

Welkom by Sakkie Parsons Eposbediening
Die Here het vir my laat verstaan, “die mense sal jou vrae vra en jy moet hulle antwoord”.
Soms stuur iemand vir my ‘n vraag en dan sê ek vir ons Here, want ek kan dit tog nie vir Hom wegsteek nie. “Here, U weet ek weet nie hoe om hier te antwoord nie maar U het my hierdie bediening gegee en U moet asseblief nou net help.” Dan gaan sit ek en ek neem my Bybel en die bronne wat ek as geloofwaardig beskou en ek skryf. Dan, soms as ek klaar gelees het wat ek geskryf het, soos destyds met van my liedere, gaan ek heerlik aan die huil as ek sien wat ons Here in ‘n mens se lewe kan doen.
Ek stuur weekliks e-pos aan mense wat dit graag wil ontvang. Indien jy ook graag e-pos van my wil ontvang, sluit asseblief aan by my E-pos Bediening. Jy kan ook al die e-pos wat ek tot dusver aan lesers gestuur het op die E-pos Argief bladsy vind.
Let wel: My eposadres het verander na bediening@sakkieparsons.co.za. Vanaf 1 Maart 2015 gaan sparsons@absamail.co.za nie meer in werking wees nie. Die ou adres kom nog voor in sommige van die dagstukkies en ons sal dit met die tyd korrigeer. Baie dankie vir jou geduld met my in hierdie saak.
Nuus
GETUIENIS OOR DIE 10 KM WALLY HAYWARD OP 1 MEI 2025 Ek deel graag met jou hierdie foto’s en getuienis oor my Wally Hayward 10 kilometer wedloop op 1 Mei 2025, waarmee ek my 78ste verjaarsdag van die vorige dag, naamlik 30 April gevier het. My gereelde baie goeie gids Marix Venter en haar man, wou graag die Wally Hayward 21 kilometer wedloop hierdie jaar doen en ek moes toe ‘n ander gids kry om saam met my die 10 kilometer wedloop te doen. Ons Here reël dit toe so, dat ek die wedloop saam met Kylie van der Merwe kon doen. Haar ma, Lanti, en ek is al vir baie jare vriende en toe Lanti hoor ek het ‘n probleem, noem sy vir my van haar dogter wat ook padwedlope doen en so kom Kylie en ek toe by mekaar uit. Kylie was ‘n wonderlike gids. Meer nog so, as jy onthou, dat ons mekaar vir die eerste...
Nuutste Epos
EIERSEL SKENKING- ‘N BYBELSE PERSPEKTIEF Sakkie Parsons Iemand het aan my die volgende geskryf: “Ek wil net graag jou siening oor iets hê. Ek oorweeg dit om van my eierselle te skenk aan ‘n ouerpaar wat nie kinders kan kry nie. Hulle trek ongeveer 10 eierselle van my om dit in die “ontvanger” oor te plant. Ek en my man het dit bespreek en hy is nie heeltemal ten gunste daarvan nie.” Ek deel graag my siening oor hierdie saak ook met jou. Om mee te begin, is daar so ver ek weet niks direk in die Woord wat ek kan gebruik wat hierdie saak aanspreek nie maar ek het wonderlike genade van die...
Getuigskrifte
Goeiedag Sakkie,
Weereens baie, baie, dankie vir jou skrywes en dat jy jou ‘Gedagtes uit die Woord’ met my deel.
Dit is vir my so mooi waar hierdie persoon dit so mooi uitdruk om vir jou te sê dat jy baseer alles op die Woord van God.
Dit is die reine waarheid.
Ek vertel my dogter eendag –
Ek sê vir haar, ek waardeer jou skrywe so baie. Alles wat jy met my deel, “print” ek en dit kom in ‘n lêer wat ek by die huis hou. Die kinders weet as hul nie iets verstaan nie moet hulle daar binne kyk en lees, dit is my persoonlike verklarende Bybel.
Die Liewe Vader het jou gestuur na my sodat ek alles beter kan verstaan.
Ek wil weereens vandag vir jou baie dankie sê vir jou werke en dit wat jy vir die Here doen asook vir die mense om jou. Jy besef dit dalk nie elke dag nie, maar jy maak verskil in mens se lewe, jy bring weer krag en vertroue en moed deur God wat jou lei.
Geseënde dag, mag die Here jou seën.
Groete
Adri
Die gedagte uit die Woord waar na Adri aan my geskryf het was: