk, en vir die kalm manier waarop u mense help om by die waarheid uit te kom.

Ek kan u verseker dat menige van my vriende al antwoorde na aanleiding van u leiding gekry het. Dankie daarvoor.

Mag u n geseënde Sondag geniet.

Vriendelike groete,
Hettie van der Vyver

Die skrywe waaroor Hettie kommentaar  lewer is:

IS KERSFEES HEIDENS?

Sep 16, 2022

Sakkie,

Jy het hierdie skrywe so mooi uiteen gesit!!!

Ons is almal kosbaar vir die Here!!

Dit is ook net die Here wat ons kan help.

As dit nie vir SY GENADE was nie sou nie een van ons vanaand hier gewees het nie!!

Liefdegroete
Lynette

Die gedagte uit die Woord waaroor Lynette hier kommentaar lewer is:

“HELP, EK HAAT MYSELF“
Wat ook op hierdie webtuiste beskikbaar is onder “Eposbediening” of met die volgende link:

http://www.sakkieparsons.co.za/af/epos/help-ek-haat-myself

May 28, 2022

Goeiedag Sakkie.

Baie dankie vir jou gedagtes uit die Woord.
Jy verduidelik alles altyd so mooi.
Dit is vir my soos salf op my wonde.
Ek geniet alles wat kom uit die Woord van ons Here.
As ek dit lees, is dit vir my soos daardie eerste heerlike koppie koffie in die oggend.
Ek kan net eenvoudig nie versadig raak aan Sy Woord nie.

Groete.
Marie.

Mar 6, 2022

Goeiedag Sakkie.

Baie, baie dankie vir jou wonderlike boodskappe wat my altyd bemoedig en stig.

Jy is ‘n ware instrument in die hand van die Here en loof ek die Here vir jou getrouheid, liefde en omgee.

Ek bid ook vir jou en mag die Here vir jou wonderlik voorsien en onderneem vêr bo wat jy kan bid of dink.

Liefde,

Janette Carroll

Jan 8, 2022

Goeiedag Sakkie.

Baie, baie dankie vir jou wonderlike boodskappe wat my altyd bemoedig en stig. Jy is ‘n ware instrument in die hand van die Here en loof ek die Here vir jou getrouheid, liefde en omgee.

Ek bid ook vir jou en mag die Here vir jou wonderlik voorsien en onderneem ver bo wat jy kan bid of dink

Liefde

Janette Carroll

Nov 17, 2021

“Sakkie baie dankie vir jou epos oor 'Valse E-Posse'. Het geweet dis verkeerd maar nie regtig hoekom nie.

Ek vind jou skrifuitleg baie noukeurig en juis. Hou aan met jou goeie werk.

God se rykste seën vir jou en familie.“

Kleinman Peters