IS JY GEREED VIR JESUS SE WEDERKOMS?
Sakkie Parsons
Ek deel graag die volgende uit ons Here se kosbare Woord wat by my opgekom het hier aan die begin van 2026. Ek deel dit met jou—jy wat werklik bely dat Jesus, wie se koms uit die hemel na die aarde ons die afgelope paar dae gevier het, ook deur hierdie gedeeltes uit die Woord – soos ons Here deur die Woord in hierdie skrywe met ons praat.
Mag dit ten volle in ons lewens gestalte kry en mag ons dit so uitlewe, totdat ons Here ons kom haal.
As jy in 2026 deur satan moedeloos gemaak word, onthou dan die heel eerste boodskap wat na Jesus se koms na die aarde verkondig was en wie ons Here gestuur het om daardie boodskap aan ons te verkondig – en mag dit dan vir jou tot groot vertroosting wees:
LUK 2:13 En skielik was daar saam met die engel ‘n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:
LUK 2:14 Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, (ook vir jou en jou geliefdes) in die mense ‘n welbehae!
Mag jy in 2026 altyd onthou, dat Jesus, jou Verlosser en Saligmaker, gekom het soos wat ons Here dit talle kere honderde jare uitmekaar uit voor Sy koms laat profeteer het:
JHN 1:14 En die Woord (dit is Jesus Christus) het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy (dit is Jesus Christus) heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid. (dit is Jesus Christus)
1JHN 4:14-16
14En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun (dit is Jesus) as Verlosser van die wêreld gestuur het.
15 Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is—God bly in hom, en hy in God.
16 En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God (Jesus Christus deur Sy Heilige Gees) in hom.
Toe vertel Jesus vir ons talle kere, vooruit, dat Hy wreed vermoor gaan word – maar dat Hy ook die dood gaan doodmaak, deur op die derde dag op te staan en uit die graf uit te stap.
Ek deel met jou een voorbeeld:
LUKAS 18:31-33
31 En Hy (dit is Jesus) het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word.
32 Want Hy sal oorgelewer word aan die heidene en bespot en mishandel word, en op Hom sal gespuug word;
33 en nadat hulle Hom gegésel het, sal hulle Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.
Ja! Prys die naam van ons Here!
Nou is die dood, dood vir alle Christene wie werklik vir Jesus aangeneem het as hulle Verlosser en Saligmaker.
1KOR 15:53-55
53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
54En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?
Jesus sê vir jou en my, wie Hom aangeneem het as ons Verlosser en Saligmaker:
JHN 8:51 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand my woord (dit is dit wat ons in die Woord/Bybel lees) bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie.
Luister –
Al die profesieë wat op Jesus betrekking het, het tot datum in vervulling gegaan.
Wat dink jy is die kanse dat hierdie volgende profesie oor Jesus, wat nie deur mense nie maar deur engele, twee van hulle, geprofeteer was, ook in vervulling sal gaan?
HAN 1:10 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,
HAN 1:11 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
Hoe wonderlik!
Engele uit die hemel het Jesus se eerste boodskap van vrede vir jou en my net na Sy aankoms op aarde aan ons verkondig – en engele het ook die eerste boodskap/profesie oor Hom aan ons verkondig, net na Sy opvaar na die hemel.
Ek sluit dan hierdie skrywe aan jou af, met die volgende woorde en vraag van Jesus weer vandag aan jou wat tot hier gelees het:
JHN 11:26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?
Mag 2026, vir jou ‘n wonderlike geseënde jaar wees.
Groete met Jesus liefde,
Sakkie
E-pos: bediening@sakkieparsons.co.za
Webtuiste: www.sakkieparsons.co.za
Sel: 083 457 6669